Mandelajaar en ANC Nasiebou-resep
Dr Pieter Mulder, voormalige parlementslid
Mei 2018
Nelson Mandela sou vanjaar 100 jaar oud gewees het. In die lig hiervan het die ANC 2018 as die jaar van Nelson Mandela verklaar met die klem op eenheid, vernuwing en werkskepping.
Is daar samewerking en eenheid in Suid-Afrika? Eenheid nie net binne die ANC nie maar ook tussen die mense en gemeenskappe van Suid-Afrika?
Suid-Afrika is volgens my nou meer verdeeld as enige tyd sedert 1994. Die nasiebou-resep van die ANC het duidelik nie geslaag nie.
Nasiebou en samewerking kan nie met wette of dreigemente op mense afgeforseer word nie. Mense neem vrywillig daaraan deel of onttrek as hulle bedreig of onwelkom voel.
Hoe het ons in hierdie situasie gekom waar steeds meer mense vervreemd en ontnugter voel?
Hoe vergelyk Mandela se Suid-Afrika van 1994 met Zuma se Suid-Afrika van 2018?
Afrika-kolonies het na hulle onafhanklikheid in die 1960’s en 1970’s skielik gesit met baie verskillende volke, stamme en tale binne die koloniale grense wat hulle geërf het.
Hoe voeg jy hierdie groepe saam tot een nasie, was die vraag?
Die enigste gemeenskaplike faktor tussen die verskillende groepe was hulle stryd teen die Britte, Franse of Portugese wat vir dekades oor hulle geregeer het. Die maklikste manier om eenheid te verkry, was om die verskillende groepe op te sweep teen die koloniale base. Dit het die koloniale base nie geraak nie want hulle was nou veilig terug in Europa. Met die Britte of Franse of Portugese as sondebok, het hierdie nasiebou-resep verskillende groepe tydelik verenig.
Nelson Mandela
Nelson Mandela het besef dat hierdie resep nie in Suid-Afrika kan werk nie. Die wittes en veral die Afrikaners is nie weg nie en gaan na 1994 steeds hier wees. Hy skryf:
“Deur die geskiedenis was daar nog altyd ‘n diepe besorgdheid oor die kwessie van minderheidsregte wat dikwels gelei het tot skielike en gewelddadige onmin. Vandag het ons byna drie miljoen Afrikaners wat na bevryding nie langer onderdrukkers gaan wees nie, maar ‘n magtige minderheid gewone burgers wie se samewerking en goedgesindheid nodig gaan wees vir die heropbou van die land.” (Rapport, 27/5/01 p.16)
Met hierdie uitgangspunt reik Mandela na 1994 uit na Afrikaners. Die Springbokrugbytrui wat hy dra by die Wêreldbeker asook die besoek aan mev. Verwoerd is voorbeelde hiervan.
Nou wat het dan verander?
Het Afrikaners hierdie hand van vriendskap weggeklap — of is die ANC skuldig?
Die ANC is skuldig deurdat Mandela se opvolgers geleidelik van sy benadering af wegbeweeg het en die anti-koloniale resep van ander Afrikastate begin na-aap het.
Thabo Mbeki
Thabo Mbeki het met sy uitsprake die eerste treë gegee om Mandela se versoeningsatmosfeer te verander. Mbeki het Suid-Afrika beskryf as ’n land wat in twee nasies verdeel is. Ryk wittes en arm swartes. Dit was ’n totale oorvereenvoudiging van die werklikheid. Anders as Mandela wat eenheid beklemtoon het, het sulke uitsprake mense verdeel.
Mbeki verwys na die wittes en Afrikaners as “settlers” en “colonials of a special kind”. Daardeur is wittes en Afrikaners as buitestanders geklassifiseer. Buitestanders wat hier in Afrika net geduld word.
Ek is ’n Afrikaner en ’n Suid-Afrikaner wat deel is van die kontinent Afrika. My voorvaders het in 1680 na Suid-Afrika gekom. My familie is langer in Suid-Afrika as enige Australiër en as die meeste Amerikaners. Ek is nie ’n buitestander nie.
Mbeki se “settlers”-benadering is opgevolg met verskeie regstellende- en swart bemagtigingswette. Wetgewing waarin rasseklassifikasie soos in die tydperk voor 1994 deur die ANC teruggebring is.
Die ANC se kritiek voor 1994 teen die begrippe ”Blank” en “Nie-Blank” was dat dit almal wat nie wit was nie uitgeskuif het na die randgebied van die samelewing. Tog doen Mbeki presies dieselfde.
Skielik moet Suid-Afrikaners op aansoekvorms en amptelike dokumente hulle ras aandui – of jy “African”, “White”, “Coloured” of “Asian” is. Hierdeur word wittes, bruines en Indiërs almal geklassifiseer as “nie-Afrikane” en uitgeskuif. Hulle is nou “settlers of a special kind” met minder aansprake as die “Afrikane”.
Met hierdie tipe indeling word appels met pere vergelyk – kontinente met kleure. Of jy gebruik die kontinente Afrika, Europa en Asië vir ’n indeling — waar ek as Afrikaner “Afrikaan” op die vorm invul aangesien ek geen ander kontinent as tuiste het nie.
Of jy gebruik kleur: swart, wit, bruin waar jy my dan forseer om “wit” in te vul.
Dit is ’n ou politieke tegniek om ’n sondebok te kry wat vir die probleme blameer kan word wanneer ’n regering misluk. So het Hitler die Jode en Mugabe die wit boere gebruik.
Soos Mbeki en die ANC foute gemaak en begin misluk het, is die wittes en die Afrikaners al meer as die sondebok blameer.
Jacob Zuma
In die Zuma era is hierdie verdelende resep verder gevoer. Hoe meer Zuma misluk het, hoe meer het hy die Wittes en die Afrikaners daarvoor blameer. Waar Mbeki dit nog akademies sagter probeer verpak het met sy begrippe van “colonials of a special kind” was Zuma meer blatant.
Volgens hom is alle grond gesteel deur die wittes. Weereens ’n totale oorvereenvoudiging van ’n baie ingewikkelder verlede as dit. Hiermee skuif hy alle wittes en Afrikaners verder uit en verklaar hulle eintlik as ’n geregverdigde teiken.
In Januarie 2015 argumenteer hy verder dat Afrika geen konflik of probleme gehad het nie totdat Jan van Riebeeck hier aangekom het. Dat sy stelling histories en feitelik verkeerd is, pla hom en sy volgelinge min. Van Riebeeck is hier ’n simbool en metafoor vir alle wittes en Afrikaners.
Julius Malema
As ANC jeugleier word Julius Malema op die politieke dieet van “Afrikane” teenoor “Nie-Afrikane” groot gemaak. Hoewel hy teen Zuma draai, huiwer hy nie om nog meer kru die Mbeki en Zuma-temas voort te dra nie.
In November 2016 sê Malema die volgende oor wittes: “We are not calling for the slaughter of white people‚ at least for now.” Hy verduidelik ook dat wittes net besoekers is en dat besoekers hulle moet gedra.
In dieselfde trant is die onlangse EFF debat in die parlement oor die onteiening van grond sonder vergoeding gehou. Dit was een van die mees rassistiese debatte wat ek nog na moes luister in die parlement.
Cyril Ramaphosa
Die groot vraag is of Ramaphosa hierdie geleidelike wegbeweeg van die Mandela resep deur sy voorgangers kan omkeer?
Die meerderheid wittes kan nie die land verlaat nie en sal oor 50 jaar nog hier wees. As die patroon soos hierbo aangedui van Mbeki na Zuma en tot by Malema voortgesit word, stuur ons onafwendbaar op ’n konflik af.
As die patroon verander word, is die potensiaal groot om gesamentlik van Suid-Afrika ’n beter plek te maak met ook ’n plek in die son vir my as Afrikaner in Afrika.
In sy eerste toesprake het Ramaphosa telkens ’n gedeelte in Afrikaans gepraat. Dit was nie nodig nie en kan as ’n uitreik gesien word. Dit het laas in die Mandela tyd gebeur. Is dit die gryp na ’n strooihalm as na die uitsprake van ander huidige ANC leiers soos byvoorbeeld Panyaza Lesufi geluister word?
Gaan die Lesufi’s toegelaat word om voort te gaan met hulle vendetta teen Afrikaans? Na die 1976 Soweto onluste skryf Mandela:
“Selfs al praat net Afrikaners die taal, sou dit steeds onwys wees om daarmee weg te doen. Dit is die inherente reg van elke groep mense om sy taal sonder beperking te gebruik.
“Die afskaffing van Afrikaans sal nie net uit pas wees met die progressiewe ontwikkelings in die verligte wêreld nie, maar sal ook ‘n uitnodiging wees vir eindelose onvrede.” (Boek Reflections in Prison deur Maharaj)
Ramaphosa en die ANC het 2018 as die jaar van Nelson Mandela verklaar met die klem op eenheid, vernuwing en werkskepping. Hy kan my nie verkwalik dat ek skepties is of die ANC dit kan bereik en of hulle hulle retoriek sal kan verander nie. Wat ek wel weet is dat dit in die beste belang van Ramaphosa en almal in Suid-Afrika is dat dit wel gebeur. (1309 woorde)
8888
Waarskynlik sal gewag moet word tot na die verkiesing voor die politieke retoriek weer minder radikaal word.
Tans word Afrikaner energie grootliks na binne gebruik om eie instellings te stig en te beplan vir oorlewing.
Akademici en pol kommentators speel saam deur begrippe soos Afrikane en grond steel te eruik onbevraagteken. Onbewustelik gee hulle geloofwaardigheid aan hierdie benadering.
R afr gebruik in toesprake. Uitreik hoewel ’n striihalm. meerderheid witttes kannie sa verlaat nie en sal oor 50 jaar nog hier wees. Gaan hierdie voortgaan of omdraaien hulle goedgesindheid benut word.
Hierdie benadering het egter met Mbeki se twee nasies en settelaars van special kind ooreengestem. . Hoewel akademies deur Mbeki verpak het Suid-Afrika hiermee in presies dieselfde rigting as die ander Afrikastate begin beweeg deur wittes en Afrikaners as sondebokke, vyande en buitestaanders te etiketteer.
Hoewel akademies deur Mbeki het dit akademies verpak het Suid-Afrika hiermee in presies dieselfde rigting as die ander Afrikastate begin beweeg deur wittes en Afrikaners as sondebokke en buitestaandrs vyande te etiketeer.
Los die politieke korrektheid wat maak of etnisiteit skielik nie meer in SA bestaan of enige rolo speel nie.
1411 Een van die merkwaardigste intellektuele verskynsels van die na-oorlogse wereld is hoe sowel liberale as Marxistiese geleerdes die duursaamheid en krag van etnisiteit onderskat het. Liberale het verwag dat etnisiteit soos mis voor die oggendson sou verdwyn namate etniese verbintenisse deur modernisering opgelos word. Marxiste was altyd geneig om etnisiteit te beskou as iets wat geassosieer word met agterlike, reaksionere groepe. Ook hulle het gereken dit sou verdwyn namate die solidariteit van die werkers oftewel die proletariaat oor alle etniese bande spoel. As mens terugkyk oor die afgelope vyftig jaar, sien jy hoe verkeerd hulle was. Sestig tot sewentig persent van die mense wat in konflik binne state gesneuwel het, was as gevolg van etniese botsings.__________________________________________________________________________________________________________ WELSH DAVID PROF KAAPSTAD UNIV Rapport 25/2/1996
01567 Alle tekens is dat die patroon wat ‘n skrywer soos Horowitz elders gevind het, hom ook hier gaan herhaal – etniese verskille word in ‘n situasie van politieke mededinging geaksentueer, nie verminder nie.___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ OLIVIER PJJ REGTER Grondwetlike modelle SA Regskommissie Projek 77 Okt 1991 p82
Diversiteit en multikulturaliteit kan slegs werk in ‘n atmosfeer van akkommodasie — nie in ‘n atmosfeer van assimilasie nie. Die verskil tussen akkommodasie en assimilasie, soos ek dit in hierdie konteks sien, is dat akkommodasie toelaat vir privaatheid — vir ‘n geborge ruimte waar diversiteit nie aan my opgedwing word
Buthelezi:”Our ethnicity was not invented by apartheid, only used by it. I did not create Zuluness. Zuluness created me and will last long after I am gone. “Makhanya (Mondli Makhanya attacked him and Zulu culture) is a Zulu in denial with an intentionally removed Zulu identity. Like reformed smokers towards smokers, he is vicious toward anyone identifying himself as a Zulu… “Like me, Zuma has never had difficulties in recognising himself as entirely Zulu, entirely South African and entirely a citizen of the world. These are different levels of expression, not contradictions… “South Africa is my country and I wish my ethnicity to be recognised in it. For this reason I will continue to promote the recognition of our Zulu kingdom within a united South Africa. South Africa must be a nation of nations not a melting pot.”_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Artikel in Sunday Times, 16/4/2006 p18.
2274 1. Die uitlatings van gewone mense die laaste tyd in Kenia na die verkiesing op 27 Des 2007 het die vrees vir ‘n rou en bloedige etniese konflik verder aangeblaas. “Kikoejoes (wat Kibaki steun) steel al jare lank die land se rykdom en het die verkiesing gekaap om net meer te kan ‘eet’, se^ die anti-Kikoejoe-faksie. Luo’s is ‘uitlanders’ van die noorde, ‘te donker’ om ware Keniane te wees.” Uit Beeld 24/1/2008 p17 ” Hoewel nie alle Kikoejoes Kibaki steun nie, kom byna al Kibaki se stemme tog uit Kikoejoe-gebied en het hy byna geen stembus-steun gekry in die ODB se hartland in Nyanza-provinsie nie.” 2. In die Ivoorkus het die konflik sedert Oktober 2000 ook ‘n sterk etniese element. Die twis het ontstaan omdat die presidentskandidaat mnr. Allasane Ouattara daarvan beskuldig is dat hy nie ‘n ‘ware Ivoriaan’ is nie weens sy familiebande in Burkina Faso. Spanning tussen boorlinge van die suide van die Ivoorkus en die noordelike Djoula-stamme, wat vir “mossies” uitgekryt is, is op die spits gedryf met die 2000-verkiesing, waarin honderde mense in etniese konflik dood is. 3. Die twis tussen Hutu’s en Tutsi’s …het in sowel Rwanda as Burundi al verskeie kere tot bloedige etniese konflik gelei, lank voor 1994. Die 1994-slagting was te midde van ‘n burgeroorlog met twee gewapende groepe: die Hutu-weermag en die Tutsi-rebelle van pres Paul Kagame in Uganda. Die stelselmatige en beplande uitmoor van Tutsi’s is maande lank deur radiostasies aangeblaas, en mense is opsetlik met kapmesse bewapen om die slagting uit te voer.________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
Ons kan lief wees vir wie en wat ons is, sonder om te haat wie en wat ons nie is nie._________________________________________________________________________________________________ ANNAN KOFI VN SEKR-GENL
In Afrika was die slagspreek na onafhanklikheid “For the Nation to live, the tribe must die.” Alles is in die styrd ghewerp om etnisiteit en stamverskille in Afrika te vernietig ten einde nasiebou moontlik te maak. In ’n gesprek met my het ’n Mosambiekse leier gese dat na 50 jaar van bevryding, “everything died, exept the tribe.”
As etnisiteit oorbeklemtoon word kan dit lei tot slagtings soos in Rwanda tussen die …. of soos die burgeroorlog in Nigerie en Biafra. As etnisiteit geignoree word, lei dit tot net soveel probleme waar groepe vervreemd en onderdruk voel. In die boek It is our time toe at It is our turn toe at deur Michela Wrong Jomo Kenyatta, and the Kikuyu grew rich. After Kenyatta’s death, anti-Kikuyu tribes joined forces and Daniel arap Moi became president. He was a Kalenjin. Kalenjin politicians bought Mercedes The flawed logic of those in the Kibaki administration was that under Moi and his Kalenjin tribesmen, they did not have an opportunity to “eat”. Now it was their time to eat as their own Kikuyu tribal luminary had taken back power after 24 years in the wilderness — typical African politics.
Nasie is ’n politieke begrip wat alle persone binne die landsgrense beskryf. Volk is ’n kultuurbegrip om mense wat ’n gemeenskaplike taal en kultuur deel, te beskryf. In Afrikaans is vir baie jare van die Verenigde Volke Organisasie (VVO) gepraat. Dit was egter verkeerd. Vandag praat ons van die Verenigde nasies (VN) wat meer korrek is.
Volke word nie by die VN verteenwoordig nie maar wel nasies. Daaruit spruit die debat oor wie die self in selfbeskikking is. In die 1960’s is die self as nasies omskryf. Vandaar dat selfbeskikking gelyk gestel is aan die bevryding van die kolonies, ongeag van hoeveel bvolke binne die grense van so ’n kolonie woon. Vandag word selfbeskikking beskryf in terme van volk of kultuur-gemeenskap. Die VVO bestaannie uit volke nieDie organisasie bestaan
Ethiopie grondwet is eksperiment wat Afrika se etnisiteit probeer bestuur met ’n federasiewaar groepe segenskap kry oor dit wat hulle raak. Vra om mys elf te wees.
Nou is ons by die Afrika nasiebouresep waar die wittes vir alles blameer word. Daar is egter een verskil, die wittes is nog hier in Suid-Afrika en nie terug na europa nie.
you are a visitor. Visitors must behave. Nov 2016
African Coloured White and Asian
mean, narrow Africanist, calling white South Africans “settlers” and Afrikaners “colonials of a special kind”.
colonialism of a special type, Afrikaners “colonials of a special kind”.
South Africa is a country divided into two nations – the “relatively prosperous” whites, and the black and “poor” people living under grossly Mei 1998
In die tydperk na 1960 is die reg op selfbeskikking jaarliks deur VN besluite herbevestig. Die VN se interpretasie van selfbeskikking was die bevryding van die Europese kolonies in Afrika en Asie.
Die einde van die Koue Oorlog, die val van die Berlynse muur, die fragmentering van die Sowjet Unie en die totstandkoming van verskeie nuwe state in Europa, het selfbeskikking en die stryd van gemeenskappe om selfstandigheid, weer op die voorgrond gedruk. Waar selfbeskikking tot op daardie tydstip gekoppel was aan ’n territoriale gebied of aan ’n nasionale staat en nie soseer aan gemeenskappe binne die gebied of staat nie, het dit nou verander. Gemeenskappe, minderheidsvolke, etniese groepe wêreldwyd stry tans vir selfbeskikking en nie meer nasionale state nie. Die klem in die dekolonisasie-tydperk wat op gebiede geval het, het na die val van die Berlynse muur na gemeenskappe verskuif.
Waar kom die stryd van gemeenskappe binne nasionale state om groter selfstandigheid vandaan? Dit is ’n regstreekse gevolg van die huidige globalisering wat weer gelei het tot groter etniese bewustheid wat oral na vore kom. Die Koue Oorlog se konflik tussen die magsblokke het ook verskuif na intra-konflikte binne state tussen hierdie gemeenskappe soos statistiek oor konflikte die afgelope tyd bewys.
Die “self” in selfbeskikking is dus nie meer die nasionale staat nie, maar is volke, gemeenskappe, en groepe wat na selfstandigheid en beheer oor hulleself strewe binne nasionale state.
C. Wie is die “Nasie” in Verenigde Nasies?
Die Nasionale Staat was die hoofrolspeler op die internasionale verhoog in die vorige eeu. Baie word tans geskryf oor hoe uitgediend die nasionale staat in die moderne globale wêreld is.
Die Verenigde Nasies en die Internasionale reg is egter steeds gebou met as hoof uitgangspunt en enigste regsubjek, die nasionale staat. Die “Nasie” in die Verenigde Nasies is steeds die Nasionale Staat en nie gemeenskappe nie. Op hierdie wyse het die VN die model van die nasionale staat op die gekoloniseerde wêreld afgeforseer as die enigste model vir selfbeskikking.
Suid-Afrika Die jaar 2018 word deur die ANC
As die reenboogdrome van 1994
en suksesvolle nasiebou Nasiebou
In
Die vraag word vandag nog gevra: “Wie is die ‘self’ in selfbeskikking?”
tale
At independence in 1963, Kenya’s average per capita income equaled that of Malaysia; about 40 years later, Malaysia’s was 10 times as high.
kolonies geinterpreteer is.
Na ww2 het beginsel van selfb sterk na vore gekom as argument vir dekolonisasie van Afrika en Asie kolonies.
After 1960 the right of colonial peoples to
self-determination and independence was reaffirmed almost annually by the
General Assembly of the United Nations.
Read more: http://www.americanforeignrelations.com/O-W/Self-Determination-Decolonization-and-self-determination.html#ixzz5Fa9juc1O
The African National Congress (ANC) has declared 2018 as “100 Years of Nelson Mandela: The year of renewal, unity and jobs”.
Politieke strategie om staatkundige doelwit te bereik
Dr. Pieter Mulder, Leier VF Plus. Federale Raad 10 April 2010
1. Selfbeskikking: Wat beteken dit internasionaal?
A. Historiese ontwikkeling.
Die reg op selfbeskikking, soos na verwys in artikel 235, kom vandag voor in baie internasionale konvensies, -besluite en -verklarings. Dit mag die indruk skep dat hierdie reg internasionaal gevestig is. Die teendeel is waar. Selfbeskikking bly een van die mees kontroversiële begrippe in die internasionale reg en in internasionale verhoudinge. Op sy beste is die verskillende internasionale interpretasies van die begrip verwarrend en dubbelsinnig. Dit verklaar waarom daar soveel geweld en konflik in die strewe na selfbeskikking oor dekades plaasgevind het. Die interpretasies van die begrip het ook deurlopend verander.
B. Wie is die “self” in selfbeskikking?
Die einde van die Koue Oorlog, die val van die Berlynse muur, die fragmentering van die Sowjet Unie en die totstandkoming van verskeie nuwe state in Europa, het selfbeskikking en die stryd van gemeenskappe om selfstandigheid, weer op die voorgrond gedruk. Waar selfbeskikking tot op daardie tydstip gekoppel was aan ’n territoriale gebied of aan ’n nasionale staat en nie soseer aan gemeenskappe binne die gebied of staat nie, het dit nou verander. Gemeenskappe, minderheidsvolke, etniese groepe wêreldwyd stry tans vir selfbeskikking en nie meer nasionale state nie. Die klem in die dekolonisasie-tydperk wat op gebiede geval het, het na die val van die Berlynse muur na gemeenskappe verskuif.
Waar kom die stryd van gemeenskappe binne nasionale state om groter selfstandigheid vandaan? Dit is ’n regstreekse gevolg van die huidige globalisering wat weer gelei het tot groter etniese bewustheid wat oral na vore kom. Die Koue Oorlog se konflik tussen die magsblokke het ook verskuif na intra-konflikte binne state tussen hierdie gemeenskappe soos statistiek oor konflikte die afgelope tyd bewys.
Die “self” in selfbeskikking is dus nie meer die nasionale staat nie, maar is volke, gemeenskappe, en groepe wat na selfstandigheid en beheer oor hulleself strewe binne nasionale state.
C. Wie is die “Nasie” in Verenigde Nasies?
Die Nasionale Staat was die hoofrolspeler op die internasionale verhoog in die vorige eeu. Baie word tans geskryf oor hoe uitgediend die nasionale staat in die moderne globale wêreld is.
Die Verenigde Nasies en die Internasionale reg is egter steeds gebou met as hoof uitgangspunt en enigste regsubjek, die nasionale staat. Die “Nasie” in die Verenigde Nasies is steeds die Nasionale Staat en nie gemeenskappe nie. Op hierdie wyse het die VN die model van die nasionale staat op die gekoloniseerde wêreld afgeforseer as die enigste model vir selfbeskikking.
Met die verdere internasionale uitgangspunt van geen inmenging in die interne aangeleenthede van ’n nasionale staat nie, is alle strewes van gemeenskappe binne nasionale state tot selfbeskikking geïgnoreer en uit die internasionale oog gehou.
Die Veiligheidsraad van die VN behoort die hoofbeskermer van selfbeskikking te wees as middel om konflik te help vermy. Vanweë die VN se uitgangspunt van Nasionale State as boustene van die Internasionale Reg, ignoreer die VN tot groot hoogte die gemeenskappe en huidige voorstanders van die reg op selfbeskikking omdat hulle nie nasionale state verteenwoordig nie. Die uitsondering is Inheemse volke wat die eerstes is wat op hierdie gebied deurbrake begin maak by die VN.
D. Herdefiniëring van selfbeskikking en die nasionale staat.
Die nasionale Staat is tans onder druk van bo en van onder. Van bo word al meer van sy funksies deur supra-strukture soos byvoorbeeld die EU in Europa en SADC in Suidelike Afrika weggeneem. Van onder is daar al meer druk van gemeenskappe binne die nasionale staat vir groter selfstandigheid en selfbeskikking.
Die rol van gemeenskappe en van selfbeskikking in die internasionale politiek behoort daarom herdefinieer te word om aan te pas by hierdie veranderinge. Daarmee kan die internasionale gemeenskap en internasionale reg meer in ooreenstemming kom met huidige ontwikkelinge in die nuwe globale wêreld.
Waar selfbeskikking tans internasionaal hoog aangeskryf en erken word, kom daar min hiervan tereg binne nasionale state. Baie min lande se grondwette erken dit of verwys enigsins daarna. Ethiopië en Suid-Afrika is van die min lande wat sulke grondwetlike verwysings het.
2. Selfbeskikking: Wat beteken dit plaaslik (Suid-Afrika)?
Grondwet Artikel 235: “Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning nie van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat ’n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne ’n territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal.”