TOESPRAAK IN DIE PARLEMENT DEUR DR. PIETER MULDER, VOORSITTER VRYHEIDSFRONT.

12 Maart 1998.

In his opening address the President promised (p11) “the intensification of the efforts regarding multi-lingualism in government work” We welcomed and applauded this in our reaction to his address. But the proposed language policy for Parliament makes a joke of this. Sir the ANC plays with fire on these issues. Summarized the proposed language policy is: English maintains its position, the nine other languages gain little in status and the only language that looses out, is Afrikaans.

Nege tale word bietjie opgehef, een taal Engels behou sy posisie en een taal Afrikaans word afgeskaal. Dit is ‘n belediging vir Afrikaans en die ander amptelike tale en

onmiskenbaar die eerste stap na Engels as enigste taal.

By downgrading Afrikaans it sends a clear message to all the other languages that there is no intention to let any of these languages ever develop and be upgraded to the same level as English in Parliament. On the same level as Afrikaans they are doomed to be in an inferior position for ever.

If the proposed new policy was that a Nguni and a Sotho language, as a first step, would be added to English and Afrikaans in Parliament with the same status, it would have been a step in the right direction.

The question is: Do we really believe and see South Africa as a Multilanguage country or do we pay lip service to this ideal while secretly we are moving to English as the only language.

Why – if I insist to speak English – it is normal and acceptable?

Why – if I insist to speak Afrikaans or IsiZulu in Parliament, or in a committee or on TV – it becomes political?

The international position of English made it possible for a number of popular misconceptions to take root about English in South Africa. These relate to the belief that most South Africans understand English, or that English is widely used as lingua franca. Research showed that only 34 to 40 percent South Africans have sufficient English language skills to make sense of news broadcasts and political debates in English. I quote from an article by Kathleen Heugh, Language Researcher at University of Cape Town.

Because discourse in this Parliament does largely take place in English, this creates an impression that English is a viable language for widespread communication. At least 60 to

65% of the population cannot understand this discourse in English.

Die situasie is so ernstig dat PANSAT verlede jaar (30/5/97) ‘n brief aan die president hieroor gestuur het. Ek haal aan. “The majority of people in this country do not speak, understand or function in English. We are concerned about the move towards monolingualism manifested at all levels of our government…”

Prof Charles Dlamini, rector of Zululand University wrote an article the previous Sunday in the Sunday Times (8/3/98 p19) on language and education:

“We have either to seriously consider the issue of mother-tongue instruction for black learners or else do something radical to influence the teaching of English… there is scientific evidence that mother-tongue instruction is recommended. A problem with introducing this is that, in the black community, speaking English is synonymous with being educated. To speak a black language is synonymous with being uneducated.”

This was exactly the position of Afrikaans in the beginning of this century. Speaking Afrikaans was synonymous with being uneducated. Afrikaans is a kitchen language and can never be an academic or university language, was said in those days. In schools students that spoke Afrikaans were punished and forced to wear a card around their neck or a donkey hat. The FF says: You can not claim to be free, if your language and culture is not free.

Waarom kan swart studente nie binne enkele jare hulle volledige matriekeksamen in IsiZulu of Sesotho skryf nie? Ek sal enigeen in hierdie huis ‘n weddenskap aangaan dat daardie uitslae baie beter sal wees as die uitslae van vanjaar waar die meerderheid studente eksamen geskryf het in hulle tweede of derde taal.

Waarom kan IsiXhosa of Setswana nie ‘n universiteitstaal word waarin atome gesplit en rekenaars gebou word nie? Ons het dit met Afrikaans reggekry. Swart mense sal net werklik vry wees as hulle ook kultureel vry is deurdat hulle tale gelyke status met Engels sal hˆ. Hierdie Parlement moet die voorbeeld stel deur hierdie tale te verhef tot gelyke status met Engels. Nou word hierdie tale saam met Afrikaans in ‘n minderwaardige posisie van een maand uit twaalf in forseer.

Daar word gesê  dat die sg swart tale sulke ou tale is dat hulle nie die vermoë het om moderne begrippe soos atome, satelliete en rekenaars in te verduidelik nie. Daarom eerder Engels. Hebreeus was vir 2000 jaar ‘n dooie taal. ‘n Taal wat nie rekenaars en atome geken het nie. Die Israelies het Hebreeus na 2000 jaar lewendig gemaak en hulle split vandag atome in Hebreeus en bou rekenaars in Hebreeus. IsiZulu en Sesotho kan dit ook doen.

Daarom vra ons in die eerste punt van ons mosie dat stappe geneem word om die gelyke gebruik en status van al die amptelike tale in die Huise te verseker.

Die vraag is nou – om watter rede moet ‘n taal soos Afrikaans sy posisie in die Parlement verloor, terwyl die proses vir die verbetering van die posisie van die ander tale aan die gang is?

Afrikaans is die taal van die onderdrukker, is een argument. Daarom straf ons Afrikaans. Mev die Speaker, as dit die argument is moet Engels en Duits deur almal gestraf en verafsku word. Gaan kyk na die wreedhede van die slawehandel uit Afrika na Europa en Amerika. Dit is in Engels gedoen. Gaan kyk na die wreedhede van die koloniale oorheersing – dit is hoofsaaklik in Engels gedoen. Maar u wil almal net Engels praat. Na my ouma Mulder, wat goed Engels kon praat, in die Anglo-Boere-oorlog in die Britse konsentrasiekampe aangehou is, waar haar geliefdes dood is, het sy geweier om ooit weer

Engels te praat.

Gaan kyk na die Nazi konsentrasiekampe – dit is in Duits gedoen. Word Duits as taal vandag gestraf? Nee. President Herzog van Duitsland was gesteld daarop om Duits in hierdie Raad te praat toe hy ons toegespreek het — terwyl hy goed kan Engels praat?

As u dan Afrikaansprekende wil straf, moet u onthou dat daar net soveel bruin en swart Afrikaanssprekendes as wit Afrikaanssprekendes in SA is.

‘n Ander argument waarom Afrikaans sy status verloor is omdat daar beweer word dat dit deur so min mense gepraat word. Dit is egter ‘n valse propaganda persepsie. (Naas IsiZulu en IsiXhosa is Afrikaans die derde grootste huistaal in Suid-Afrika. Met 16 % van die bevolking wat Afrikaans as huistaal het, is dit die derde grootste huistaal in die land na IsiZulu wat eerste is met 21% en dan IsiXhosa wat tweede is met 18%.) Engels is maar die sesde grootste huistaal in SA.

In drie van die provinsies (dit is een-derde van die provinsies) is Afrikaans die nommer een taal wat deur die meeste mense in die provinsie gepraat word. Dit is Gauteng, die Wes-Kaap en die Noord Kaap. In die Vrystaat, Noordwes en die Oos-Kaap is Afrikaans die taal wat deur die tweede meeste mense gepraat word. In twee derdes van Suid-Afrika se provinsies is Afrikaans dus nommer een of twee. Van die elf amptelike tale in SA is Afrikaans in die oorblywende drie provinsies in nie een laer as vierde nie. Daarom het RGN navorsing aangetoon dat 44% van SA se bevolking ‘n praatkennis van Afrikaans het terwyl slegs 40% ‘n praatkennis van Engels het. Maar hierdie Parlement stel voor dat Afrikaans sy huidige posisie moet inboet ten koste van Engels.

Ek het reeds aangetoon dat meer as 60% van alle Suid-Afrikaners nie ‘n nuusbulletin of ‘n politieke gesprek soos hierdie in die Parlement in Engels kan volg nie.

As geargumenteer word dat Engels ‘n internasionale taal is, kan bygevoeg word dat Afrikaans die enigste ander Suid-Afrikaanse taal is wat in die buiteland verstaan word. Meer as 38 miljoen mense in Nederland, België, Suriname, Indonesië en die Antille kan Afrikaans verstaan. Dit kan ongelukkig nie vir enige van die ander Suid-Afrikaanse tale gesê word nie. Tog verloor Afrikaans sy status in hierdie Parlement.  

Mevrou die Speaker, as u my taal minag, beledig u my en minag u my. Verstaan die ANC lede dit nie? Juis ANC-lede en sprekers van swart tale in SA het dit honderd keer aan ons in debatte gestel as hulle oor hulle eie tale gepraat het.

In ‘n meningsopname verlede jaar het 88% Afrikaanssprekendes aangedui dat hulle meen dat Afrikaans in amptelike regeringsbeleid benadeel word.

Ons het met pres Mandela saamgestem toe hy in hierdie Parlement (Hansard 22 Augustus 1994) gesê het:

“I am confident that we are also agreed that pursuing equality does not necessarily have to entail downgrading of any of the languages in so far as such a language is not being imposed on anyone, be it here in Parliament, in the media, in education, at work and other areas. The challenge is how to raise the other languages to the level they deserve.”

Daarom ons voorstel in punt drie van die mosie dat ‘n amptelike taal niks ten opsigte van status mag verloor terwyl die proses vir die verbetering van die posisie van die ander

amptelike tale aan die gang is nie.

As u ernstig is met veeltaligheid in die regering en ook in hierdie parlement dan is die vraag: Wanneer kry ons vertaalgeriewe in die komiteekamers sodat elkeen sy eie taal

daar kan praat? Dit is ‘n stap in die regte rigting, na werklike veeltaligheid en respek vir alle tale.

Waarom begin ons nie deur as eerste stap naas Afrikaans en Engels nog twee tale hier in die Parlement gelyke status op alle vlakke te gee nie? Het u geweet 98% van alle Suid-

Afrikaners verstaan Afrikaans of Engels of ‘n Ngunitaal of ‘n Sothotaal?

As finansies ‘n probleem is, waarom word die Europese Unie of België en Nederland nie gevra om te help met so ‘n projek nie. België help reeds drie jaar lank ten einde dit vir die Vrystaat se wetgewer moontlik te maak om ‘n gelyke vertaaldiens vir Sesotho, Afrikaans en Engels te verskaf.

Daarom ons tweede punt in die mosie wat stel dat verskillende maniere ondersoek word om te verseker dat voldoende finansiële hulpbronne beskikbaar is om die tale wat nog nie gelyke status het nie, se posisie so gou as moontlik te verbeter.

Prof Neville Alexander, onder-voorsitter van Pansat het onlangs gewaarsku: Mense en die regering verstaan nie hoe gevaarlik taal kan word as dit verkeerd hanteer word nie. Die Regering behoort taalkwessies ‘n prioriteitsaak te maak”.

Maar u moet nie Afrikaner-vriendelikheid verwar met swakheid nie. U moet nie Afrikaner bereidheid om saam te werk verwar met afstand doen van beginsels en ideale nie.

Die probleem is dat dit wat die president sê, en dit wat Afrikaners in die praktyk ervaar, verskil.

Nou probeer sommige mense ons oortuig dat Afrikaans se posisie nie daagliks verswak nie. Kom ek gee u maar net enkele voorbeelde:

* Die Instituut van Munisipale Tesouriers se naam is voortaan net Engels en hulle voertaal net Engels.

* Die Registrateur van Pensioenfondse sê dat sy omsendskrywes voortaan net in Engels sal wees.

* Die Landbank sal voortaan net Engels as bedryfstaal hê.

* Die Suid-Afrikaanse Lugdiens gebruik net Engels as taal op sy vliegtuie (Ook na Kimberley en Upington waar 70% van die mense Afrikaanssprekend is!)

* SAL se tydskrif SAWUBONA verskyn net in Engels.

* Die Nasionale Parkeraad se naam en voertaal is voortaan net Engels.

* Afrikaans word afgeskaal by die Universiteit van Natal en die Universiteit van Kaapstad.

* Ek praat nie eers oor hoe Afrikaans die enigste taal is wat totaal afgeskaal is by die SAUK nie.

* 66% van die mense in die Wes-Kaap is Afrikaanssprekend. Van die drie universiteite wat hierdie mense moet bedien is net Stellenbosch Afrikaans. Universiteit van Kaapstad is net Engels en die Universiteit van die Wes-Kaap basies ook.  Maar prof Bengu gaan na Stellenbosch en sê dat hulle, hulle taalbeleid moet verander. Asof Ikeys vir my kinders in

Afrikaans sal klasse aanbied!

 * 70% van die inwoners van die Noord-Kaap is Afrikaanssprekend, 19% is Tswana sprekend en 3% is Engelssprekend. Die ANC regering in die Noord Kaap het besluit om die nommerplate daar te verander. Die afkorting in Afrikaans vir Noord-Kaap is, NK. Dit stel 70% van die mense tevrede. Die afkorting in Tswana vir Noord Kaap is ook NK. Dit is ‘n verdere 19% van die bevolking. Tog besluit die Noord Kaap-regering om die afkorting NC te gebruik wat die afkorting is wat die 3% Engelssprekendes van daardie provinsie tevrede sal stel. Hoe klop dit met die belofte van “the intensification of the efforts regarding multi-lingualism in government work”

Hoe verduidelik ek hierdie goed aan my kiesers sonder om ’n wit bul swart bul toespraak te hou?

Ek het vanaand ’n openbare vergadering in die Wes-Kaap, die ANC lede is welkom om dit by te woon. Ek sal vanaand en van elke openbare geleentheid hierna gebruik maak om aan die Afrikaanssprekendes van hierdie land te vertel dat Afrikaans deur hierdie regering geminag word.

As ‘n mens ‘n toespraak soos hierdie hou, dan is die teenargument gewoonlik dat Afrikaners die ou orde wil herstel en steeds vasklou aan die voorregte van die verlede. Natuurlik is daar mense wat die ou orde wil herstel en wat wil vas hou aan voorregte van die verlede. Maar u sal nie die Vryheidsfront daar kry nie. Ons besef dat die ou orde vir

altyd verby is. As u sê ek veg vir die voorregte van die verlede wanneer ek veg vir Afrikaans en vir Afrikanerselfbeskikking, dan verstaan u nie die probleme van

Suid-Afrika en van enige multikulturele samelewing nie. Gaan sê vir die Palestyne dat hulle veg vir die voorregte van die verlede, gaan sê vir die Franssprekendes in Kanada dat hulle veg vir die voorregte van die verlede, gaan sê dit vir die mense van Oos Timor, vir die Tamils of die Koerde in Irak en Turkye. Die Koerde het stemreg en verteenwoordiging in die Turkse Parlement maar dit is nie goed genoeg nie, hulle soek ‘n eie Koerdistan.  

Pres. Mandela verstaan dit want hy ondersteun al hierdie mense in hulle pogings om selfbeskikking. Dan sal hy ook die Afrikaner se behoeftes verstaan.

What is the ANC’s position with regards to this issue?

The one approach states that the only way to reconciliation and national unity is by ignoring ethnic, language and cultural diversity. The radical exponents of this approach are willing to force uniformity and English on everyone or at least on the youth to ensure a one language nation in the future. This is the Brazilian solution where the colonial language Portuguese is used to destroy all other languages and cultures. This solution, forced onto SA, will cause permanent conflict.

The other approach is to recognise the language and ethnic diversity of South Africa and to give everyone the right to be himself. This is the Belgian, the Swiss and Ethiopian solution where ethnicity and diversity are used as building blocks for the solution. This will make people loyal and effects reconciliation.

Ek herhaal: U moet nie Afrikaner-vriendelikheid verwar met swakheid nie. U moet nie Afrikaner bereidheid om saam te werk verwar met afstand doen van beginsels en ideale nie. Een boom wat omval maak meer geraas as die miljoene bome wat in stilte groei. Ek stem daarmee saam. Die VF en die Afrikaner wil een van die bome wees wat groei met selfbeskikking as deel van die oplossing. As dit nie vir die ANC aanvaarbaar is nie, moet hulle weet dat een klein boomkewertjie, in stilte, ‘n hele bos bome kan vernietig. Wil ons dit hê?