Pieter Mulder (1951) is de zoon van minister Connie Mulder die in het begin der jaren ’80 moest aftreden om wat het infoschandaal werd genoemd. Het was een mislukte poging om met overheidsgeld tegengewicht te vormen voor de anti- Zuid-Afrikaanse berichtgeving in de wereld in die tijd. Terugskouend was dit ’n magspel tussen PW Botha en Connie Mulder om John Vorster op te volg. Botha is gesien as verteenwoordiger van die Suidelike Kaapse liberale denke en Mulder van die Noordelike konserwatiewe denke.

Pieter Mulder was vir 15 jaar dosent en professor aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. Hy sloot zich bij de destijdse Konserwatieve party (KP) aan en werd volksvertegenwoordiger voor die partij in het kiesdistrict Schweizer-Reneke Potchefstroom in 1988. Samen met generaal Viljoen stichtte hij het Vrijheidsfront, waarvan hij in 2001 voorzitter werd. Deze partij werd in 2004 omgedoopt tot VF Plus na het opslorpen van enkele andere groeperingen waaronder de KP. Van 2009 tot 2014 werd hij door toenmalig president Zuma als vice-minister van Landbouw, Bosbouw en Visserij aangesteld. In 2016 droeg Mulder de voorzittersstoel van VF Plus aan Pieter Groenewald over. Intussen is hij ook als parlementslid afgetreden en heeft hij zich uit de politiek teruggetrokken.

Vragen:

  1. Welke is de rol van VF Plus in het huidig politiek bestel in Zuid-Afrika? Op wie is de partij vooral gericht?

In Suid-Afrika is tans 563 politieke partye geregistreer wat aan verkiesings op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak deelneem. Nege-en-twintig partye was op die stembrief by die vorige Nasionale verkiesing (2014). Dertien van die 29 partye is tot die parlement verkies. Die VF Plus was sewende. Hoewel relatief klein is dit tog beduidend.

Slegs vyf partye het sedert 1994 polities oorleef deur met elke verkiesing verteenwoordigers in die Parlement verkies te kry. Die VF Plus is een van hierdie vyf politieke partye. Na 1999 se terugslag wat steun betref het die party sedert ek leier geword het in 2001, met elke verkiesing daarna meer stemme getrek. Dit toon aan dat die party daarin geslaag het om ’n lojale ondersteunersbasis op te bou en te behou.

Die Suid-Afrikaanse grondwet beklemtoon individuele regte met bykans geen artikels wat minderheidsregte of groepsbelange aanspreek nie. Dit terwyl Suid-Afrika een van die mees diverse gemeenskappe in die wêreld is met elf amptelike tale en talle minderheidsgroepe. Die VF Plus vul hierdie vakuum deur die internasionale sensitiwiteit vir minderhede, groepsbelange en selfbeskikking op die politieke agenda te hou. Omdat die party se steunbasis grootliks vanaf Afrikaanssprekendes kom, word veral baie aandag aan sake wat hierdie gemeenskap raak, gegee.

  • Welk is de verhouding met organisaties als Solidariteit of AfriForum? Speelt VF Plus een rol in de evolutie van Afrikanerenclaves als Orania of Kleinfontein?

Die VF Plus het ’n baie goeie verhouding met organisasies soos Solidariteit en AfriForum en gereelde strategiese gesprekke vind met hulle plaas. Talle van die leiers van hierdie organisasies was voorheen by die VF Plus werksaam.

As beleidsbesluit het die VF Plus die Noordkaap en spesifiek Orania as groeipunt reeds in 1997 aangewys as ’n gebied met die potensiaal vir selfbeskikking. Die party het reeds verskeie projekte suksesvol op Orania voltooi.

Waar Kleinfontein enkele jare gelede na negatiewe klagtes deur die ANC en deur die Gautengse Wetgewer ondersoek is, kon die VF Plus se verteenwoordigers in die Gauteng-wetgewer help dat ’n gunstige verslag oor Kleinfontein uitgebring is.

  • Hoe verklaart u dat VF Plus bij de lokale verkiezingen steeds meer stemmen behaalt dan bij de nationale? Bent u in de huidige context voor de verkiezingen van 2019 hoopvol gestemd?

Die VF Plus kan op plaaslike (lokale) vlak sy geld en organisasievermoë konsentreer op gebiede waar die party sterk verteenwoordig is. Die plaaslike kiesstelsel gee ook aan elke kieser twee stemme – een vir die kandidaat in die wyk en een vir die proporsionele lys. Hierdie stemme word bymekaar getel ten einde die finale persentasie verteenwoordiging in die plaaslike raad te bepaal.

In die nasionale verkiesing moet die VF Plus ’n nasionale verkiesingsveldtog voer wat miljoene rand kos. Die ANC het wetgewing aanvaar waarvolgens die party op ’n proporsionele basis staatsgeld ontvang “ten einde demokrasie te versterk”. Die ANC, wat byvoorbeeld 62% steun by die vorige nasionale verkiesing gekry het, kry daarom 62% staatsgeld wat etlike miljoene rand is. Die VF Plus, wat baie minder persentasiegewys by die vorige verkiesing gekry het, kry nou proporsioneel skaars ’n miljoen rand. Dit is ’n ondemokratiese reëling wat die ANC oorweldigende bevoordeel. Die implikasie is dat partye nie gelyk wegspring by ’n nuwe verkiesing nie.

Ek wil voorspel dat die VF Plus beslis meer stemme by die 2019 verkiesing gaan kry. Baie kiesers wat voorheen DA gestem het, verklaar tans openlik in koerante en by vergaderings dat hulle nou vir die VF Plus gaan stem. Die DA het die afgelope jaar baie interne verdelings en gevegte gehad wat hulle beeld benadeel het. Die neutralisering van Helen Zille, vorige DA-leier, en die uitskakeling van Patricia de Lille is voorbeelde hiervan. Waar die DA reeds lank regeer in ’n stad soos Kaapstad het dit ook die nadeel dat kiesers gegrief raak oor probleme wat nie opgelos word nie en dan ander politieke tuistes soek.

  • Hoe is de houding van de Afrikaanstalige pers vandaag t.o.v. de situatie van de Afrikaners? Onze persoonlijke ondervinding is dat ze meer commercieel is dan volksgebonden. Klopt dat?

Die Afrikaanstalige pers is om kommersiële en ander redes oordrewe polities korrek. Dit beteken dat baie probleme wat gewone Afrikaanssprekendes se lewe elke dag ernstig raak, nie deur hierdie koerante bewoord word nie. As gevolg hiervan, en as gevolg van sosiale media, het Afrikaanstalige koerante se sirkulasie dramaties gedaal. Dit het hulle invloed baie verminder wat tot voordeel van die VF Plus is. Vir die eerste keer kan die VF Plus nou sy boodskap regstreeks deur sosiale media na die kiesers bring.

In my tyd as leier was ons grootliks uitgelewer aan die Afrikaanse pers en staatstelevisiediens wat bepaal het watter negatiewe beeld en geselekteerde inligting van die VF plus die kiesers bereik het.

  • Hoe ziet u de houding van Cyril Ramaphosa t.o.v. de voorgestelde grondonteigening zonder vergoeding? Mogen we in Zuid-Afrika Zimbabwaanse toestanden verwachten of zal het uiteindelijk – eens de verkiezingen voorbij zijn – nog kunnen meevallen?

Die ANC se grondonteieningsbesluit is ’n Zuma-beleidsbesluit van die ANC-kongres. Dit moet deur Ramaphosa, wat Zuma se opponent by die kongres was, uitgevoer word.

Ramaphosa, as multi-miljoenêr en sakeman, verstaan die negatiewe implikasies van so ’n besluit en gaan probeer om die ANC se kongresbesluit oor die onteiening van grond sonder vergoeding so te bestuur dat Zimbabwe se foute nie in Suid-Afrika herhaal word nie. Daarom gaan Suid-Afrika vir die onmiddellike nie Zimbabwe se toestande ondervind nie.

As die Suid-Afrikaanse grondwet se eiendomsregklousule gewysig word, soos Ramaphosa onderneem het om te doen, gaan dit wel groot verwagtinge by baie ANC-ondersteuners skep. Ramaphosa glo hy kan die verwagtinge wat so ’n wysiging gaan veroorsaak, bestuur. Hy praat daarvan dat net ongebruikte grond en grond wat vir spekulasiedoeleindes aangekoop is, geraak sal word. Sy risiko is dat hy dalk ’n blik wurms oopmaak wat nie weer toegemaak kan word nie en dat onwettige grondbesetting orals mag toeneem.

Om die eiendomsartikel te wysig het die ANC twee-derde meerderheid in die parlement nodig. Daar bly die moontlikheid dat die ANC nie genoeg steun van ander partye gaan kry vir ’n twee-derde meerderheid nie. Die EFF het gesê dat hulle nie die huidige ANC-grondvoorstelle sal steun nie omdat dit die ANC-kongresbesluit afwater. Die volgende paar maande sal duidelik hieroor verkry word. As die EFF en die Zuma-faksie in die ANC se benadering tot grond gevolg sou word, gaan ons wel Zimbabwe se foute in Suid-Afrika herhaal.

  • U was adjunct-minister voor Landbouw, Bosbouw en Visserij van 2009 tot 2014 onder Zuma. Welk gevoel houdt u daar van over? Was het niet gewoon een sluwe zet van Zuma? Heeft het aanvaarden van deze opdracht binnen VF Plus niet tot kritiek geleid?

Zuma het in 2009 geglo dat hy in belang van Suid-Afrika Mandela se regering van nasionale eenheid van 1994 kan herhaal deur opposisiepartye in die kabinet op te neem. Daarom is daar ’n aanbod van adjunk-ministersposte aan my van die VF Plus en aan dr. Buthelezi van die IVP gemaak. Buthelezi was nie bereid om ’n adjunk-ministerspos te aanvaar nie. Hy het vir ’n ministerspos gevra. Toe ’n ministerspos nie moontlik was nie, het die IVP die aanbod van die hand gewys.

Die besluit om Zuma se aanbod te aanvaar, was nie my besluit nie. Dit is deeglik in ons dagbestuur bespreek en die finale besluit is eenparig deur die VF Plus se Federale Raad, ons hoogste beleidsliggaam, geneem. Zuma se versoek was om met die landbou en met voedselsekerheid te help waar Afrikaners ’n dominante rol speel.

Die VF Plus het vyf voorwaardes aan Zuma gestel vir die aanvaarding van die pos. Van hierdie voorwaardes het behels dat ek die reg behou om met my opposisiemandaat die ANC-regering en Zuma te kritiseer wanneer ek dit nodig ag. “As die ANC se doel was om die VF plus te koopteer en so stil te maak, stel die party nie in die aanbod belang nie,” is aan Zuma gesê. Hierdie voorwaardes is deur Zuma aanvaar.

Daar is talle voorbeelde op rekord waar ek die ANC-regering tydens my termyn as adjunk-minister ernstig gekritiseer het en van hulle verskil het. So het ek my heftig uitgespreek teen Zuma se sieninge oor grond. Dit het tot ernstige debatte in die parlement tussen my en hom gelei. Hierdie toesprake is op rekord en het beslis bygedra dat talle grondbesluite tot op datum nog nie uitgevoer is nie.

Ek het Zuma se verdraaide geskiedenisbeskouinge oor die rol van die Afrikaner en byvoorbeeld Jan van Riebeeck gekritiseer. Dit het tot groot polemiek en talle media-debatte gelei. Die historici het my sienings uiteindelik korrek bewys.

Op persoonlike vlak kan ek ook talle voorbeelde noem waar ek landbouers/boere, waarvan die meeste Suid-Afrikaanse landbouers Afrikaanssprekend is, se probleme met die Departement van Landbou of ander regeringsdepartemente kon oplos omdat ek direkte toegang gehad het.

Ek glo steeds dat dit die regte besluit in die beste belang van die VF Plus en alle Afrikaners was. In die kabinet kon ek talle sake, nie net landbou nie, beredeneer en ons saak stel daar waar die finale besluite geneem word. Dit gee so ’n unieke geleentheid.

As die aanvaarding van die adjunk-ministerspos gelei het tot die stilmaak en kooptering van die VF Plus, dan sou dit ’n groot fout gewees het. Dit is wat Marthinus van Schalkwyk gedoen het toe hy as minister gekoopteer is en uiteindelik by die ANC aangesluit het. Dit het tot die einde van die Nasionale party gelei.

Soos met alle ernstige besluite was daar kritiek uit eie geledere en het enkele lede uit die VF Plus bedank as gevolg van die besluit. Die voorspellings deur hierdie lede dat die VF Plus as gevolg van hierdie besluit baie swakker in die toekoms by die stembus gaan vaar, is in 2014 verkeerd bewys. Die VF Plus het in 2014 meer stemme gekry as by die vorige verkiesing in 2009.

  • Van sluwe zetten gesproken. Voelen u (en generaal Viljoen) zich niet bedrogen door de zet van Mandela in 1994 om de idee van een Afrikaner volksstaat open te laten (en daartoe een Volksstaatsraad onderzoek te laten doen). Was dit ernst vanwege Mandela of alleen een manier om “blank rechts” aan de verkiezingen te laten deelnemen?

Dit was vir Mandela belangrik dat alle partye, en veral “blank rechts” aan die verkiesing deelneem. Dit het aan ons ’n belangrike bedingingsposisie gegee in die onderhandelingsproses wat ons nie ten volle benut het nie.

Die probleem was aan ons kant waar daar geen konsensus was oor wat ons presies wil hê nie. Wat ’n Volkstaat betref was daar drie tot vier verskillende voorstelle op die tafel met emosionele argumente deur elke faksie vir sy voorstel. Dit het onderhandelinge met die ANC baie moeilik gemaak en hulle het die verskille uitgebuit.

Anders as in Skotland, Quebec, Spanje en België was daar ook nie ’n duidelike gebied waar Afrikaners ’n natuurlike meerderheidsbesetting gehad het nie. 

Die beste wat ons in daardie omstandighede kon doen was om ons bedingingsposisie te gebruik om die beginsel van territoriale selfbeskikking in die nuwe grondwet gevestig te kry. Daarvoor moes selfbeskikking in 1994 as een van die 34 beginsels van die nuwe grondwet deur alle partye aanvaar word om in 1996 as artikels in die finale grondwet aanvaar te kan word. Dit was nodig ten einde artikels 31, 185 en 235, wat oor groepsregte en selfbeskikking handel, in die nuwe grondwet te kry en dit deur die grondwethof goedgekeur te kry. Hierin het ons geslaag.

Ek het geglo dat met meer tyd en wetenskaplike navorsing ons konsensus onder Afrikaners sal kan kry oor hoe selfbeskikking en ’n eie gebied, provinsie of Volkstaat in Suid-Afrika gevestig kan word.

Dit was ’n groot sukses om daarvoor ’n Volkstaatraad van die ANC te kon beding wat met staatsgeld hierdie opsies wetenskaplik kon ondersoek.

Die Volkstaatraad se verslae is steeds baie waardevol met belangrike inligting in oor selfbeskikking. Ongelukkig was daar ook binne die Volkstaatraad ernstige verdeeldheid oor moontlike oplossings. Dit het ons bedingingsposisie verder verswak. Toe die VF Plus in 1999 onder genl. Viljoen as leier swakker by die stembus vaar, was dit duidelik dat daar eers meer steun vir selfbeskikking en ’n eie gebied gewerf sal moet word voor dit weer suksesvol onderhandel kan word.

Soos die werklikhede van die “nuwe 1994 Suid-Afrika” elke dag duideliker word en daar meer druk op alle minderheidsgroepe, Afrikaners in besonder kom, word die selfbeskikkingsidee daagliks sterker. Ongelukkig het ons nou die lang pad, soos Skotland na selfbeskikking geneem terwyl die kort pad deur die 1994 onderhandelinge nie maksimaal benut is nie.

  • Mandela wordt in het buitenland aanzien als een soort halfgod. Wat is uw mening over deze figuur?

Ek het Mandela persoonlik geken en verskeie in diepte gesprekke met hom gehad. Hy het die gewoonte gehad om jou vir ontbyt te nooi waar hy sake dan persoonlik oog tot oog met jou bespreek het. Met hierdie persoonlike aanslag was hy meestal suksesvol – veral as jy hom as ’n sagte oupa-figuur onderskat het. Sy hardkoppigheid en ysere wil was in sulke gesprekke baie duidelik hoewel hy daarin geslaag het om dit met ’n baie sagte en persoonlike vernis te verberg.

Mense is geneig om hulle teen die ouer en wyser Mandela vas te kyk as die enigste Mandela. Mandela het egter in sy loopbaan deur ten minste drie verskillende fases gegaan.

Eerstens die jong Mandela wat ’n radikale aktivis was wat geweld as enigste oplossing bepleit het. In hierdie opsig het sy standpunte nie veel van die huidige EFF en Malema verskil nie.

As jong man was Mandela daarteen gekant dat Indiër, Bruin en Wit lede van die ANC saam aan ’n betoging deelneem. Hy het geglo die ANC moet suiwer net swart bly. Later jare het hy hierdie siening verander.

Die jong Mandela het verder geglo dat geweld die enigste antwoord vir Suid-Afrika se probleme is. Hierin het hy groot bewondering vir Fidel Castro se geweldsrewolusie in Kuba gehad en geglo dit moet in Suid-Afrika herhaal word. Vir so ’n revolusie probeer hy en Sisulu wapens vanaf Kommunistiese China kry en gaan hy vir militêre guerrilla opleiding na Ethiopië. Hy skryf ook in daardie tyd dat hy groot aansluiting vind by die idees van die destydse Kommunistiese wêreld, Mao tse Tung en Che Guevarra .

Hierna stig Mandela Umkhonto we Sizwe (Spies van die nasie) afgekort as MK as die gewapende vleuel van die ANC en beplan sabotasiedade teen die staat. Dit lei tot 57 sabotasie- en bomaanvalle op 16 Des 1961. Hierdie gebeure, plus die bewyse van sabotasieplanne wat by Rivonia gekry is van hoe ’n terreurveldtog deur onder andere Mandela teen die staat beplan is, lei tot sy inhegtenisneming.

In sy lang regsverhoor word 173 getuies en talle dokumente as bewyse teen hom gebruik. Hy word skuldig bevind aan sabotasie en pogings om die staat met geweld omver te werp. Hiervoor is hy tronk toe. Hierdie feite verskil van die baie polities korrekte skrywes van vandag wat sy tronkstraf voorstel as slegs omdat hy polities van die regering van die dag durf verskil het.

Tweedens is daar die middeljarige Mandela. Die middeljarige Mandela kan beskryf word as ’n strategiese denker wat sy tyd in die tronk spandeer om die ANC se strategie te herbeplan. Hy redeneer dat hy die Afrikaners onderskat het omdat hy nie hulle denke verstaan het nie. Daarom leer hy Afrikaans aan en luister berekend na Afrikaanse radio-debatte om Afrikanerstrategie en denke beter te verstaan ten einde die ANC se beplanning daarvolgens te kan aanpas. So reël die ANC gevangenes gereeld debatte onder mekaar oor spesifieke politieke onderwerpe ten einde hulle eie denke en argumente te verbeter.

Tydens sy verblyf in die tronk het hy drie aanbiedinge tot vrylating van die regering van die hand gewys omdat hy nie met die voorwaardes saamgestem het nie. Van hierdie voorwaardes was dat hy geweld afsweer en hom in die Transkei in die Oos-Kaap vestig.

Na sy vrylating in 1990 kry ons te doen met die derde Mandela — Mandela die wyse, innemende persoon wat op ’n nederige wyse uitreik na alle mense. Hy soek versoening en besoek mev. Verwoerd en argumenteer dat die Springbok-embleem vir rugby nie verander moet word nie. Hiermee speel hy ’n deurslaggewende rol in die vreedsame oorgang in Suid-Afrika van 1994. Die laaste ouer en wyser Mandela het ’n wêreld-ikoon geword.

Hoe beskryf ’n mens Mandela? Mandela die jong aktivis wat aan geweld glo en toe in die tronk beland? Die middeljarige Mandela wat Afrikaans leer ten einde die Afrikaner te verstaan? Of die ouer wyser Mandela wat ek by die onderhandelinge leer ken het?

  • Hoe ziet u de situatie voor de Afrikaners in het Zuid-Afrika van Ramaphosa? Meent u dat de pogingen van VF Plus en Solidariteit om die situatie naar het buitenland te brengen vruchten oplevert zeker nu Europa gefocust is op het eigen vreemdelingenproblemen?

Ramaphosa besef dat hy slegs as president kan slaag as hy die ekonomie weer aan die gang kan kry. Dit is al manier om meer belasting in te kry ten einde die staat se reuse skuld af te betaal en om stabiliteit te kry ten einde werkloosheid te verminder.

Waar staatsorganisasies soos Eskom, SAUK, Denel en die Poskantoor misluk het en op hulle knieë is, is daar die afgelope jaar skielik weer Afrikaners en Wittes in top poste by hierdie organisasies aangestel om te probeer red. Dit is positief. Ramaphosa bly egter die leier van ’n korrupte ANC wat swak dienste aan landsburgers lewer. Of een persoon dit kan verander, word betwyfel.

Wat die buiteland betref is dit belangrik dat die buiteland op hoogte met gebeure in Suid-Afrika gehou moet word. Omdat die buiteland en internasionale organisasies soos die VN nie volledig oor Rwanda en ook Zimbabwe ingelig was nie, was baie buitelanders verbaas toe wrede volksmoord in 1994 in Rwanda uitbreek en witboere met geweld in Zimbabwe van hulle plase gesit is.

Met ingeligte internasionale organisasies en regerings in die buiteland mag daar in geval van soortegelyke noodsituasies in Suid-Afrika dalk die nodige buitelandse druk en selfs sanksies op die Suid-Afrikaanse regering toegepas word. Ek bly ongelukkig skepties omdat ons uit die Anglo-boereoorlog geleer het dat die buiteland baie simpatie met jou het, dalk ’n protesnota stuur maar nie maklik inmeng as jy in die nood is nie.

  1. Is er een grote kans dat het ANC en de Economische Vrijheidsvechters van Julius Malema na de verkiezingen een coalitieregering zullen vormen? Welke gevolgen kan dat voor de blanke bevolking en de Afrikaners in het bijzonder hebben?

As die ANC en die EFF van Malema na die verkiesing ’n koalisieregering vorm sal dit baie sleg vir Suid-Afrika en vir alle wittes wees. Die ANC sal in so ’n koalisie verleë wees oor die EFF se paar stemme en die EFF sal sy beleid op Suid-Afrika afdwing. Dit behels die nasionalisering van alle grond, alle myne en die reserwebank.

Die Zuma faksie binne die ANC sal gemaklik met die EFF saamwerk en druk op Ramaphosa plaas om dit te doen. Hulle denke verskil nie veel van die EFF denke nie. Ramaphosa besef dat so ’n koalisie Suid-Afrika ekonomies sal vernietig en hy sal waarskynlik eerder met partye soos die IVP, ACDP en selfs die VF Plus probeer saamwerk. Samewerking sonder ’n vaste koalisie is ’n moontlikheid.

Waar die DA ’n meer natuurlike koalisievennoot vir die ANC is omdat die DA se beleidsrigtings steeds nader aan die ANC beweeg ten einde ANC kiesers na die DA te lok, is dit onwaarskynlik dat Ramaphosa hulle as vennote sal gebruik.

Die EFF en die Zuma faksie beskuldig Ramaphosa reeds dat hy as miljarder sakeman deel is van “wit monopolie kapitaal” (wat dit ookal mag beteken) en daarom deur hulle beheer word. ’n Koalisie met die DA sal hierdie beeld van Ramaphosa versterk omdat die DA aanvanklik uit die ou Progressiewe party ontstaan het wat grootliks die Oppenheimer en Engelse kapitaal in Suid-Afrika se belange verteenwoordig het.

Tans is daar groot gevegte binne die ANC aan die gang met die aanwys van die Nasionale en provinsiale partylyste met die oog op die verkiesing. As die Zuma-faksie slaag om hoofsaaklik hulle kandidate aan te wys, mag so ’n pro-Zuma koukus Ramaphosa dwing na ’n koalisie met die EFF. Ek glo dit is wel ’n onwaarskynlike scenario.

  1. Meent u dat de rol van Jacob Zuma geheel is uitgespeeld?

Nee, Zuma se rol is geensins uitgespeel nie. Soos die Zondo-kommissie na staatskaping meer korrupsie en vergrype uit die Zuma-era onthul, bou die druk op om Zuma krimineel te vervolg. Dit kan daartoe lei dat hy in die tronk kan eindig.

Om dit te probeer voorkom bly Zuma aktief in die ANC politiek betrokke. Tot die frustrasie van Ramaphosa woon hy steeds alle vergaderings van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) by. Die NUK is die ANC se hoogste gesagsliggaam tussen kongresse. Vorige president het seremoniële toegang tot hierdie NUK-vergaderings maar woon dit gewoonlik nie by nie.

Die Januarie 2019 vierings van die ANC se 107 de verjaarsdag is deur ongeveer 85 000 mense in Moses Mabhida stadion in Durban bygewoon. Ramaphosa was die hoofspreker. Zuma het egter ’n baie groter en meer entoesiastiese applous van die skare gekry as Ramaphosa.

Omdat Zuma ’n Zoeloe is, is die Zoeloe-stemmers in KwaZulu-Natal ook sy magsbasis wat die applous verklaar. Ramaphosa is ’n Venda van die Limpopo-provinsies. Hierdie etniese lojaliteite speel steeds ’n onsigbare maar belangrike rol in die Suid-Afrikaanse politiek. Hierdie byeenkoms is berekend deur die ANC in KwaZulu-Natal gehou omdat Ramaphosa bang is dat Zoeloestemmers van die ANC mag wegbreek of buite stemming mag bly in die verkiesing uit protes oor hoe Zuma as president uitgestoot is. Zuma het met sy teenwoordigheid en die groot applous net seker gemaak hy onderstreep die punt dat hy steeds groot ondersteuning geniet en dat Ramaphosa daarom nie so maklik teen hom sal kan optree nie.

Ramaphosa het tydens die geleentheid berekend die verhoog met Zuma gedeel en hom geprys vir sy bydrae in die verlede. Die doel was duidelik om so ’n beeld van eenheid binne die ANC te projekteer.

Die groot vraag is of Ramaphosa na die verkiesing bereid sal wees om teen Zuma op te tree as die Zondo-kommissie bevind dit is nodig.