Identiteit: Uitgesproke jong mense vs worstelende ou mense?
Dr. Pieter Mulder, Leier VF Plus
Is daar verskillende soorte Suid-Afrikaners? Volgens dr Ivor Chipkin is daar verskillende weergawes van ’n Suid-Afrikaner (By p. 6, 28 April 2007). Dr. Chipkin het sopas ’n boek hieroor die lig laat sien. Die titel van die boek is: “Do South Africans exist?” Is daar iets soos ’n Suid-Afrikaner? en is daar werklik ’n Suid-Afrikaanse nasionalisme? is van die vrae in die boek.
As jy verder ook die De la Rey-debat gevolg het, is dit duidelik hoe daar gewroeg word of jy in 2007 net ’n Suid-Afrikaner is en of jy ook ’n Afrikaner mag wees.
Akademici, politici en rubriekskrywers wil vir jong mense voorskryf wie en wat hulle behoort te wees. Dit sluit in hoe hulle op die nuwe Suid-Afrika behoort te reageer.
Maar terwyl die ouer mense worstel of hulle Suid-Afrikaners, Afrikaanses of Afrikaners is, sing jong mense spontaan De la Rey en dra T-hemde met uitgesproke Afrikaanse slagspreuke.
Vandag se jongmense laat nie vir hulle voorskryf hoe en wat hulle mag wees of nie mag wees nie.
Vir die nuwe jong geslag dra die begrip Afrikaner en Afrikaans-wees ook min bagasie van die verlede.
Van die “laer-trek” beskuldigings teen hulle, verstaan hulle niks. Van skooldae af was hulle tussen mense van alle tale en rasse. Onthou — almal jonger as 25 jaar het skool-toe begin gaan nadat mnr Mandela reeds vrygelaat is. Persone onder 31 jaar het in 1994 en daarna vir die eerste keer gestem. Wit-wees en Afrikanerwees was in hulle leeftyd hoofsaaklik die redes waarom teen hulle gediskrimineer is.
Enkele voorbeelde uit die briewe op my lessenaar:
- In die laerskool het hy van die hoogste punte vir sy Expo-projek gekry maar die beoordelaars het mooi kom verduidelik dat hulle hom nie na die landswye finaal kan stuur nie. Die swart kind, wat baie minder punte as hy gekry het, moet gaan om aan die borge se kwotas te kan voldoen.
- Op hoërskool het hy die Craven-week rugbyspan gehaal. Dit het die moontlikheid van ’n sportbeurs na Universiteit moontlik gemaak. Omdat daar 11 “agtergeblewe” lede in die span moet wees, is hy en ses ander wit outjies agtergelaat en was die sportbeurs nie meer moontlik nie.
- Sy ses onderskeidings in matriek was nie genoeg om vir medies gekeur te word nie. Nie omdat hy hoër punte moes hê nie, maar omdat die regering sekere kwota vereistes aan die mediese skole stel.
Hierdie jongmense is moeg vir diskriminasie teen hulle en wil trots wees op wat hulle is. Daarom hou hulle van die De la Rey-lied, is trotse Afrikaners en staan op aandag in die studente drinkplek as dit speel. Die feit dat hulle van die lied hou het niks met rassisme of “laer-trek” te doen nie want hulle hou ook van die laaste liedjie op Bok se CD. Dit is die een wat oor Habana die springbokvleuel gaan. Of Habana wit of bruin is, maak nie vir hulle saak nie – solank hy vir Suid-Afrika drieë druk!
Ek is oortuig ons maak met al die debatte oor identiteit ’n eenvoudige saak onnodig ingewikkeld?
Hierdie sake is nêrens in die wêreld so ingewikkeld nie. Toe ek in Noorweë vir ’n Laplander, wat verkies om as ’n Sami bekend te staan, vra hoe hy weet dat hy ’n Sami is – antwoord hy: “Jy weet dit in jou hart.”
Vra ’n bietjie in die Walliese-“pub”, nadat Wallis teen Skotland rugby gespeel het, hoe hulle weet of hulle Skotte of Walliesers is. Hulle sal net kop skud en jou snaaks aankyk. Daar is geen onduidelikheid of wroeging by die Walliesers of die Skotte oor wie hulle is nie.
Die Skotte en Wallieser het meer as een identiteit en hulle ervaar geen konflik as gevolg daarvan nie. Hulle is eerstens trotse Skotte, tweedens deel van die Engelse taalgemeenskap en derdens Britse burgers – in elkeen se eie volgorde van voorkeur. Waarom moet jong Afrikaners dan volgens ouer mense kies om of ’n Afrikaner, of deel van die Afrikaanse taalgemeenskap, of ’n Suid-Afrikaner te wees? Jong Suid-Afrikaners kan mos kies om meer as een identiteit te hê. Is dit wat dr. Chipkin met verskillende weergawes van ’n Suid-Afrikaner bedoel?
Die Afrikaanse taalgemeenskap is die groter sirkel met daarbinne kleiner sirkels wat byvoorbeeld Griekwa en Afrikanerbelange verteenwoordig.
As lid van die Afrikaanse taalgemeenskap dink ek ons het ver gevorder om wit, bruin, Griekwa en swart mense wat Afrikaans praat, nader aan mekaar te bring. Die onlangse taalberaad was ’n goeie voorbeeld hiervan.
Maar ek is ook ’n Afrikaner. Die geveg om Potchefstroom en Pretoria se name, gaan om die Afrikaner se geskiedenis en ek is outomaties ook deel daarvan.
Moenie dat ons nou weer energie op mekaar spandeer en etikette om mense se nekke hang deur te besluit hierdie identiteit is in en daardie identiteit is uit nie. In Suid-Afrika het mense meer as een identiteit en kan daar harmonie wees tussen al hierdie verskillende identiteite — sonder om te moet kies vir of die een of die ander.
827 woorde
************************
Hulle sing lustig die De la Rey-lied sonder om skuldig te voel of te filosofeer waarom hulle is wat hulle is.
. ((Lang artikels word geskryf oor hoe so ’n Afrikaner behoort te lyk.(( Meeste van hierdie artikels en argumente is na my mening net opdragte om hoe as Afrikaner polities korrek in die Suid-Afrika van 2007 te wees. ))
Waarom sing die jeug De la Rey en dra allerlei t-hemde met Paul Kruger en ander Afrikaner boodskappe op?
Mnr. De Klerk het magsdeling en die beskerming van minderhede in die nuwe grondwet aan kiesers belowe. Daarvan het niks gekom nie. Na mnr. De Klerk se onderhandelinge sit ons tans met ’n oorweldigende ANC meerderheidsregering, geen magsdeling nie en minderhede wat uitgelewer is aan die ANC meerderheid. Dit is mnr. De Klerk se erflating waarbinne mnr. Leon en ekself opposisiepolitiek moet bedryf en die jeug ’n toekoms moet uitkap. Dit terwyl mnr. De Klerk en die NP onderhandelaars uit die Parlement is en nie meer vir die politiek kans sien nie.
Almal in Suid-Afrika weet presies wie ’n Afrikaner is behalwe blykbaar die Afrikaner self.
Nadat Wallis teen Skotland rugby gespeel het, vra bietjie in die “pub” hoe hulle weet of hulle Skotte of Walliesers is. Hulle sal net kop skud en jou snaaks aankyk. Hoewel almal Britse burgers is wat Engels praat, sal daar geen onduidelikheid of wroeging by die Walliesers of die Skotte wees oor wie hulle is nie.
Nie dr Allan Boesak of mnr FW de Klerk sal vir jong Afrikaners besluit wie en wat hulle is nie.
Hulle sing lustig die De la Rey-lied sonder om skuldig te voel of te filosofeer waarom hulle Afrikaners is.
Hy glo Afrikaners moet mekaar help en saamstaan op universiteit anders is al die klasse later in Engels en verloor ons die laaste tradisies van die koshuis. As jy dit wil “laer-trek” noem, doen dit gerus. Maar dit is die regering en die owerhede wat ons in die laer in druk met hulle rassistiese maatreëls. Hulle stem maklik VF Plus op die kampus wat verklaar waarom die VF Plus al die studenteverkiesings wen maar stem nie noodwendig in die landsverkiesings nie, want hy glo nie sy stem gaan daar ’n verskil maak nie.
Ek is deel van die Afrikaanse taalgemeenskap in Suid-Afrika en ek is deel van die Afrikaner kultuurgemeenskap. Ek vind geen spanning of probleme om deel van albei hierdie groeperinge te wees nie.
Liedjie is nie oor onlange generaals soos Constand Viljoen of Janiie Geldenhuys nie, ook nie oor FW nie.
Volgens sy geskiedenishandboek en die televisie weergawes van die verlede het die Afrikaners nie helde opgelewer nie en het hulle die land net skade aangedoen.
Hoewel ek sedert 1994 talle politieke frustrasies ervaar het vanweë die swak onderhandelde gedeeltes van die grondwet, het ek nie my frustrasies op mnr FW De Klerk uitgehaal nie. In die politiek is daar ’n ongeskrewe reël dat oud-presidente hulle van die daaglikse politiek na hulle uitgetree het, weerhou. onttrek.
In mnr De Klerk se artikel… ag hy dit nodig om my en mnr Tony leon te kritiseer as swak leiers. Dit is sy oordeel wat nie gedeel word deur baie kiesers wat vir ons gestem het nie. Dit is veral aanmatigend gesien dat sy eie party, die NNP ontbind het en in die ANC opgegaan het.
Die NNP het magsdeling, beskerming van minderhede in die grondwet aan kiesers belowe. Ons sit tans met oorweldigende ANC meerderheidsregering, geen magsdeling nie en dat minderhede grootliks uitgelewer is aan die ANC meerderheid se wil. Binne hierdie moeilike reëls moet ek en mnr Leon opposisiepolitiek bedryf terwyl mnr De Klerk en die NP onderhandelaars Roelf Meyer, Leon Wessels en Dawie de Villiers die parlement verlaat het.
Drie geslagte Afrikaners en die De la Rey-lied.
Dr Pieter Mulder, VF Plus leier.
Die De la Rey-debat het weer bewys hoe moeilik dit is om die huidige Afrikaner en sy denke te verstaan. Afrikaners het totaal verskillend gereageer en was selfs bereid om mekaar daaroor te gryp – vra maar vir Niekie van Sê Wie faam.
Kan dit wees dat die verskillende tydperke waarin ons politieke denke gevorm is, ons huidige reaksies verklaar? Ek glo dit speel ’n rol. Daarom onderskei ek drie geslagte Afrikaners met drie soorte reaksies op die De la Rey lied.
1. Verwoerd en Vorster se kinders. Hulle is ouer as 55 jaar. Die FA Venter Bedoelde land-geslag. Hulle was deel van Republiekwording. Deel van die sestigerjare toe die inflasie laag, die groeikoers hoog en die toekoms veilig en uitgedink was. Elkeen het ’n plek in die son in sy eie tuisland gehad. “Ons was op pad na die bedoelde land, waarom is ons skielik terug in die geknelde land?” wonder hulle.
Ek ervaar hulle ook as die www-geslag. Die www het niks met die internet te doen nie. Meeste van hulle gebruik nie die internet nie. Vandag is hulle die ontworteldes wat vra: “what went wrong” – www?
Hulle stem moeilik DA omdat hulle deel was van die ou Prog-gevegte teen Helen Suzman. Meeste van hulle het tot onlangs nog NP gestem maar is nou sonder ’n party Baie stem nou skelm VF Plus.
Nadat leiers soos Verwoerd die toekoms uitgedink het, het hulle minder in die politiek belanggestel en hard gewerk vir die oudag en hulle kinders se opvoeding. Vertrou die leiers, hulle weet wat hulle doen, was die uitgangspunt. Toe gebeure na 1994 hulle dwing om weer in die politiek te begin belangstel, was alles anders as wat hulle geglo het dit sal wees.
Hulle hou van die De la Rey liedjie maar om heeltemal ander redes as die jeug. Hulle borg Bok van Blerk en moedig hom aan om nog sulke liedjies te skryf. Dalk is dit die begin van die Afrikaner se herlewing en ’n terugwen van dinge soos dit was. Hulle gun almal ’n plek in die son, maar dan moet dit net nie my lewensstandaard of manier van doen, verander nie.
2. PW en FW se kinders. Hulle is tussen 30 en 55 jaar oud. Die Boetman geslag. Hulle is kwaad en voel gebruik.
Daar is nooit mooi aan hulle verduidelik waarom hulle diensplig gedoen het en waarom al die opstande in die land was nie. Die ANC verduidelik tans daardie tydperk se geskiedenis aan hulle op TV en in toesprake sonder dat die ander kant gehoor word. Daarom voel hulle terugskouend dat al hulle opoffering verniet was. Dit maak hulle kwaad. Alles dui daarop dat “laer- trek” die fout was. Daarom is hulle baie versigtig vir De la Rey se liedjie. As jy daarvan hou gaan dit eerder oor die wysie as die woorde. Ons moet uitreik na die ander in die land. Ons moet nie weer die fout maak om alleen alles te wil doen nie. Pasop vir enigiets wat lyk of dit net wit of net Afrikaans is. Dit is nie billik dat daar ’n Black Lawyers Association of ’n Native-club is nie, maar ons durf nie dieselfde foute aan die wit kant maak nie. Vergeet van “ons” en “hulle” – net jammer dat al die uitreik nog nie grootskaalse aanvaarding by “hulle” verkry het nie!
Die grondwet is baie goed – dit is die manier waarop die ANC dit uitvoer wat sleg is. Van die ou Afrikaans-Engels, NP-Prog gevegte weet hulle niks. Daarom stem hulle maklik as Afrikaners DA of Patricia. Nie soseer omdat hulle die beleide verstaan of ken nie, maar dit is sterk opposisie teen die ANC sonder dat daar enige “laer-trek” of rasse vingers na jou gewys kan word.
3. Mandela en Mbeki se kinders. Hulle is jonger as 30 jaar. Die De la Rey-geslag.
Van “laer-trek” verstaan hulle niks want van skooldae af was hulle tussen mense van alle tale en rasse. Hulle wit-wees en Afrikanerwees was egter hoofsaaklik die rede waarom teen hulle gediskrimineer is.
In die laerskool het hy van die hoogste punte vir sy Expo-projek gekry maar die beoordelaars het mooi kom verduidelik dat hulle hom nie na die landswye finaal kan stuur nie omdat die swart kind, wat baie minder punte as hy gekry het, moet gaan om aan die borge se kwotas te kan voldoen. Op hoërskool het hy die Craven-week rugbyspan gehaal wat die moontlikheid van ’n sportbeurs na Universiteit moontlik gemaak het. Omdat daar 11 “agtergeblewe” lede in die span moet wees, is hy en ses ander wit outjies agtergelaat en was die sportbeurs nie meer moontlik nie. Sy ses onderskeidings in matriek was nie genoeg om vir medies gekeur te word nie. Nie omdat hy hoër punte moes hê nie, maar omdat die regering sekere kwota vereistes aan die mediese skole stel.
Volgens sy geskiedenishandboek en die televisie weergawes van die verlede het die Afrikaners nie helde opgelewer nie en het hulle die land net skade aangedoen. Hy soek na Afrikanerhelde en wil trots wees op wat hy is. Daarom hou hy baie van die De la Rey liedjie en staan op aandag in die studente drinkplek as dit speel. Dit het niks met rassisme of “laer-trek” te doen nie want hy hou ook van die laaste liedjie op Bok se CD. Dit is die een wat oor Habana die springbokvleuel gaan. Of Habana wit of bruin is, maak nie vir hom saak nie – solank hy drieë druk!
Hy glo Afrikaners moet mekaar help en saamstaan op universiteit anders is al die klasse later in Engels en verloor ons die laaste tradisies van die koshuis. As jy dit wil “laer-trek” noem, doen dit gerus. Maar dit is die regering en die owerhede wat ons in die laer in druk met hulle rassistiese maatreëls. Hulle stem maklik VF Plus op die kampus wat verklaar waarom die VF Plus al die studenteverkiesings wen maar stem nie noodwendig in die landsverkiesings nie, want hy glo nie sy stem gaan daar ’n verskil maak nie.
Natuurlik is bogenoemde ’n oorvereenvoudiging en sal talle Afrikaners nie in een spesifieke groep val nie. Tog glo ek dat dit kan help om die huidige Afrikaner denke en debat beter te verstaan.
1035 woorde 5 Februarie 2007
Ek is deel van die Afrikaanse taalgemeenskap in Suid-Afrika en ek is deel van die Afrikaner kultuurgemeenskap. Ek vind geen spanning of probleme om deel van albei hierdie groeperinge te wees nie.
Die Afrikaanse taalgemeenskap sien ek as die groter sirkel met daarbinne kleiner sirkels wat byvoorbeeld Griekwa en Afrikanerbelange verteenwoordig. Moenie dat ons nou weer energie op mekaar spandeer en etikette om mense se nekke hang deur te besluit hierdie identiteit is in en daardie identiteit is uit nie. In Suid-Afrika het mense meer as een identiteit en kan daar harmonie wees tussen al hierdie verskillende identiteite — sonder dat elkeen nou kunsmatig geforseer moet word om te moet kies vir of die een of die ander identiteit.
As lid van die Afrikaanse taalgemeenskap dink ek ons het ver gevorder om wit, bruin, Griekwa en swart mense wat Afrikaans praat, nader aan mekaar te bring. Die onlangse taalberaad was ’n goeie voorbeeld hiervan. Saam met al hierdie Afrikaanssprekendes is ek deel van die beweging om die Afrikaanse taal langs al die ander tale in Suid-Afrika te help vestig.
Die geveg om Potchefstroom en Pretoria se name, gaan om die Afrikaner se geskiedenis en kultuur. Ek is entoesiasties ook daarvan deel as Afrikaner.
MONITOR ONDERHOUD MET DR. ALAN BOESAK 13 MAART 2007
Dr Alan Boesak is verkeerd as hy alle Afrikaanssprekendes en Afrikaners wil forseer om ’n keuse te maak. Volgens die Monitor onderhoud met hom (13 Maart 2007) moet elkeen van ons kies. Daarvolgens kan jy nie deel wees van die Afrikaanse taalgemeenskap en die Afrikanerkultuurgroep nie. As jy die taalgemeenskap kies, is jy “cool”, modern en nie rassisties nie. As jy Afrikaner kies is jy onmiddellik polities onkorrek, terug in die laer en kies jy teen ander Suid-Afrikaners en vir De la Rey.
Ek is deel van die Afrikaanse taalgemeenskap in Suid-Afrika en deel van die Afrikaner en vind geen spanning of probleme om deel van albei hierdie groeperinge te wees nie. As lid van die Afrikaanse taalgemeenskap dink ek ons het ver gevorder om wit, bruin, Griekwa en swart mense wat Afrikaans praat nader aan mekaar te bring. Die onlangse taalberaad was ’n goeie voorbeeld hiervan. Saam met al hierdie Afrikaanssprekendes is ek deel van die “geveg” om Afrikaans en al die ander tale in Suid-Afrika te help vestig.
Die Griekwas, as Afrikaansprekendes is ook deel van hierdie Afrikaanse taalgemeenskap. Hulle is egter besig met ’n verdere geveg om Griekwa identiteit en grond en ander regte wat hulle ontneem is. Mag hulle dit doen? Sekerlik ja, sonder dat ek hulle nou gaan forseer om hulle lidmaatskap van die Afrikaanse taalgemeenskap, die groter sirkel, op te sê. Dr Boesak weet tog ook van sy broer dr Willa Boezak (hy verkies die Z in sy van) se rol as kapelaan van die nasionale Raad van Khoi-stamhoofde van Suid-Afrika. Moet dr Willa nou ook kies – of lid van die Afrikaanse taalgemeenskap of lid van die Khoi? — of kan hy albei identiteite hê? Laat elkeen vir homself/haarself besluit met watter identiteite jy wil assosieer met die besliste moontlikheid dat dit in die toekoms steeds kan verander.
Maar dieselfde geld die Afrikaner. Die geveg om Potchefstroom en Pretoria se naam, gaan om die Afrikaner se geskiedenis en emosies. Ek is entoesiasties ook daarvan deel as Afrikaner en kan nie insien waarom dit, volgens dr Boesak, my diskwalifiseer om ook deel van die Afrikaanse taalgemeenskap se gevegte te wees nie. Die Afrikaanse taalgemeenskap sien ek as die groter sirkel met daarbinne kleiner sirkels wat byvoorbeeld Griekwa en Afrikanerbelange verteenwoordig. Moenie dat ons nou weer energie op mekaar spandeer deur etikette om mense se nek te hang en te besluit wie is in en wie is uit nie. Daar is ruimte en harmonie tussen al hierdie identiteite in Suid-Afrika sonder dat elkeen nou geforseer moet word om te moet kies sodat jy as polities korrek geklassifiseer mag word.