Zuma se Rubicon
Dr. Pieter Mulder, voormalige parlementslid.
Junie 2018.
Oud-president Zuma se optrede die laaste tyd het gemaak dat hy die laaste bietjie simpatie wat daar in die Ramaphosa leierskringe van die ANC vir hom oor was, verloor het.
Zuma het hierdie ANC grens of Rubicon nou finaal oorgesteek.
In die lig van die korrupsiehofsake teen Zuma, het hy twee opsies gehad.
As voormalige president was die verstandige opsie om Ramaphosa as nuutverkose president te aanvaar. Dit beteken dat hy as ’n gedissiplineerde ANC-lid nie kritiek teen die Ramaphosa-faksie uitspreek nie en ook nie by die ANC se interne gevegte, veral nie in KwaZulu-Natal (KZN), betrokke raak nie. Omdat KZN Zuma se tuisprovinsie is, is van hom verwag om ’n kalmerende invloed terwille van ANC eenheid daar uit te oefen.
Uit gesaghebbende ANC-bronne is aan my verduidelik dat as Zuma hierdie opsie kies, die hoogste ANC leierskringe ’n beskermende hand na hom sou uitsteek. Volgens hulle sou Ramaphosa as president aan Zuma amnestie gee na ’n skuldigbevinding. Daardeur sal hy voorkom dat Zuma as oud-president op ’n hoë ouderdom tronk toe gaan.
Hierdie opsie het nou verval soos dit duidelik word dat Zuma nie die eerste opsie gekies het nie. Hy glo hy is onskuldig en het besluit om terug te veg – die tweede opsie.
Zuma gaan sy steun in KZN gebruik om Ramaphosa te probeer dwing om sy probleme nou te laat weggaan. Die onderliggende boodskap is dat as julle my nie beskerm nie, julle my in die arms van die ANC-gegriefdes dryf. Die dreigement is verder dat Zuma dan inligting oor ander ANC-leiers se korrupsie sal bekend maak en ’n nuwe politieke party kan stig. So ’n party mag Ramaphosa en die ANC se steun tydens die komende verkiesing onder 50% indruk. Na die verkiesing sal so ’n party dan Zuma se kwytskelding beding in ruil vir hulle steun in ’n koalisie.
Wat het finaal alle ANC leierssimpatie vir Zuma vernietig?
Die faksiegevegte binne die ANC in KZN het gemaak dat die party nie ’n wettige provinsiale kongres kon hou om nuwe leiers vir die provinsie te kies nie. Die afgelope paar maande het Ramaphosa hierdie probleme probeer oplos. Hy het met die provinsie se 11 streke se voorsitters vergader. Hy het ook gesprekke gehad met die provinsiale leiers aan albei kante. Ramaphosa se argument was dat by die ANC konferensie in Desember, waar hy verkies is, die afgevaardigdes op ’n kompromie besluit het. Hulle het lede van albei ANC faksies in die top poste verkies om so eenheid voor die verkiesing te verseker. Sy voorstel was dat die ANC in KZN dit as ’n riglyn moet gebruik om ’n soortgelyke kompromie en eenheid te verkry.
Ramaphosa se gesprekke in KZN het gelei tot ’n ooreenkoms dat Sihle Zikalala, as Zuma ondersteuner, voorsitter sou wees. Mike Mabuyakhulu, as Ramaphosa ondersteuner, sal ondervoorsitter word. Die res van die vyf topposte sou tussen die twee groepe verdeel word.
Na al Ramaphosa se harde werk agter die skerms is hierdie ooreenkoms op die laaste gekelder. Alles dui daarop dat Zuma dit help kelder het. Hy is nie ten gunste van ’n kompromie tussen die faksies nie. Dit verswak hom. Zuma verkies dat sy ondersteuners al die poste vul.
Gwede Mantashe as ANC voorsitter was by verskeie provinsies ’n suksesvolle fasiliteerder tussen ANC-faksies. Verswarende omstandighede teen Zuma was toe Gwede Mantashe onlangs deur Zuma afgevaardigdes doodgeskreeu is toe hy ’n provinsiale konferensie in KZN wou toespreek. Persoonlik het hy nou die onverbiddelikheid van Zuma en sy ondersteuners ervaar. Hy gaan voortaan sekerlik sy posisie as voorsitter gebruik om die Zuma elemente uit te sny eerder as om te probeer versoen.
Die uitsnyproses gaan versigtig en oor tyd gedoen word. Al wat die Zuma-lojaliste tans red is die naderende nasionale verkiesing. ’n Slim strategie sal wees om nie die verskille onmiddellik op die spits te dryf nie. Vertraag die twis tot na die verkiesing. Die onrus in KZN maak ’n vroeë verkiesing ’n sterker moontlikheid. Dit sal kiesers dwing om te stem voordat die ANC-gegriefdes ’n nuwe party op die been sou kon bring.
Al wat ’n gegriefde ANC leier was, was tydens Zuma se mees onlangse hofverskyning teenwoordig. Dit sluit die korruptes, die misluktes en die afgedanktes in. Wat hierdie leiers gevaarlik maak, is dat hulle besef dat daar vir hulle geen verdere toekoms in die huidige Ramaphosa-ANC is nie. Hulle toekoms lê daarin om van Ramaphosa ontslae te raak en so die ANC “terug te wen” of om ’n nuwe party te stig. Hulle glo om hierin suksesvol te wees hulle Zuma nodig het.
Op die verhoog saam met Zuma na sy hofverskyning was oud-minister Des van Rooyen. Hy hou steeds die wêreldrekord as minister van Finansies wat die kortste tyd ooit in die pos gedien het. Ook op die verhoog was Hlaudi Motsoeneng, die omstrede vorige SAUK baas wat tans miljoene moet opdok na al sy hofverskynings. Supra Mahumapela, die Noordwespremier wat sopas die trekpas gekry het, het entoesiasties gepraat oor Zuma se goeie eienskappe. Sit daarby Faith Muthambi, Andile Lungisa en Black First Land First se leier Andile Mngxitama. Dit wil gedoen wees om soos Mngxitama weens jou radikalisme uit die EFF geskors te word! In die agtergrond het Carl Niehaus lomp en ongemaklik in sy kamoefleeruniform probeer saam dans. Niehaus, wat reeds op verskeie leuens uitgevang is, het verkeerdelik voorspel dat Dlamini-Zuma die nuwe president van Suid-Afrika gaan word. Met mev. Zuma as president het hy geglo dat ’n nuwe politiek loopbaan wink waarmee hy sy finansiële probleme kan oplos.
Waarom gaan hierdie plan nie slaag nie?
Omdat Zuma en die gegriefde leiers teenwoordig die paar betogers by sy hofsaak met ’n sterk politieke magsbasis verwar. “Do not confuse a fan club with a political power base,” is ’n ou politieke waarheid. Op sy beste sal hierdie gegriefdes ’n lastigheidswaarde tydens die verkiesing hê.
Ramaphosa het hulle reeds voorgespring deur die Zoeloe koning te besoek en die erkende Zuma-leiers in KZN in sy nuwe kabinet aan te stel. Dit verklaar mev. Zuma se aanstelling asook die van Zweli Mkhize, Malusi Gigaba en Bathabele Dlamini.
’n Ander politieke waarheid, wat Zuma na die verkiesing gaan ontdek, is dat jy nie trap op ’n politieke kollega wat lê nie — mits hy stil lê. Zuma lê nie stil nie.
Daarom moet hy na die verkiesing geen genade of simpatie van die ANC leiers verwag as hulle die verkiesing sou wen nie. (1062 woorde)
&&&&&&&
. Om Zuma vandag egter van vervolging te red, moet Ramaphosa by die regsprosesse inmeng. Dit kan hy nie doen nie.
. Die ANC provinsiale leiersverkiesingskonferensie is deur ’n hofinterdik gekeer
Wat Zuma gaan ontdek is dat die steun wat hy het, nie werklik groot is nie en geen werklike impak gaan maak nie. Die mislukte leiers wat hom steun is ook nie in staat om die massas te mobiliseer nie. Op sy beste mag hulle ’n lastigheidswaarde hê maar die berg gaan ’n molshoop voortbring.
Zuma maak die fout om ’n klein klompie bewonderaars en gegriefde leiers as ’n sterk politieke magsbasis te sien.
Ou Politieke wrede waarheid. Jy trap nie op ’n politieke opponent wat lê nie, maar dan moet hy stil lê.
en inkomste gaan kry.
Tydens Zuma se hofverskyning verlede week het ’n paar duisend mense ter ondersteuning van hom opgedaag. Die skare was aanmerklik kleiner as die vorige keer. Zuma maak die fout om ’n klein klompie fanatiese bewonderaars as ’n sterk politieke magsbasis te sien.
Hy is ook tydens die hofsaak bygestaan deur ’n versameling gegriefde, korrupte en mislukte leiers.
Wat gaan verder gebeur?
Die tafel is gedek dat al die honde op Zuma losgelaat gaan word. Daar is ’n ou politieke waarheid dat jy nie op ’n opponent wat lê moet trap nie – mits hy stil lê. Zuma kan geen verdere simpatie van die huidige ANC leierskap verwag nie. Inteendeel hulle sal alles in hulle vermoë doen om hom en sy ondersteuners uit te werk en te neutaliseer. So is dit ook die einde van Supra se politiekeloopbaan. Dit mag takties slim wees om met die oog op die verkiesing ditnie alles dadelik te doen nie, maar ek kan nie sien hoe iemand nog bereid gaan wees om Zuma uit die tronk te hou nie.
Ou Politieke wrede waarheid. Jy trap nie op ’n politieke opponent wat lê nie, maar dan moet hy stil lê.
, wat pro-Zuma is het Gwede Mantashe ANC nasionale
in Noordwes as premier, Zihle Zikalala, leier van die Zuma faksie in KZN, Faith.. Carl Niehaus, woordvoereer van die MK militêre veterane vereniging MKVa, Faith Muthambi, Andile Lungisa
So ’n eenheid sal ’n wegbreek party in KZN keer is Ramaphiosa se verskuolde agende. Is waarskynlik sy doel. Om dit te voorkom.
Hy glo hy kan sy hof- en ander probleme ontsnap
deur aan hom amnestie te gee. Dit verval nou.
in van die hoogste ANC kringe
het. en oud-premier Supra Maphumulo het hierdie week hulle ANC Rubicon oorgesteek. Hulle optrede hierdie week het gemaak dat die laaste bietjie simpatie wat daar in die ANC vir hulle was, verdwyn het.
Al die goggas was by Zuma se hofsaak. ’n Politikus moet altyd op pas dat hy nie ’n bewonderaarsklub met ’n politieke magsbasis verwar nie.
Supra Maphumulo het toespraak gehou na Zuma se hofverskyning. uitvoerende komi
Moses Mabhida-streek het met hofsaak die provinsiale kongres om provinsiale leiers te kies uitgestel Hof hoor interdik aan op 7 Julie.
By hofsaak: Zuma se hy weet dinge van die mense wat my uitlok. Ek is nou moeg daarvoor om aangenaam te wees.
Kebby Maphatsoe steeds adjunk-min van verdediging. Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula het die gedelegeerde magte wat sy aan hom gedelegeer het oor militêre vetereane weggeneem. Vlerke gekni.
Hy nie bereid vir kompromie, maar dat die pro=Zuma groep oorneemen al die poste vul.
Opvolgstrategie is deel van goeie leierskap. Wil ek goed lyk deur swak opvolger te
I have zero desire, just
so you know, to be in the limelight. I don’t think it’s good for the country to
have a former president criticize his successor. You’re not going to see me
giving my opinions in the public arena, until I start selling my book. I’m
going to emerge then submerge. George W. Bush
Read more at: https://www.brainyquote.com/quotes/george_w_bush_413014?src=t_successor
I just didn’t want to
get out there anymore; I didn’t want to get back into what I call ‘the swamp.’
And the other reason why is I don’t think it’s good for the presidency for a
former president to be opining about his successor. President Obama’s got
plenty of critics – and I’m just not gonna be one. George W. Bush
Read more at:
https://www.brainyquote.com/quotes/george_w_bush_413439?src=t_successor
Des van Rooyen, minister wat die kortste tydperk in die wêreld minister van Finansies was, die naweek-lange minister v finansies,in wereldHlaudi Motsoeneng, omstrede vorige SAUK baas; Supra Mahumapela, trekpas gekry in Noordwes as premier, Zihle Zikalala, leier van die Zuma faksie in KZN, Faith.. Carl Niehaus, woordvoereer van die MK militêre veterane vereniging MKVa, Faith Muthambi, Andile Lungisa
uMshini Wam Bring my masjiengeweer
Dankie dat julle gekom het om die Zoeloe-boy te kom ondersteun.
Vorige hofsake T-hemde met Zuma se gesig en bewoording “100% Zulu boy”
01587 Ek is daarvan oortuig dat die beste diens wat ‘n afgetrede generaal kan lewer, is om sy tong saam met sy uitrusting terug te gee en sy menings weg te bêre.
BRADLEY OMAR
All that is necessary for evil to truimph is that good men do nothing.________________________________________________________________________________________________________
Oorwinning het baie vaders, maar nederlaag is ‘n weeskind.____________________________________________________________________________________________________________________________ SAVIMBI JONAS DR UNITA-LEIER
410 Reuse storm steek op. Baie sterk wind. Reuse akkerboom langs rivier staan trots en uitdagend teen wind. Sal nie buig, riete langs rivier gaan lê plat. Volgende dag is storm verby. Riete staan regop en akkerboom lê wortels in die lug onderstebo._______________________________________________________________________________________________________________________________________________
Wysheid is veronderstel om te kom met die grysheid, maar somtyds kom net die grysheid.
Om oud te word, is verpligtend, om groot te word, is opsioneel.
Eksodus 18:21 (1983 vertaling) Moses se skoonpa Jetro se advies aan hom: “Verder moet jy onder die volk bekwame manne uitsoek, dienaars van die Here, mense wat die waarheid liefhet en nie hulle eie voordeel soek nie. Dan moet jy hulle oor die volk aanstel as leiers oor duisend, oor honderd, oor vyftig en oor tien.” (PWAM drie vereistes vir leiers: 1. Dienaars van God 2) Moet waarheid liefhê 3) Moet nie eie voordeel soek. Eksodus 18:21 (1933 vertaling) “Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat.”_________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
1115 Advies van voorganger aan sy opvolger: (Presidente, voorsitters, ens Hy gee aan hom 3 koeverte. Elke keer as jy by ‘n krisis kom dan kyk jy na een van die koeverte. By eerste krisis maak hy die eerste koevert oop. Dit lees: “Blame it on your predecessor” Dit werk en hy oorleef die eerste krisis. By tweede krisis maak hy die tweede koevert oop: Dit lees: “Reorganise”. Hy doen dit en oorleef die tweede krisis. By derde krisis maak hy die derde koevert oop: Dit lees: “Prepare three envelopes”._____________________________________________________________________________________________________________
Jes 9 vs 13-15 (1983) 13 Daarom sal die Here vir Israel heeltemal vernietig op een enkele dag; Hy sal kop en stert, palmtak en biesie, afsny. 14 Die leiers en die koning se gunstelinge is die kop, die profete wat leuens verkondig, is die stert. 15 Die wat die volk moes lei, het hulle mislei, en die wat gelei moes word, is verwar.____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
1548 Chaim Weizman se frustrasie met ‘n klomp Joodse intellektuele wat sy kongres oor toekomstige Israel bywoon met slim praatjies: “…it was an army with many aspiring generals and few soldiers – despite its pretensions, it lacked a coherent ideology” Dit was ‘n leer met baie aspirerende en ambisieuse generaals en min gewone soldate – nieteenstaande ‘n vertoon na buite kort hulle ‘n samehangende en enigsins logiese ideologie._______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
Politiek is nie die kuns van die moontlike nie. Dit bestaan eintlik uit die keuse tussen die rampspoedige en die moeilik verteerbare._______________________________________________
01576 Small people talk about other people Average people talk about things Great people talk about ideas of Great people talk about ideas Average people talk about things Small people talk about other people Klein mensies praat oor ander mense Gemiddelde mense praat oor dinge/sake/goedere Groot mense praat oor idees___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
Wysheid begin wanneer jy weet dat jy nie weet nie. Onwysheid is om nie te weet dat jy nie weet nie. Omgekeerde van wysheid. (Mbeki breek verhouding met Van Zyl Slabbert af toe hy sy advies vra en Van Zyl se^ kry ‘n klomp deskunidges om jou by te staan. Mbeki glo Van Zyl dink hy is onbekwaam – weer die swart ras ding! PM)
Hy wat dink hy lei sonder volgelinge, lei nie, hy stap net entjie!
‘n Leier moet inspireer en motiveer pleks van intimideer en manipuleer.
Internally, no party leader is without both critics and sharks.
The first group, who gripe about strategies and principles, are often sincere and can be reasoned with.
The sharks are those of thwarted (teëhou of belemmer) or future ambition who have an unerring nose for weakness and blood in the water. And if the leader does not deliver success, they will go in for the attack, if not the kill.
Opskrif: Zille “verstaan nie” Maimane se besluit om haar te skors.
“Maimane sê in sy verklaring sy besluit berus daarop dat hy en Zille verskillende sienings het van dit wat die DA in 2019 moet bereik.” (Rapport 4 Jun 2017 p.1)]
(Uit Mmusi se verklaring dat DA haar geskors het hangende haar tugverhoor oor haar omstrede “kolonialisme”-twiet. Met sy verduideliking voordat die tugverhoor nog plaasgevind het, lyk dit of hy ander motiewe het om van haar ontslae te raak. PWAM)
Dit was ‘n fout om Zille te hou na sy uitgetree het as leier, Mmusi Maimane. Sy moes van alle besluitnemingsstrukture verwyder gewees het.
$$$$$$$$$$$$
Daarmee het hy die ANC Rubicon oorgesteek en sal hy uiteindelik in die tronk eindig.