DIE 185-KOMMISSIE
DR PIETER MULDER (Leier Vryheidsfront)
Bestaan Suid-Afrika alleen uit die som totaal van ‘n groot aantal individue? Nee, Suid-Afrika bestaan ook uit ‘n rykdom van taal, kultuur en godsdiensgemeenskappe. Die grondwet van 1996 beskryf volledig die regte van individue. Die ander deel van Suid-Afrika se werklikheid, naamlik gemeenskappe, word nie werklik in die grondwet beskryf of spesifieke regte aan toegeken nie. Uit ervaring in ander konflikdele van die wêreld weet ons dat dit juis hierdie gemeenskappe is wat bemagtig moet word met regte, sodat hulle kan dien as die basiese boustene vir ‘n stabiele staatkundige bestel in Suid-Afrika.
Teen hierdie agtergrond is 19 April 1996 belangrik. Die boek “The making of the Constitution” verwys na twee historiese deurbrake wat na moeilike onderhandelinge aan die einde van die Suid-Afrikaanse grondwetlike proses, bereik is (p50). Die tweede deurbraak verwys na die gebeure op 19 April 1996. Die boek beskryf hoe ‘n klein sub-komitee, om 2h20 in die more, uit hulle komitee-kamer gekom het na ure se onderhandeling. Hoe die gesigte van al die deelnemers die erns en belangrikheid van ‘n enorme deurbraak weerspieel het. Die skrywer beskryf hoe daar hoendervleis en trane by ander lede was toe dr Corne Mulder van die Vryheidsfront die ooreenkoms en voorstel in die groter vergadering aangekondig het. Hy het verduidelik dat daar ‘n politieke ooreenkoms was om in die grondwet in te sluit ‘n Kommissie vir die bevordering en beskerming van die REGTE van Kultuur-, Godsdiens en Taalgemeenskappe. Hiermee kon ook die ander deel van Suid-Afrika se werklikheid, naamlik gemeenskappe en hulle regte aangespreek word. ” Mnr Cyril Ramaphosa, wat as voorsitter tydens die onderhandelinge opgetree het, het die volgende daaroor te sê gehad: “When we struck agreement, everyone was overcome with emotion.”
Dit was ses jaar gelede. Nou ses jaar later gaan hierdie kommissie met die lang naam teen 24 September 2002 in werking tree. Die vraag kan vandag met reg gevra word – waar staan ons nou? Wat het van hierdie politieke ineenstemming van daardie herfsnag van 19 April om 02h20 geword ? Die feit dat hierdie kommissie as die laaste van die Hoofstuk 9 instellings van die Grondwet ingestel is dra reeds ‘n boodskap.
Die afgelope ses jaar was ‘n tydperk van vertragings en teleurstellings wat gekenmerk is deur ‘n gebrek aan politieke wil vanaf die ANC regering om daadwerklik die instrument te skep waaroor ooreengekom is. So was daar verskeie pogings van die ANC kant om die kommissie te ontman deur die naam te verander — hulle wou die woord regte uithaal. Die Vryheidsfront het telkens ons daarteen verset en dit so voorkom. Die naam is destyds deur ons sorgvuldig gekies met ‘n doel. Daarom is die naam vandag nog in die grondwet – Die kommissie vir die bevordering en beskerming van die REGTE van Kultuur-, Godsdiens en Taalgemeenskappe. Dit gaan hier oor REGTE. Naas die individue bestaan Suid-Afrika uit taal-, kultuur- en godsdiensgemeenskappe. Dit is juis hierdie gemeenskappe wat bemagtig moet word met regte. Dit is die moderne tendens wat tans wêreldwyd gebeur deurdat grondwette aangevul en gebalanseer word met bepalings oor minderheids- en groepsregte. Toe die finale toets kom, skram die regering weg van hierdie werklikheid. Die geskiedenis sal aantoon hoe ‘n belangrike verspeelde geleentheid dit was. Ons gaan later deur Suid-Afrika se werklikhede geforseer word om dit onder baie moeiliker omstandighede te moet regmaak.
Minister Mufamadi het in sy toespraak in die Parlement tydens die debat oor hierdie belangrike wet die klem op alles behalwe die regte van gemeenskappe geplaas. Verskeie aspekte van die wet, soos die feit dat gemeenskappe geen seggenskap sal hê oor wie hulle op die kommissie verteenwoordig nie; asook die totale afwesigheid van enige bevoegdhede vir gemeenskapsrade, water die gedagte van gemeenskapsbemagtiging so af, dat die VF teen hierdie wet gestem het. Hoe jammer. ‘n Geleentheid is deur die vingers laat glip. Deur die wet te steun sou op oneerlike wyse ‘n boodskap aan die regering gestuur het dat die saak van gemeenskappe en hulle regte nou voldoende aangespreek is. Die destydse Verteenwoordigende Kleurling adviesraad van mev Althea Jansen, wat deur die NP-regering vir die bruin gemeenskap ingestel was, het meer magte gehad as wat die nuwe wet moontlik maak. Daardie gemeenskap het dit destyds verwerp. Wat maak ons nou?
Om te boikot gaan ons niks help nie. Kom ons benut dit as ‘n eerste stap terwyl ons die geveg om gemeenskapsbemagtiging voortsit. Dit beteken dat ons moet deelneem aan die werksaamhede van die Kommissie en die instelling van Gemeenskapsrade. Dit beteken dat alle Afrikaners, sowel as die breer Afrikaansprekende-gemeenskap en ander gemeenskappe, nou na vore sal moet kom, om hierdie meganismes, hoe gebrekkig hulle ook tans mag wees, te gebruik en te benut.
Die VF wil ‘n beroep op die Groep van 63 doen om saam met die FAK en die Oorlegplatform die inisiatief te neem om ‘n byeenkoms van alle belangstellendes te reel. Laat ons hieroor konsensus kry. Al is hierdie hoegenaamd nie die laaste woord oor die bemagtiging van Afrikaners of die Afrikaanssprekende-gemeenskap nie, het die tyd nou aangebreek om in ons gemeenskap oor hierdie saak, oor politieke grense heen, saam te werk.
————————————————————
Die proses om beperkte erkenning aan Suid-Afrika se diverse taal, kultuur en godsdiens samestelling te gee is in die afgelope weke ‘n stap verder geneem met die aanvaarding van die Wet op die beskerming en die uitbouing van die regte van taal-, kulturele- en godsdiensgemeenskappe in die Parlement. In die boek “The making of the Constitution – The story of South Africa’s Constitutional Assembly, May 1994 tot December 1996” word op bladsy 50 verwys na twee historiese deurbrake wat na moeilike onderhandelinge aan die einde van die proses bereik is. Die tweede deurbraak verwys na die gebeure op 19 April 1996 en word soos volg omskryf: “ Another followed at 2.20am when the negotiaters from the Freedom Front, National Party and African National Congress emerged somber, serious and solemn from a three-way session on cultural councils, and crossed the lobby towards the Old Assembly Chambers. There were those who looked at the sober faces and feared the worst. But what they read in the set of the mouths, the averted eyes, was not grim dissension, it was the enormity of agreement. An enormity that produced tears, shirvers and goosebumps when Dr. Corne Mulder (FF) announced that there was political agreement on the inclusion in the constitution of a Commission for the Promotion and Protection of Cultural Rights.” Cyril Ramaphosa wat as voorsitter tydens die onderhandelinge opgetree het, het die volgende te sê gehad: “When we struck agreement, everyone was overcome with emotion. When I took a close look, I could see traces of tears in their eyes.” Dit was ses jaar gelede. Nou ses jaar later bestaan die verwagting dat hierdie kommissie met die lang naam teen 24 September 2002 in werking sal tree. Die vraag kan vandag met reg gevra word – waar staan ons nou ? Wat het van hierdie politieke ineenstemming van daardie herfsnag van 19 April om 02h20 geword ? Dit is nie toevallig dat hierdie kommissie die laaste van die Hoofstuk 9 instellings van die Grondwet is wat ingestel gaan word nie.
om die gesigte van die onderhandeaars gelyk het na ‘n lang sessie en word soos volg beskryf: “ Om 2.20vmam when the negotiaters from the Freedom Front, National Party and African National Congress emerged somber, serious and solemn from a three-way session on cultural councils, and crossed the lobby towards the Old Assembly Chambers. There were those who looked at the sober faces and feared the worst. But what they read in the set of the mouths, the averted eyes, was not grim dissension, it was the enormity of agreement. An enormity that produced tears, shirvers and goosebumps when Dr. Corne Mulder (FF) announced that there was political agreement on the inclusion in the constitution of a Commission for the Promotion and Protection of Cultural Rights
Een van die toetsstene van moderne demokrasieë in multikulturele samelewings soos Suid-Afrika is die wyse waarop nie net die regte van individue nie, maar ook van gemeenskappe geakkommodeer word.
Die grondwet het ‘n uitgebreide handves vir individuele regte. Op aandrang uit veral Afrikaner-geledere vir die akkommodering van ook die regte van groepe, maak art. 185 van die grondwet nietemin voorsiening vir ‘n kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe.
Wetgewing is pas deur die parlement aanvaar om aan hierdie kommissie beslag te gee, die laaste van die “waghondinstellings” wat die grondwet vereis, soortgelyk aan die menseregtekommissie en die kommissie vir geslagsgelykheid.
Van die belangrikste bepalings in die wet is, in ‘n neutedop, dat ‘n onafhanklike en onpartydige kommissie van elf tot sewentien lede, breedweg verteenwoordigend van die belangrikste gemeenskappe in die land, deur die president aangestel word op aanbeveling van ‘n verteenwoordigende keuringspaneel deur die minister aangewys.
Die doelstellings van die kommissie behels die bevordering en beskerming van die regte van die onderskeie gemeenskappe, en daardeur die bevordering van vrede, harmonie en eenheid in die land in die geheel. Die kommissie moet onder meer inligting, voorligting en raad gee. Hy is verantwoordelik vir navorsing, monitering, konflikresolusie, verslaghouding, ondersoek en strategiese beplanning van sake wat die regte van gemeenskappe raak, en om wetgewing daaroor te inisieer.
Van besondere belang is dat die wet voorsiening maak vir gemeenskapsrade wat na die kollektiewe belange van die onderskeie gemeenskappe kan omsien en by die kommissie om amptelike erkenning en staatsfinansiering aansoek kan doen.
Daar is gemengde gevoelens in Afrikaner-geledere oor die wet en op die internet en in die media is daar ‘n lewendige debat daaroor.
Van die besware is dat die kommissie deur die president en nie die onderskeie gemeenskappe nie aangestel word; dat ondersteunende wetgewing wat die gemeenskapsregte wetlik omskryf, nie bestaan nie en dat die gemeenskapsrade se bevoegdhede uiters beperk is.
Kortom: dat hierdie wetgewing nie die behoefte aan selfseggenskap deur gemeenskappe oor hul eie sake bevredigend hanteer nie.
Die saak het ‘n ander kant.
Indien die kommissie deur die onderskeie gemeenskappe saamgestel moet word, hoe bepaal en definieer jy elke gemeenskap? Wat van gemeenskappe wat nie georden is om so ‘n spreekbuis legitiem aan te wys nie? Hoe gemaak met veertien etniese groepe, ‘n skare religieuse groepe, ‘n hele aantal kleiner minderheidsgroepe?
Dat ondersteunende wetgewing nie bestaan nie, is inderdaad ‘n groot leemte, soos ook in die geval van Pansat waar taalwetgewing om sy werk te ondersteun, nie bestaan nie.
Daar was sinryke pleidooie in voorleggings dat die wet bepalings moet vervat wat ‘n groepregtelike vertolking aan sekere artikels van die grondwet gee. Die meerderheidstandpunt in die komiteestadium van die wet was egter dat dit juis die taak van die kommissie moet wees om wetgewing te inisieer wat die regte van gemeenskappe omskryf.
Dié funksie is inderdaad in die wet aan die kommissie opgedra. Dit kan selfs lei tot ‘n akte vir groepsregte in die grondwet.
Die oorspronklike konsepwet is in die komiteestadium beduidend verbeter. Die hele proses is gekenmerk deur baie groter openheid as in ander komitees, waar die eindproduk dikwels ‘n “kyk weer” is van wat die meerderheidsparty reeds vooraf besluit het.
Dit geld ook die gemeenskapsrade, wat nou op inisiatief van ‘n betrokke gemeenskap tot stand gebring kan word.
Hul primêre funksie sal die beskerming van die regte van hul gemeenskappe wees. Dis in teenstelling met die oorspronklike konsep, wat slegs vrede en harmonie tussen gemeenskappe as bestaansgrond erken het.
Tog is dit geldige kritiek dat die wet nie voorsiening maak vir die afwenteling van staatsfunksies na bevoegde gemeenskapsrade om funksies eie aan die gemeenskap te vervul nie.
Die verweer dat staatsfunksies nie na ‘n burgerlike raad oorgedra kan word nie, berus juis op die misvatting van die “verstaatliking” van die samelewing.
Gaan hierdie wet daartoe lei dat die pluraliteit van die Suid-Afrikaanse samelewing uiteindelik sinryk verdiskonteer word deur die bemagtiging van gemeenskappe?
Die antwoord hang grootliks af van twee gesindhede: die politieke wil van die owerheid om nie die kommissie as ‘n politieke fopspeen aan te wend nie, en die onderskeie gemeenskappe se bereidheid om hul eie uit te bou en te koester, op so ‘n wyse dat vrede, harmonie en respek vir ander in Suid-Afrika gedien word.
Hierdie wetgewing bied ‘n uitdaging, in die besonder ook aan rolspelers en organisasies in die Afrikaner-gemeenskap, om eie klein en persoonlike agendas opsy te skuif, die eie sake in orde te kry en kragte saam te snoer om ‘n oorkoepelende gemeenskapsraad in te stel om dit wat vir ons kosbaar is, daadkragtig, maar met waardigheid te koester.
Dis belangrik om nie die speelgoed uit die kot uit te gooi omdat die wet nie aan alle verwagtinge voldoen nie, maar om dit wat die wet bied, aan te wend om te bewys dat vrede en harmonie in Suid-Afrika inderdaad bereik kan word as die eiendomlike van elke gemeenskap beskerm word. Op hierdie pad moet die wet en sy instellings beskou word as die wegspringblokke en nie as die eindpaal nie