Dr. Pieter Mulder, VF Plus

April 2012

1. Inleiding.

“Solank as wat mense Afrikaans praat, sal die taal nie tot niet gaan nie.” Hierdie is ’n gewilde stelling wat gereeld in die media deur oningeligte en naïewe persone gemaak word.

Afrikaans het die trotse prestasie dat dit in ’n baie kort tyd tot ’n volwaardige akademiese en owerheidstaal ontwikkel het as die jongste van die Germaanse taalfamilie. Uit die oorspronklike Germaans het 22 ander Germaanse tale die lig gesien.  Maar — van die 22 Germaanse tale het 10 reeds verdwyn en Jiddisj is besig om vinnig uit te sterf. Tale kan en gaan dus tot niet.

Hoekom het hierdie tale tot niet gegaan?

As daar nie meer boeke en koerante in die taal verskyn nie, en ‘n taal nie meer in die hof, in die parlement, in die skool, in die universiteite en in die ekonomie gepraat word nie, verloor dit status en is daar min aansporing vir ouers om hul kinders daarin groot te maak. “My kind moet nie soos ek sukkel om in ’n swak tweede taal met die regeringsdepartemente te kommunikeer nie. My kind moet nie soos ek sukkel om werk te kry omdat hy nie die amptelike tale goed ken nie.” Hierdie is van die ouers se redes om hulle kinders in ’n ander taal as hulle moedertaal groot te maak.

’n Taal begin dus tot niet gaan as hy sy amptelike of hoë taalfunksies verloor.

2. Die probleem:

Die taalsosioloë onderskei breedweg vyf verskillende vlakke van taalgebruik:

1. ‘n Taal moet by die huis gepraat word waar ouers dit aan hulle kinders as die volgende geslag oordra;

2) ‘n Taal moet ‘n literêre funksie hê deurdat dit in koerante, tydskrifte, boeke en in die media gebruik word;

3) ‘n Taal moet wetenskaplike en akademiese funksies hê en moet op skool, kollege en universiteit as onderrigmedium gebruik kan word;

4) ’n Taal moet ekonomiese nut hê deurdat dit jou byvoorbeeld help om sake te doen of werk te kry;

5) ‘n Taal moet ‘n owerheidstaal wees wat deur die regering erken en gebruik word.

Wat (1) en (2) betref gaan dit nog goed met Afrikaans terwyl (3) ernstig bedreig word en (4) en (5) sedert 1994 baie agteruit gegaan het.

Is die grondwet nie veronderstel om alle tale in Suid-Afrika gelyke erkenning te gee nie?

Ja en nee. By 1994 se grondwetlike onderhandelinge het mnr. Moorcroft van die Demokratiese Party voorgestel dat Engels die amptelike voertaal of lingua franca van Suid-Afrika moet word (vgl. Die Burger 2 Augustus 1995). Danksy die VF Plus en ander se weerstand in die grondwetkomitee waar dit voorgestel was, en waarvan ek lid was, is hierdie voorstel gestuit. Gelyke erkenning is aan al elf tale gegee.

As vandag na Suid-Afrika gekyk word, lyk dit egter of die Demokratiese party se voorstel wel geseëvier het. Engels het die afgelope agtien jaar geleidelik die amptelike owerheidsvoertaal in Suid-Afrika geword. Afrikaans verloor deurlopend owerheidsfunksies en die ander nege “amptelike” tale moet met enkele flou simboliese gebare vanaf die regering te vrede wees.

Hoe het dit gebeur? Dit het gebeur omdat die ANC nog nooit ernstig oor veeltaligheid was nie. Die taalartikels is in die 1996 grondwet afgewater en nie met taalwetgewing opgevolg wat veeltaligheid sou afdwing nie.

Skryf nie net oor Afrikaans se probleme nie maar ook oor wat die VF Plus se oplossings is, het Maroela Media aan my gevra.

3. Oplossings:

Ons moet leer uit die ervaring van ander. Die belangrikste les van ander suksesvolle taalbewegings in die wêreld is dat jy nie kan slaag as die stryd nie aan alle fronte gevoer word nie. Dit behels die politieke, die ekonomiese en kulturele “fronte” sodat Afrikaans op al vyf vlakke wat hierbo genoem is, bevorder en beveilig moet word.

Die VF plus as politieke party in die parlement kan ’n belangrike politieke en kulturele rol op veral die laaste paar vlakke speel. Reeds by die grondwetlike onderhandelinge het ons veeltaligheid voorgestel teenoor die “Engels-alleen-voorstel”.

3.1 Veeltaligheid prakties toegepas.

Dit is moeilik om in die praktyk al elf tale op nasionale en provinsiale vlak amptelike owerheidstale te maak. Ons voorstel was dat vier tale op nasionale vlak en vier in elke provinsie afgedwing word deur wetgewing. So sou alle tale tot hulle reg kom. Met Afrikaans, Engels, ’n Nguni taal en ’n Sotho taal op nasionale vlak, bereik jy 98% van alle Suid-Afrikaners. Dit is so omdat Nguni taalsprekers (bv. isiZulu, isiXhosa) en so ook die Sotho taalsprekers (bv. Setswana, Sesotho) mekaar verstaan. Tale soos Venda en Xitsonga is dan wel uitgesluit. Omdat hulle sprekers grootliks in sekere provinsies gekonsentreerd is, bereik jy hulle deur die provinsies se vier keuses van tale.

Die ANC se huidige voorstel van drie amptelike tale op provinsiale vlak, beweeg in die regte rigting. Ons het die voorstel egter in die parlementêre portefeuljekomitee gekeer met prosedure- en grondwetdreigemente omdat die ANC die kwalifikasie bygevoeg het dat twee van hierdie tale inheems en nie voorheen benadeel mag wees nie. Daarmee knikker hulle effektief Afrikaans permanent uit. Die VF plus propageer steeds ons vier tale voorstel.

3.2 Taalraad

Tydens die 1994-grondwetonderhandelinge het die VF Plus sterk geargumenteer vir taal, kultuur en selfbeskikking. Dit het uitgeloop op artikels 6, 31, 185 en 235 in die grondwet. Artikel 185 skep taalrade wat spesifiek na die belange van elke taal moet omsien. Die VF Plus was dan ook van die begin af regstreeks betrokke by die proses om ’n Afrikaanse Taalraad te skep. Hierdie Taalraad, saam met Cerneels Lourens se suksesvolle aksies, het ’n baie belangrike rol gespeel om van buite druk op die Parlementêre proses rondom die talewet te plaas. Dit maak dit binne die parlement makliker vir die VF Plus om sukses te behaal. Dit bly jammer dat die ander tale nog nie taalrade gestig het nie.

3.3 Parlement:

Toe die parlement na die 1994 verkiesing bymekaar gekom het, was daar geen vertaaldiens vir al elf tale beskikbaar nie. Die VF Plus het deurlopend spesiale debatte hieroor aangevra (Vgl. My toespraak Hansard 12 Maart 1998.). Na baie VF Plus druk en stoei agter die skerms is daar eers onlangs ’n vertaaldiens ingestel. Vandag kan ’n parlementslid in enige van die elf tale praat terwyl dit vertaal word. ’n Oorwinning vir veeltaligheid. Die VF Plus kan daarmee spog dat ons die enigste politieke party is wat ’n amptelike toekenning van PANSAT gekry het juis vir die bevordering van veeltaligheid in Suid-Afrika.

4. Persepsies.

Bogenoemde gevegte wat op politieke vlak geveg word, is deel van die oplossing. ’n Ander belangrike deel is dat die talle verkeerde persepsies oor Afrikaans en oor veeltaligheid in Suid-Afrika afgebreek moet word. Die VF Plus is aktief, saam met ander buite parlementere organisasies, hiermee besig. ’n Paar voorbeelde:

4.1 Moedertaalonderrig

Alle navorsing bevestig hoe belangrik moedertaalonderrig vir kinders is. Hierdie is nie ’n politieke argument nie maar ’n eenvoudige onderwysbeginsel. Na lang gesprekke stem sommige ANC ministers uiteindelik nou ook hiermee saam. Hulle skuil egter agter die feit dat die meeste ouers van Afrikataal-kinders Engels as onderrigtaal vir hulle kinders verkies. Verdere oorredingswerk moet nog  hier gedoen word.

4.2 Afrikatale kan nooit tot op Universiteitsvlak ontwikkel nie.

In die begin van die vorige eeu was dit die hoofargument teen Afrikaans en ten gunste van Engels en Nederlands as onderwys- en universiteitstaal. Binne ’n paar dekades is Afrikaans ontwikkel tot op die vlak waar ek trots my doktorsgraad in Afrikaans kon kry. Daar is meer as 450 vakwoordeboeke en terminologielyste asook ’n gerekaniseerde taaldatabank en speltoetsers in Afrikaans. Sewe universiteite en talle ander tersiêre instellings het Afrikaans as onderrigtaal gebruik. As die wil daar is, kan enige taal tot op hierdie vlak ontwikkel word – ook isiZulu en Sesotho. Hebreeus was vir 2000 jaar ’n dooie historiese taal. Omdat die wil daar was, is Hebreeus in die twintigste eeu tot ’n moderne taal vernuwe waarin vandag rekenaars en waarskynlik atoombomme gebou word!

4.3 Afrikaans is nie ’n inheemse taal nie.

Afrikaans se wortels is Westers maar met sterk invloede van Asië (Maleisië) en Afrika. Dit is die derde grootste taal na isiZulu en isiXhosa in Suid-Afrika. Behalwe dat Afrikaans na die Afrika kontinent vernoem is, word dit nêrens anders in die wêreld gepraat nie. Hoe kan dit dan nie ’n inheemse taal wees nie?

4.4 Afrikaans moet as taal van die onderdrukker gestraf word.

Engels was die taal waarin die wreedste slawehandel en koloniale uitbuiting in Afrika plaasgevind het. Die Nazi-geskiedenis was in Duits gepleeg. Tog word Engels en Duits as tale nie vir hierdie verlede gestraf nie. Waarom dan Afrikaans? Die feit dat die meerderheid Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika nie wit is nie, behoort hierdie persepsie nog verder te weerlê. Bemagtiging vir die meeste van hierdie Afrikaanssprekendes moet juis deur Afrikaans plaasvind.

4.5 Die huidige taalstryd is anti-Engels.

Die huidige taalstryd is pro-veeltaligheid en pro Afrikaans en nie anti-Engels nie. Engels is ’n universele taal wat ons toegang gee tot die wêreld, tot rekenaars, ens. Die VF Plus het voorgestel dat Engels daarom ’n verpligte vak op skool en op Universiteit behoort te wees. Daar is egter ’n groot verskil tussen Engels as enigste amptelike taal van die regering, skole en universiteite teenoor die aanleer van Engels as ’n tweede of derde taal. Afrikaanssprekende studente werk suksesvol in die buiteland in Engels juis omdat hulle moedertaalfondament stewig in Afrikaans gelê is.

4.6 Solank die Afrikaanse letterkunde en Kunstefeeste daar is, is niks meer nodig nie.

Oksitaans is ‘n taal wat baie gewild was en deur meer as 14 miljoen mense in die Suide van Frankryk gepraat is. Frédéric Mistral, wat in Oksitaans geskryf het, het in 1904 nog die Nobelprys vir Letterkunde gewen. Nadat die Franse regering besluit het om Frans die enigste amptelike taal te maak, het Oksitaans vinnig agteruit gegaan. Vandag is daar slegs ’n klein groepie (minder as 700 000) ouer mense wat nog die taal praat. Skots Gaelies en Wallies het dieselfde ervaar nadat hulle amptelike erkenning verloor het. Die taalsosioloë se vlakke een en twee is nie genoeg nie, drie, vier en vyf is ook nodig.

5. Slot.

Tans kry Afrikaans min hulp van die ander Suid-Afrikaanse taalsprekers in ons geveg om langtermyn oorlewing. Tog is dit in die belang van al Suid-Afrika se tale dat Afrikaans die stryd voortsit. Die bekende Afrikaanse skrywer Chris Barnard het gesê: “As Engels die oorhand (in Suid-Afrika) kry, is dit meer as net Afrikaans wat in die slag gaan bly. Tien inheemse tale gaan verdwyn. Die enigste uitheemse taal (Engels) gaan bly en al elf dele van die koek kry, miskien ‘n hoflike windjie breek en verder stap Afrika in.”

9999

—– Original Message —–

From: Maroela Suné van Heerden

To: [email protected]

Cc: Groot Debat

Sent: Monday, March 26, 2012 5:44 AM

Subject: Gesprekreeks: Afrikaans – probleme en oplossings

Beste dr. Pieter Mulder

As verteenwoordiger van ʼn Afrikaanse belange-organisasie – in ʼn tyd van wydverspreide kommer oor Afrikaans – sal ons graag van jou wil hoor oor die Vryheidsfront Plus se plan vir Afrikaans. Daar is miskien twee bepalende vrae wanneer ons die meen dat ons iets vir Afrikaans moet doen: wat is die probleem; en hoe gaan ons dit oplos?

As ʼn mens, argumentsonthalwe, die probleem verkeerd sou definieer, verlaag dit die waarskynlikheid van ʼn geslaagde oplossing – al werk ons hóé hard daaraan. En as ʼn mens dan wél die probleem reg omskryf, bly daar nog altyd die uitdaging oor om die regte medisyne te ontwikkel. Ons praat dus hier van ʼn ingewikkelde uitdaging by ʼn gewigtige saak. Terselfdertyd weet ons dat verskeie organisasies al lank met hierdie twee vrae handel, en dat hulle strategieë in antwoord daarop volg.

Daarom nooi Maroela Media se Die Groot Debat verteenwoordigers van ʼn verskeidenheid aktiewe Afrikaanse belange-organisasies om hierdie twee vrae aan te raak. Die gespreksreeks heet Probleme en Oplossings vir Afrikaans. Ons hoop by Maroela Media is om die vrugbare gedagtes toeganklik te maak vir ʼn breë leserspubliek.

As ons teen Vrydag 30 Maart ʼn bydrae van so tussen 600 en 1200 woorde kan ontvang oor ʼn perspektief op Probleme en Oplossings vir Afrikaans, sal ons dit graag as deel van die reeks op Die Groot Debat plaas.

Vriendelike groete.

Piet le Roux

Redakteur: Die Groot Debat

Maroela Media – ʼn Inisiatief van die Solidariteit-beweging

* 11760, Centurion 0046

H/v / Cor DF Malan & Eendracht

Kloofsig, Lyttelton 0157

( (012) 644-4442

[email protected]

toe die Franse

regering dit nie erken het as amptelike taal nie, en Frans enigste

amptelike taal gemaak het, het dit baie agteruit gegaan

het.  – vandag is daar slegs 3-4 miljoen oor wat die taal

praat en dit is meesal ouer mense. Oksitaans nader aan Katalaans as

aan Frans. Taal nou weer in taalstryd om amptelike erkenning.

Skots Gaelies 1931 – 136 000; 1951 – 95 000; 1960 – 80 000. W.B.

Lockwood skryf: “Welsch has not obtained proper and full official

status. No language can maintain itself in the modern world without

such recognition.”

Oksitaans is ‘n taal wat baie gewild was en deur ‘n groot hoeveelheid

mense in die Suide van Frankryk gepraat is. Daar is selfs ‘n

Nobelprys in Letterkunde in die 1930’s toegeken aan ‘n Pous vir

stukke in Oksitaans. Toe die taal geforsseer word om sy hoe”

taalfunksies te verloor en dit deur Frans vervang is, is die taal

binne enkele geslagte tot niet. Net die ouer mense kan dit vandag nog

praat.

s se Engels is beter Ons geveg teen Engels is nie ’n geveg teen ANC of ’n geveg om Wit te bly nie. Ons het hierdie geveg al in 1820 teen Lord Charles Somerset se verengelsingsbeleid geveg en weer in 1903 teen Alfred Milner se beleid. Toe alle staatskole deur hom verengels is, het ons CNO skole onder bome gestig en daar skool gehou.

  Tog wil meeste Suid-Afrikaners . .Hoe kan Afrikaans nie

Oplossings;

Ons 1994 voorstel teenoor Dp.

Veeltaligheid, chris barnard

Veg op alle vlakke.

Owerheidsgeveg, ons bydrae, 185, taalraad, portefeuljekomitee, Erkenning in parl, taalwet voorstelle

Pansat

Ook akademie, Moedertaalonderrig, argumente, Ikeys argument, erkenning, meer subisidie, ook ons bydrae.

Persepsies verander:

Nommer paar persepsies>

Afrika persepsies, frankofoon, ens.

inheems meerderheid nie wit,

 onderdruk taal.

Swart aal kan nie moderniseer, Hebreeus en Afr.

Klein taaltjie, derde grootse en buiteland

is nie.

Eng universele taal, duits en chinees, maar Eng NB en nie teen.

Niks meer nodig as kunstefeeste en…Gaan baie goed met boeke, musiek, kunstefeeste, dan Oksitaans

Slot. Nie turksvy, maar bemagtiging. Prof Neville Alexander, onder-voorsitter van Pansat het onlangs gewaarsku: Mense en die regering verstaan nie hoe gevaarlik taal kan word as dit verkeerd hanteer word nie. Die Regering behoort taalkwessies ‘n prioriteitsaak te maak”.

Maar u moet nie Afrikaner-vriendelikheid verwar met swakheid nie. U moet nie Afrikaner bereidheid om saam te werk verwar met afstand doen van beginsels en ideale nie.



Volgens die Instituut vir Bedreigde Tale in Brittanje
(http://www.ogmios.org) word daar tans tussen vyf- en seweduisend tale in
die wereld gepraat, waarvan sowat 2 500 op die punt staan om te sterf. Daar
word geskat dat tot 90% binne ‘n verdere eeu dood sal wees, veral weens
globalisering.

5. Christa van Louw mag bang wees vir taalgevegte en mag sterk voel oor bevordering van veeltaligheid. Feit is dat VF+ enigste politieke party is wat ’n toekenning van PANSAT gekry het vir die bevordering van veeltaligheid.

13. Ons taalvoorstel 1996 was vier tale op nasionale vlak en dat al die ander soos Venda tot hulle reg kom in provinsies. Taalkaart bevestig dit. Oos-Kaap 85% Xhosa; KwaZulu natal 85% Zulu ens. Noord-Kaap 70% Afrikaans. Met Engels, Afrikaans, ’n Nguni-taal en ‘ Sotho taal, kan 98% van alle Suid-Afrikaners dit verstaan. Navorsing wys dat tot 45% mense in SA nie ’n toespraak in die parlement of debat op TV in Engels kan volg nie. Engels nie so ’n Linga Franca as wat aanvaaar word deur elite en exiles. In vrystaat, Noordwes, Noordkaap is Afrikaans eerder die tweede taal. Vertaaldienste en veeltaligheid is die antwoord.

Chinese taal (Mandarin) word deur meeste mense in wêreld gepraat. Chinese en Duitse kinders leer tot op Universiteit deur hulle moedertaal. Chinese kan nie werklik Engels praat nie, maar sit ’n ruimteskip in die ruimte. Waarom geld dieselfde nie vir Afrikaanse en ander nie-engelse kinders in SA.

8. Engels is universele taal en gee jou toegang tot die wêreld, rekenaars, ens. Dit is waar en ons het al voorgestel dat Engels ’n verpligte vak op skool en op Universiteit behoort te wees. Daar is egter ’n groot verskil tussen onderrig in Engels en die leer van Engels as taal. Ons geveg teen Engels is nie ’n geveg teen ANC of ’n geveg om Wit te bly nie. Ons het hierdie geveg al in 1820 teen Lord Charles Somerset se verengelsingsbeleid geveg en weer in 1903 teen Alfred Milner se beleid. Toe alle staatskole deur hom verengels is, het ons CNO skole onder bome gestig en daar skool gehou.

n      :UNIVERSITEIT KAAPSTAD

n besk :Op hulle webblad as vereiste gestel

ndatum :    /  /    Kategorie :FEIT   Plek :RB     Taal :A  A E X

utelwoorde:

haling:───────────────────────────────────────────────────────────────

 2386

 “Alle nuwe studente aansoekers, vir voorgraadse- of nagraadse studie

 aan hierdie universiteit, moet ‘n sekere vlak van vaardigheid in

 Engels bereik het en moet bewyse hiervan kan indien voor toelating”?

 Op hulle webblad.

2211

Wragtig tagtig, magtig pragtig, woorde ondermekaar

tagtigste verjaarsdag. of:

Jy is wragtig tagtig, magtig maar dit is pragtig.

n      :STEYN JC (JAAP) PROF

n besk :Steyn J.C. Tuiste in eie taal, p.90. 1980 Tafelberg Kaapstad

ndatum :    /  /    Kategorie :AANH   Plek :RB     Taal :A  A E X

utelwoorde:

haling:───────────────────────────────────────────────────────────────

 2210

 Die geskiedenis leer dat ‘n taalbeweging nie kan slaag sonder ‘n

 stryd aan die politieke, ekonomiese en kulturele “front” nie. Die

 ekonomiese stryd is nodig om die bevolking op te hef en te verhoed

 dat hulle om ekonomiese redes ‘n voordeliger taal aanneem. Die

 politieke stryd is nodig vir die verkryging van amptelike

 gelykberegtigheid en die kulturele vir die verwerwing van ‘n

 kulturele aantrekkingskrag. Prof Jaap Steyn, p.90 Tuiste in eie taal.

Die oorspronklike Germaans het 22 ander Germaanse tale die lig laat

sien. Daarvan het 10 reeds verdwyn en Jiddisj is besig om uit te

sterf. Afrikaans is die jongste, die blomme aan die takke, terwyl

Nederlands ou stokke is. Nederlands moet hom by ons aansluit, want

ons is die blommetjies in die Germaanse boom! (Nie ons by Nederlands

soos Lauwers voorstel.)

Vyf Suid-Afrikaanse universiteite het Afrikaans as voertaal, 3

gebruik Afrikaans en Engels.  Afrikaans word ook as vak in

universiteite oor die wêreld aangebied – VSA, Afrika & Rusland.  Dit

gee ook toegang tot universiteite in Nederland en België.

Daar is 457 vakwoordeboeke en terminologielyste, gerekaniseerde

taaldatabank. Jy kan dus wetenskaplik en tegnies goed in Afrikaans

kommunikeer.

Dit is gevaarlik om reg te wees as die regering verkeerd is-Voltaire

n      :STEYN JC (JAAP) PROF

n besk :Rubriek in Beeld 31 Aug 2004 p12.Steyn skrywer oor taalstryd

ndatum :    /  /    Kategorie :AANH   Plek :RB     Taal :A  A E X

utelwoorde:

haling:────────────────────────────────────────────────────────────────

 2044

 Liedjiefeeste en songs red nie ‘n taal nie. Gallies (Frans vandag)

 was eenmaal die taal van troebadoers. Dis uitgestoot na die rand en

 kom na ‘n lang stryd terug – nie as troebadoertaal nie, maar die taal

 van onderwys, werkplek en massamedia (amptelike funksies). Sonder die

 funksies verval ‘n taal tot dialek en ‘n volk tot folklore – soos

 tema-dorpies met vroue in Voortrekkerdrag of pyprokende Koi-manne.

By Afrika kongresse praat hulle oor die slegte koloniale tyd. Hulle

praat oor bevryding van imperiale magte. Maar hulle doen dit in die

koloniale tale. Hierdie blok is die Frankofoon lande, daar sit die

Anglofoon lande en niemand praat ‘n Afrikataal nie. Waar sit ons as

Afrikaners? in die selfoon blok! By die stigting van die nuwe

Afrika-unie is besluit dat tale soos Swahili, Hausa en ander ook tot

hulle reg moet kom in die toekoms. Twee jaar later (2004) by die

byeenkoms in Addis Ababa praat die uitgaande president van die AU,

pres Chisano van Mosambiek toe Swahili om die punt te maak. Almal

gryp na hulle oorfone om te verstaan. Duidelik is die AU nog

nie reg om in ander tale as die koloniale tale te funksioneer nie.

In PWV praat 17,5% Afr as moedertaal, 13,2% vir Eng

Natal 79,7% Zoeloe, 16% Eng en 1,9% Afr

Oos-Kaap 82% Xhosa, 9,4 Afr as tweede meeste en Eng 3,9%

Noord-Tvl SePedi hooftaal 56,6%, Afr 2,6%, Eng 0,4%

Wes-Kaap 61,8% Afr hooftaal, 20,8% Engels

Oos-Tvl Seswati hooftaal 37,7%, Afr 11,8%, Eng 2,6%

OVS SeSotho hooftaal met 58,1%, Afr 14,1%, Eng 1,4%

Noordkaap Afr hooftaal 71,5%, Eng 2,7%

Landwyd is Zoeloe die grootste taal 21,96%; gevolg deur Xhosa 17,03%

en Afrikaans 15,03%. SePedi, Setswana en Engels word al drie deur

tussen 8 en 9% van die land se mense gepraat. Afrikaans is dwarsoor

die land mense se belangrikste tweede taal.

Engels is in nie een van die nege provinsies ‘n meerderheidstaal nie.

n      :BREYTEN BREYTENBACH

n besk :In Rapport 28/11/1999 perspektief p3 Afrikaner as Afrikaan

ndatum :1999/11/28  Kategorie :AANH   Plek :RB     Taal :A  A E X

utelwoorde:

haling:???????????????????????????????????????????????????????????????

 1474

 Soos ons geskiedenis, so ook ons tong. Trouens, ek kan beweer my

 geskiedenis is my taal. Die saamloop en deurmekaarloop word uitgedruk

 in ons taal, Afrikaans, die lieflike gladde bastertong gebore uit die

 botsing en die paring van kulture–uit oorheersing en vernedering,

 van onkunde en van poesie, uit die Bybel en die moskee en die kroeg

 en die krot en die veld, uit sterwe en aanpassing en al hoe meer

 groei dit uit eie bodem — hierdie taal wat tot vandag nog steeds

 besig is om haarself te verbeel en te boetseer…

Form the approximately 220 languages which are spoken most in the

world, Afrikaans is 59th on the list, that means only 58 languages

are spoken by more people in the world than by the number which speak

Afrikaans.

38 miljoen mense in die wêreld verstaan Afrikaans.

Vyf Suid-Afrikaanse universiteite het Afrikaans as voertaal, 3

gebruik Afrikaans en Engels.  Afrikaans word ook as vak in

universiteite oor die wêreld aangebied – VSA, Afrika & Rusland.  Dit

gee ook toegang tot universiteite in Nederland en België.

Daar is 457 vakwoordeboeke en terminologielyste, gerekaniseerde

taaldatabank. Jy kan dus wetenskaplik en tegnies goed in Afrikaans

kommunikeer.

Indien Afrikaans as amptelike taal sy funksies verloor sal daar binne

3 geslagte min oor wees.

In 1930 was daar 14 miljoen Franse wat Oksitaans/Occitan gepraat

het. Dit was die taal van die troebadoers maar toe die Franse

regering dit nie erken het as amptelike taal nie, en Frans enigste

amptelike taal gemaak het, het dit baie agteruit gegaan. – so het

Fredric Mistral, digter in Oksitaans, in 1904 nog die Nobelprys vir

Letterkunde gewen – vandag is daar slegs 3-4 miljoen oor wat die taal

praat en dit is meesal ouer mense. Oksitaans nader aan Katalaans as

aan Frans. Taal nou weer in taalstryd om amptelike erkenning.

Skots Gaelies 1931 – 136 000; 1951 – 95 000; 1960 – 80 000. W.B.

Lockwood skryf: “Welsch has not obtained proper and full official

status. No language can maintain itself in the modern world without

such recognition.”

Oksitaans is ‘n taal wat baie gewild was en deur ‘n groot hoeveelheid

mense in die Suide van Frankryk gepraat is. Daar is selfs ‘n

Nobelprys in Letterkunde in die 1930’s toegeken aan ‘n Pous vir

stukke in Oksitaans. Toe die taal geforsseer word om sy hoe”

taalfunksies te verloor en dit deur Frans vervang is, is die taal

binne enkele geslagte tot niet. Net die ouer mense kan dit vandag nog

praat.

      :BARNARD CHRIS SKRYWER

 besk :In Beeld 25 April 2005 p6 gese^ toe hy ATKV prys gekry het.

datum :    /  /    Kategorie :AANH   Plek :RB     Taal :A  A E X

telwoorde:

aling:??????????????????????????????????????????????????????????????

2084

“As Engels die oorhand (in Suid-Afrika) kry, is dit meer as net

Afrikaans wat in die slag gaan bly. Tien inheemse tale gaan verdwyn.

Die enigste uitheemse taal (Engels) gaan bly en al elf dele van die

koek kry, miskien ‘n hoflike windjie breek en verder stap Afrika in.

Dit is byna onmoontlik vir kinders om in drie jaar genoeg van ‘n

tweede taal te leer sodat hulle in gr 4 na hierdie taal as

onderrigmedium kan oorskakel. (Soos met meeste swart leerlinge

gebeur.Hul glo eie taal is minderwaardig-nou misluk hulle juis)

Dr Kathleen Heugh, hoofnavorsingspesialis by die Raad vir

Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) se^ sukses in onderwys ontwyk

steeds die meeste kinders in Afrika, deels weens die neiging om weg

te beweeg van moedertaal-onderrig.

“In lande waar daar goed opgeleide onderwysers en voldoende

klaskamers en handboeke is, het kinders tussen ses en agt jaar nodig

om ‘n tweede taal te leer voordat hulle dit as medium van onderrig

kan gebruik. Dit beteken onder optimale omstandighede behoort daar

nie voor gr 7 van taalmedium verander te word nie.”

Volgens Heugh word voorspel dat ‘n kind wat in gr 4 na ‘n ander

taalmedium oorskakel, tussen 30% en 40% in die tweede taal in matriek

sal behaal, al het hy langer blootstelling aan die taal gehad.

Vir leerlinge wat deurgaans (gr 1 tot gr 12) moedertaalonderrig en

die tweede taal as vak deur ‘n bekwame onderwyser gehad het, is die

kans groot om 60% te behaal.

 Vyf Suid-Afrikaanse universiteite het Afrikaans as voertaal, 3

gebruik Afrikaans en Engels.  Afrikaans word ook as vak in

universiteite oor die wêreld aangebied – VSA, Afrika & Rusland.  Dit

gee ook toegang tot universiteite in Nederland en België.

taaldatabank. Daar is 457 vakwoordeboeke en terminologielyste, gerekaniseerde

Jy kan dus wetenskaplik en tegnies goed in Afrikaans

kommunikeer.

Vyf Suid-Afrikaanse universiteite het Afrikaans as voertaal, 3

gebruik Afrikaans en Engels.  Afrikaans word ook as vak in

universiteite oor die wêreld aangebied – VSA, Afrika & Rusland.  Dit

gee ook toegang tot universiteite in Nederland en België.

Daar is 457 vakwoordeboeke en terminologielyste, gerekaniseerde

taaldatabank. Jy kan dus wetenskaplik en tegnies goed in Afrikaans

kommunikeer.

Die

 ekonomiese stryd is nodig om die bevolking op te hef en te verhoed

 dat hulle om ekonomiese redes ‘n voordeliger taal aanneem. Die

 politieke stryd is nodig vir die verkryging van amptelike

 gelykberegtigheid en die kulturele vir die verwerwing van ‘n

 kulturele aantrekkingskrag. Prof Jaap Steyn, p.90 Tuiste in eie taal.

is aan my gevra.Na die Lourens hofsaak is die ANC nou verplig om met taalwetgewing  

Die lourens hofsaak, maar taalwet.

TOESPRAAK IN DIE PARLEMENT DEUR DR. PIETER MULDER, VOORSITTER VRYHEIDSFRONT.

12 Maart 1998.

In his opening address the President promised (p11) “the intensification of the efforts regarding multi-lingualism in government work” We welcomed and applauded this in our reaction to his address. But the proposed language policy for Parliament makes a joke of this. Sir the ANC plays with fire on these issues. Summarized the proposed language policy is: English maintains its position, the nine other languages gain little in status and the only language that looses out, is Afrikaans.

Nege tale word bietjie opgehef, een taal Engels behou sy posisie en een taal Afrikaans word afgeskaal. Dit is ‘n belediging vir Afrikaans en die ander amptelike tale en

onmiskenbaar die eerste stap na Engels as enigste taal.

By downgrading Afrikaans it sends a clear message to all the other languages that there is no intention to let any of these languages ever develop and be upgraded to the same level as English in Parliament. On the same level as Afrikaans they are doomed to be in an inferior position for ever.

If the proposed new policy was that a Nguni and a Sotho language, as a first step, would be added to English and Afrikaans in Parliament with the same status, it would have been a step in the right direction.

The question is: Do we really believe and see South Africa as a Multilanguage country or do we pay lip service to this ideal while secretly we are moving to English as the only language.

Why – if I insist to speak English – it is normal and acceptable?

Why – if I insist to speak Afrikaans or IsiZulu in Parliament, or in a committee or on TV – it becomes political?

The international position of English made it possible for a number of popular misconceptions to take root about English in South Africa. These relate to the belief that most South Africans understand English, or that English is widely used as lingua franca. Research showed that only 34 to 40 percent South Africans have sufficient English language skills to make sense of news broadcasts and political debates in English. I quote from an article by Kathleen Heugh, Language Researcher at University of Cape Town.

Because discourse in this Parliament does largely take place in English, this creates an impression that English is a viable language for widespread communication. At least 60 to

65% of the population cannot understand this discourse in English.

Die situasie is so ernstig dat PANSAT verlede jaar (30/5/97) ‘n brief aan die president hieroor gestuur het. Ek haal aan. “The majority of people in this country do not speak, understand or function in English. We are concerned about the move towards monolingualism manifested at all levels of our government…”

Prof Charles Dlamini, rector of Zululand University wrote an article the previous Sunday in the Sunday Times (8/3/98 p19) on language and education:

“We have either to seriously consider the issue of mother-tongue instruction for black learners or else do something radical to influence the teaching of English… there is scientific evidence that mother-tongue instruction is recommended. A problem with introducing this is that, in the black community, speaking English is synonymous with being educated. To speak a black language is synonymous with being uneducated.”

This was exactly the position of Afrikaans in the beginning of this century. Speaking Afrikaans was synonymous with being uneducated. Afrikaans is a kitchen language and can never be an academic or university language, was said in those days. In schools students that spoke Afrikaans were punished and forced to wear a card around their neck or a donkey hat. The FF says: You can not claim to be free, if your language and culture is not free.

Waarom kan swart studente nie binne enkele jare hulle volledige matriekeksamen in IsiZulu of Sesotho skryf nie? Ek sal enigeen in hierdie huis ‘n weddenskap aangaan dat daardie uitslae baie beter sal wees as die uitslae van vanjaar waar die meerderheid studente eksamen geskryf het in hulle tweede of derde taal.

Waarom kan IsiXhosa of Setswana nie ‘n universiteitstaal word waarin atome gesplit en rekenaars gebou word nie? Ons het dit met Afrikaans reggekry. Swart mense sal net werklik vry wees as hulle ook kultureel vry is deurdat hulle tale gelyke status met Engels sal hˆ. Hierdie Parlement moet die voorbeeld stel deur hierdie tale te verhef tot gelyke status met Engels. Nou word hierdie tale saam met Afrikaans in ‘n minderwaardige posisie van een maand uit twaalf in forseer.

Daar word gesê  dat die sg swart tale sulke ou tale is dat hulle nie die vermoë het om moderne begrippe soos atome, satelliete en rekenaars in te verduidelik nie. Daarom eerder Engels. Hebreeus was vir 2000 jaar ‘n dooie taal. ‘n Taal wat nie rekenaars en atome geken het nie. Die Israelies het Hebreeus na 2000 jaar lewendig gemaak en hulle split vandag atome in Hebreeus en bou rekenaars in Hebreeus. IsiZulu en Sesotho kan dit ook doen.

Daarom vra ons in die eerste punt van ons mosie dat stappe geneem word om die gelyke gebruik en status van al die amptelike tale in die Huise te verseker.

Die vraag is nou – om watter rede moet ‘n taal soos Afrikaans sy posisie in die Parlement verloor, terwyl die proses vir die verbetering van die posisie van die ander tale aan die gang is?

Afrikaans is die taal van die onderdrukker, is een argument. Daarom straf ons Afrikaans. Mev die Speaker, as dit die argument is moet Engels en Duits deur almal gestraf en verafsku word. Gaan kyk na die wreedhede van die slawehandel uit Afrika na Europa en Amerika. Dit is in Engels gedoen. Gaan kyk na die wreedhede van die koloniale oorheersing – dit is hoofsaaklik in Engels gedoen. Maar u wil almal net Engels praat. Na my ouma Mulder, wat goed Engels kon praat, in die Anglo-Boere-oorlog in die Britse konsentrasiekampe aangehou is, waar haar geliefdes dood is, het sy geweier om ooit weer

Engels te praat.

Gaan kyk na die Nazi konsentrasiekampe – dit is in Duits gedoen. Word Duits as taal vandag gestraf? Nee. President Herzog van Duitsland was gesteld daarop om Duits in hierdie Raad te praat toe hy ons toegespreek het — terwyl hy goed kan Engels praat?

As u dan Afrikaansprekende wil straf, moet u onthou dat daar net soveel bruin en swart Afrikaanssprekendes as wit Afrikaanssprekendes in SA is.

‘n Ander argument waarom Afrikaans sy status verloor is omdat daar beweer word dat dit deur so min mense gepraat word. Dit is egter ‘n valse propaganda persepsie. (Naas IsiZulu en IsiXhosa is Afrikaans die derde grootste huistaal in Suid-Afrika. Met 16 % van die bevolking wat Afrikaans as huistaal het, is dit die derde grootste huistaal in die land na IsiZulu wat eerste is met 21% en dan IsiXhosa wat tweede is met 18%.) Engels is maar die sesde grootste huistaal in SA.

In drie van die provinsies (dit is een-derde van die provinsies) is Afrikaans die nommer een taal wat deur die meeste mense in die provinsie gepraat word. Dit is Gauteng, die Wes-Kaap en die Noord Kaap. In die Vrystaat, Noordwes en die Oos-Kaap is Afrikaans die taal wat deur die tweede meeste mense gepraat word. In twee derdes van Suid-Afrika se provinsies is Afrikaans dus nommer een of twee. Van die elf amptelike tale in SA is Afrikaans in die oorblywende drie provinsies in nie een laer as vierde nie. Daarom het RGN navorsing aangetoon dat 44% van SA se bevolking ‘n praatkennis van Afrikaans het terwyl slegs 40% ‘n praatkennis van Engels het. Maar hierdie Parlement stel voor dat Afrikaans sy huidige posisie moet inboet ten koste van Engels.

Ek het reeds aangetoon dat meer as 60% van alle Suid-Afrikaners nie ‘n nuusbulletin of ‘n politieke gesprek soos hierdie in die Parlement in Engels kan volg nie.

As geargumenteer word dat Engels ‘n internasionale taal is, kan bygevoeg word dat Afrikaans die enigste ander Suid-Afrikaanse taal is wat in die buiteland verstaan word. Meer as 38 miljoen mense in Nederland, België, Suriname, Indonesië en die Antille kan Afrikaans verstaan. Dit kan ongelukkig nie vir enige van die ander Suid-Afrikaanse tale gesê word nie. Tog verloor Afrikaans sy status in hierdie Parlement.  

Mevrou die Speaker, as u my taal minag, beledig u my en minag u my. Verstaan die ANC lede dit nie? Juis ANC-lede en sprekers van swart tale in SA het dit honderd keer aan ons in debatte gestel as hulle oor hulle eie tale gepraat het.

In ‘n meningsopname verlede jaar het 88% Afrikaanssprekendes aangedui dat hulle meen dat Afrikaans in amptelike regeringsbeleid benadeel word.

Ons het met pres Mandela saamgestem toe hy in hierdie Parlement (Hansard 22 Augustus 1994) gesê het:

“I am confident that we are also agreed that pursuing equality does not necessarily have to entail downgrading of any of the languages in so far as such a language is not being imposed on anyone, be it here in Parliament, in the media, in education, at work and other areas. The challenge is how to raise the other languages to the level they deserve.”

Daarom ons voorstel in punt drie van die mosie dat ‘n amptelike taal niks ten opsigte van status mag verloor terwyl die proses vir die verbetering van die posisie van die ander

amptelike tale aan die gang is nie.

As u ernstig is met veeltaligheid in die regering en ook in hierdie parlement dan is die vraag: Wanneer kry ons vertaalgeriewe in die komiteekamers sodat elkeen sy eie taal

daar kan praat? Dit is ‘n stap in die regte rigting, na werklike veeltaligheid en respek vir alle tale.

Waarom begin ons nie deur as eerste stap naas Afrikaans en Engels nog twee tale hier in die Parlement gelyke status op alle vlakke te gee nie? Het u geweet 98% van alle Suid-

Afrikaners verstaan Afrikaans of Engels of ‘n Ngunitaal of ‘n Sothotaal?

As finansies ‘n probleem is, waarom word die Europese Unie of België en Nederland nie gevra om te help met so ‘n projek nie. België help reeds drie jaar lank ten einde dit vir die Vrystaat se wetgewer moontlik te maak om ‘n gelyke vertaaldiens vir Sesotho, Afrikaans en Engels te verskaf.

Daarom ons tweede punt in die mosie wat stel dat verskillende maniere ondersoek word om te verseker dat voldoende finansiële hulpbronne beskikbaar is om die tale wat nog nie gelyke status het nie, se posisie so gou as moontlik te verbeter.

Prof Neville Alexander, onder-voorsitter van Pansat het onlangs gewaarsku: Mense en die regering verstaan nie hoe gevaarlik taal kan word as dit verkeerd hanteer word nie. Die Regering behoort taalkwessies ‘n prioriteitsaak te maak”.

Maar u moet nie Afrikaner-vriendelikheid verwar met swakheid nie. U moet nie Afrikaner bereidheid om saam te werk verwar met afstand doen van beginsels en ideale nie.

Die probleem is dat dit wat die president sê, en dit wat Afrikaners in die praktyk ervaar, verskil.

Nou probeer sommige mense ons oortuig dat Afrikaans se posisie nie daagliks verswak nie. Kom ek gee u maar net enkele voorbeelde:

* Die Instituut van Munisipale Tesouriers se naam is voortaan net Engels en hulle voertaal net Engels.

* Die Registrateur van Pensioenfondse sê dat sy omsendskrywes voortaan net in Engels sal wees.

* Die Landbank sal voortaan net Engels as bedryfstaal hê.

* Die Suid-Afrikaanse Lugdiens gebruik net Engels as taal op sy vliegtuie (Ook na Kimberley en Upington waar 70% van die mense Afrikaanssprekend is!)

* SAL se tydskrif SAWUBONA verskyn net in Engels.

* Die Nasionale Parkeraad se naam en voertaal is voortaan net Engels.

* Afrikaans word afgeskaal by die Universiteit van Natal en die Universiteit van Kaapstad.

* Ek praat nie eers oor hoe Afrikaans die enigste taal is wat totaal afgeskaal is by die SAUK nie.

* 66% van die mense in die Wes-Kaap is Afrikaanssprekend. Van die drie universiteite wat hierdie mense moet bedien is net Stellenbosch Afrikaans. Universiteit van Kaapstad is net Engels en die Universiteit van die Wes-Kaap basies ook.  Maar prof Bengu gaan na Stellenbosch en sê dat hulle, hulle taalbeleid moet verander. Asof Ikeys vir my kinders in

Afrikaans sal klasse aanbied!

 * 70% van die inwoners van die Noord-Kaap is Afrikaanssprekend, 19% is Tswana sprekend en 3% is Engelssprekend. Die ANC regering in die Noord Kaap het besluit om die nommerplate daar te verander. Die afkorting in Afrikaans vir Noord-Kaap is, NK. Dit stel 70% van die mense tevrede. Die afkorting in Tswana vir Noord Kaap is ook NK. Dit is ‘n verdere 19% van die bevolking. Tog besluit die Noord Kaap-regering om die afkorting NC te gebruik wat die afkorting is wat die 3% Engelssprekendes van daardie provinsie tevrede sal stel. Hoe klop dit met die belofte van “the intensification of the efforts regarding multi-lingualism in government work”

Hoe verduidelik ek hierdie goed aan my kiesers sonder om ’n wit bul swart bul toespraak te hou?

Ek het vanaand ’n openbare vergadering in die Wes-Kaap, die ANC lede is welkom om dit by te woon. Ek sal vanaand en van elke openbare geleentheid hierna gebruik maak om aan die Afrikaanssprekendes van hierdie land te vertel dat Afrikaans deur hierdie regering geminag word.

As ‘n mens ‘n toespraak soos hierdie hou, dan is die teenargument gewoonlik dat Afrikaners die ou orde wil herstel en steeds vasklou aan die voorregte van die verlede. Natuurlik is daar mense wat die ou orde wil herstel en wat wil vas hou aan voorregte van die verlede. Maar u sal nie die Vryheidsfront daar kry nie. Ons besef dat die ou orde vir

altyd verby is. As u sê ek veg vir die voorregte van die verlede wanneer ek veg vir Afrikaans en vir Afrikanerselfbeskikking, dan verstaan u nie die probleme van

Suid-Afrika en van enige multikulturele samelewing nie. Gaan sê vir die Palestyne dat hulle veg vir die voorregte van die verlede, gaan sê vir die Franssprekendes in Kanada dat hulle veg vir die voorregte van die verlede, gaan sê dit vir die mense van Oos Timor, vir die Tamils of die Koerde in Irak en Turkye. Die Koerde het stemreg en verteenwoordiging in die Turkse Parlement maar dit is nie goed genoeg nie, hulle soek ‘n eie Koerdistan.  

Pres. Mandela verstaan dit want hy ondersteun al hierdie mense in hulle pogings om selfbeskikking. Dan sal hy ook die Afrikaner se behoeftes verstaan.

What is the ANC’s position with regards to this issue?

The one approach states that the only way to reconciliation and national unity is by ignoring ethnic, language and cultural diversity. The radical exponents of this approach are willing to force uniformity and English on everyone or at least on the youth to ensure a one language nation in the future. This is the Brazilian solution where the colonial language Portuguese is used to destroy all other languages and cultures. This solution, forced onto SA, will cause permanent conflict.

The other approach is to recognise the language and ethnic diversity of South Africa and to give everyone the right to be himself. This is the Belgian, the Swiss and Ethiopian solution where ethnicity and diversity are used as building blocks for the solution. This will make people loyal and effects reconciliation.

Ek herhaal: U moet nie Afrikaner-vriendelikheid verwar met swakheid nie. U moet nie Afrikaner bereidheid om saam te werk verwar met afstand doen van beginsels en ideale nie. Een boom wat omval maak meer geraas as die miljoene bome wat in stilte groei. Ek stem daarmee saam. Die VF en die Afrikaner wil een van die bome wees wat groei met selfbeskikking as deel van die oplossing. As dit nie vir die ANC aanvaarbaar is nie, moet hulle weet dat een klein boomkewertjie, in stilte, ‘n hele bos bome kan vernietig. Wil ons dit hê?

oooOOOooo

Hoe noem ’n mens ’n persoon wat van Europa is? ’n Europeër.

Hoe noem ’n mens ’n persoon wat van Asië is? ’n Asiër.

En wat dan vir ’n persoon wat van Afrika is? ’n Afrikaan.

In 1707 is daar ’n botsing tussen Hendrik Bibault en die landdros van Stellenbosch. In sy woede en frustrasie skreeu Bibault aan die landdros: “Ik ben Een Africaander!”

Daarmee het hy probeer aantoon dat sy lojaliteit plaaslik by die Kaapse kolonie en in Afrika is en nie, soos die landdros s’n, in Nederland en Europa lê nie.

Tans is daar dikwels verwarring in Suid-Afrika oor presies wat die begrip “Afrikaan” beteken. Die rede is waarskynlik die gebruik van Swart mense in Suid-Afrika om hulleself “Africans” te noem teenoor “Whites” aan die ander kant.  As jy ’n staatsvorm invul moet jy dan aftik of jy ’n “African” of ’n  “White” is. Dit is egter dieselfde as om appels en pere met mekaar te vergelyk. Wit staan teenoor swart en nie teenoor “African” nie. “African” staan eerder teenoor “European” of in Afrikaans “Afrikaan” teenoor “Europeër”.

Die feite is dat tot 90% van alle wittes nog nooit in Europa was nie en onwaarskynlik ooit daar sal kom. Meeste van hulle beskou hulleself glad nie as Europeërs nie aangesien hulle reeds bykans 400 jaar in Afrika is. Dit is langer as wat die meeste Amerikaners in Amerika is of die Australiërs in Australië. Australië, soos ons dit vandag ken, het maar 200 jaar gelede tot stand gekom. Wit en Swart wat deel voel van die kontinent Afrika kan dus as Afrikane bekend staan.

Die verwarring kan verder wees omdat sommige mense in Suid-Afrika hulleself Afrikaners noem. Dit het egter met die taal Afrikaans te doen en behoort nie verwarring met die begrip Afrikaan te skep nie. ’n Mens het altyd baie identiteite. Jy kan ’n Christen en ’n Afrikaner en ’n witte en ’n Suid-Afrikaner wees en dan nog ’n inwoner van Afrika ook. ’n Mens behoort nie geforseer te word om te moet kies tussen watter een van hierdie identiteite jy moet gebruik nie. Dit word tans gedoen met die tipe keuses wat jy op staatsvorms moet invul. Jy behoort te kan kies watter een jou pas in watter situasie. 

As die Arabiere in die Noorde van Afrika, met ’n andersoortige kultuur en godsdiens, as Afrikane aanvaar word moet die Afrikaners en ander wittes van die Suide van Afrika ook as Afrikane aanvaar word. 

Die Burger 2 Augustus 1995

Gemoedere loop hoog ná DP voorstel dat Engels lingua franca in SA word

Grondwetlike Beriggewer

KAAPSTAD. Skerp reaksie het gister in ‘n temakomitee van die Grondwetlike Vergadering gekom op ‘n standpunt van die DP dat Engels as lingua franca van Suid-Afrika gekies behoort te word. Veral ‘n lid van die ANC, mev. Temperance Majola-Pikoli, het emosioneel ge reageer op dié stelling van die DP in ‘n voorlegging aan temakomitee 1, wat onder meer ‘n taalbeleid vir die land bespreek. Sy het gevra of die DP wil hê dat Suid- Afrikaners eerder Engels as hul eie taal moet leer. Engels as lingua franca sal tot niet maak wat in die veelparty-onderhandelings bereik is deur met die erkenning van elf amptelike tale mense nader aan mekaar te bring. “Suid-Afrikaners moet eerder hul buurman of -vrou kan verstaan as mense in Amerika. Wil ons teruggaan na etniese stryd oor taal?” het sy gevra. Mev. Majola-Pikoli het met verwysing na ‘n standpunt van sen. Errol Moorcroft (DP) dat ‘n vertalingsdiens vir al elf tale in die Parlement te duur sal wees, gesê die Regering gee aan staatsamptenare toelae om “status-motors” te kan besit, maar sê daar is nie genoeg geld om vertalingsgeriewe te skep nie. Sy het gevra of daardie geld nie eerder in langtermyn- vrede belê moet word nie. Sen. Moorcroft het gesê hy kan vir seker verklaar dat daar oor tien jaar nie vertalingsdienste vir elf tale in die Parlement sal wees nie. “Engels is tans ons grootste ekono miese bate,” het hy gesê. Die DP stel voor dat al elf tale tot nasionale tale verklaar word, maar dat die ses grootste tale grondwetlik erken word as amptelik vir spesifiek gedefinieerde doeleindes op nasionale vlak. Ook die Vryheidsfront meen daar behoort minder as elf amptelike tale te wees. Die NP, ANC en PAC staan die behoud van die elf amptelike tale voor.



Dit is duidelik dat Afrikaans nog in groot mate (maar minder as in die
verlede) voldoen aan (1) en (2), terwyl (3) bedreig word en (4) en (5) in
die laaste dekade  groot skade gely het.

Afrikaans is die   Afrikaans is besig om steeds meer van

In die taaldebat op SeNet val dit op dat die verhouding tussen Afrikaans as
private en as openbare taal nie verstaan word nie.

Keer op keer hoor ‘n mens die optimistiese, maar ongefundeerde uitspraak dat
die Afrikaanse omgangstaal (d.w.s. die private gebruik van Afrikaans) steeds
sal oorleef, selfs al word die taal in die openbare sfeer vernietig.

Hierdie twee taalsfere kan egter nie kunsmatig van mekaar losgemaak word
nie. ‘n Taal is eintlik ‘n bietjie soos ‘n menslike lyf. Jy kan heelwat
spykers in hom slaan (hoeveel keer moet ‘n mens nie hoor: “Dit is nog ‘n
spyker in die doodskis van Afrikaans…”?) sonder dat hy doodgaan, maar te
veel spykers is uiteindelik fataal. En om die beeld ietwat te forseer: as jy
sy kop afkap, sy ho”e funksies afsny, sal die lyf ook afsterf.



In die taalsosiologie word gewoonlik vyf vlakke van taalgebruik onderskei.
Om te oorleef, moet ‘n taal liefs op al vyf vlakke ‘n funksie he^, hoewel hy
dalk die verlies van een funksie sal oorleef (ek grond die volgende op ‘n
insiggewende artikel deur prof. Leopold Scholtz in Die Burger verlede jaar):

1) ‘n Taal moet tuis gepraat word – as geen taaloordrag tussen ouer en kind
plaasvind nie, is die taal gedoem.

2) ‘n Taal moet ‘n literere en letterkundige funksie h^e, d.w.s. koerante,
tydskrifte, boeke ens. moet in die taal gepubliseer word.

3) ‘n Taal moet wetenskaplike en akademiese funksies h^e en moet op skool,
kollege en universiteit as onderrigmedium gebruik kan word.

4) Dit moet ekonomiese nut he^ – daarsonder is daar min aansporing om die
taal aan te leer.

5) ‘n Taal oorleef moeilik as hy nie ‘n owerheidstaal is nie.

Dit is duidelik dat Afrikaans nog in groot mate (maar minder as in die
verlede) voldoen aan (1) en (2), terwyl (3) bedreig word en (4) en (5) in
die laaste dekade  groot skade gely het.

MEDIAVERKLARING

ONDERWERP             :           IDENTIFISEER JOUSELF AS “AFRIKAAN” – ADVISEER VFPLUS

            UITGEREIK DEUR      :           Mnr. Willie Spies

HOEDANIGHEID         :           VF Plus Parlementslid

DATUM                       :          22 April 2005

Die VF Plus gaan sy lede adviseer om voortaan op alle aansoekvorms en amptelike opgawes, waarin hulle versoek word om hulle rassegroep aan te dui, hulleself as “afrikane” te identifiseer ten einde die regering se diskriminasie teen wit Suid-Afrikaners te bemoeilik.  

“Afrikaners bevind hulleself reeds langer as 300 jaar in Afrika en meeste het nog nie eens ‘n voet in Europa gesit nie. Hulle kan hulleself dus met goeie reg as ‘afrikane’ identifiseer wanneer hulle gevra word”, het die VF Plus se woordvoerder oor jeugsake en arbeid, Mnr Willie Spies gereageer op nuus dat skole in Gauteng voortaan aan die regering hulle rassesamestelling moet rapporteer.

“As die regering dan wíl diskrimineer gaan ons dit nie vir hulle makliker maak deur mee te werk aan ons eie ondergang nie. As die ANC my weens my voorkoms nie wil glo dat ek van hierdie kontinent is nie, moet hulle maar weer potlood- en liniaaltoetse instel om vas te stel of ons kwalifiseer vir gelyke behandeling of nie”, het Spies gesê.

Die nuus dat Gautenge skole voortaan hulle rassesamestelling moet rapporteer, is maar net die jongste van ‘n reeks skokke oor die regering se onbedekte diskriminasie teen wit Suid-Afrikaners, wat in die naam van transformasie plaasvind. Danksy regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging het die regering reeds daarin geslaag om 182 000 wit huishoudings, (bestaande uit nagenoeg 1 miljoen mense) te verarm tot ‘n bestaan onder die broodlyn. Vroeër vanjaar is ook aangekondig dat die Departement van Grondsake maatreëls wil instel om rassegroepe van grondeienaars op titelaktes van grond aan te bring.

“Ek is nou moeg om van die ANC te hoor dat hulle nie-rassigheid voorstaan en dat Suid-Afrika aan al sy mense behoort, terwyl die owerheid in dieselfde asem met onverdunde apartheidsmaatreëls kom om sy ideologie deur te voer. Ons gaan nie meer die speletjie saamspeel nie. As die regering wil aanhou diskrimineer, sal ons dit vir hulle al moeiliker maak”, het Spies gesê.