Anders gestel: Watter berg moet ek uitklim om op die hoogste punt op die aarde te staan? (Kry die vt afstande ook en skryf dit by vir ouer mense)

Jy moet na Hawaii gaan om berg Mau te klim. Dit is die hoogste berg op Aarde. Berg Mau is 10 205 meter hoog teenoor Mount Everest se 8 848 meter.

Waarom wil almal dan nie berg Mau in Hawaii eerder as Mount Everest in Tibet? klim nie? Omdat berg Mau wel 10 205 meter van sy voet tot by sy hoogste punt is, maar net 4 205 meter daarvan steek bo die see se oppervlakte uit.  Die res is onder die water! Die antwoord is tegnies korrek. Tog is dit misleidend.

Deur die vraag meer wetenskaplik te bewoord, behoort ons kamstige slim antwoorde soos die een hierbo te kan voorkom.

Nuwe vraag: Watter berg moet ek uitklim om op die verste punt van die Aarde se middelpunt af, te staan? Dit klink wetenskaplik genoeg om die antwoord vir die hoogste berg op aarde te kry.

Die regte antwoord is: Berg Chimborazo in Puerto Rico, Suid-Amerika. Hierdie berg se hoogste punt is 2 150 meter verder van die aarde se middelpunt af, as wat Mount Everest se hoogste punt is. Chimborazo is egter net 6 267 meter hoog. Die berg Chimborazo se hoogste punt is verder van die middelpunt van die aarde af omdat die aarde nie koeëlrond is nie. Die aarde is effens afgeplat op sy pole. Chimborazo lê naby die ewenaar. Die aarde se omtrek by die ewenaar is 400.. km terwyl dit net 400.. km by die pole is. Die verskil is 7.. km. Berg Chimborazo lê waar die Aarde uitbult en is net 158 km van die ewenaar af.  Mount Everest lê baie verder Noord waar die Aarde reeds begin afplat.

Hoekom klim mense dan nog Mount Everest? Omdat dit steeds die hoogste berg bo seevlak is. Mount Everest se punt is die hoogste punt waarheen ‘n mens kan klim bo seevlak. Dit is dus die berg op die aarde met die dunste atmosfeer op sy hoogste punt.

Alles relatief, kan met reg opgemerk word. Maar relatief is ook belangrik. Hoe lui die grappie? “Net drie hare op jou kop, is relatief min. Drie van die kok se hare in jou sop, is relatief baie!