Het Afrikaans ’n toekoms by SA Universiteite?
Dr. Pieter Mulder, VF Plus
Junie 2014
Wat sal gebeur as die Noordwes Universiteit se Potchefstroom kampus die volgende voorwaarde vir nuwe studente stel?
“Vir toelating moet alle nuwe aansoekers bewyse inhandig dat die student ‘n sekere vlak van vaardigheid in Afrikaans bereik het.”
So ’n voorwaarde sal ’n politieke storm van die ANC en waarskynlik ook in die Afrikaanse media veroorsaak. Dit sal as “weerstand teen transformasie” beskryf word. ’n Baie ernstige sonde — net duskant apartheid.
Tog is die bewoording geneem van die taalvoorwaarde wat die Universiteit van Kaapstad tans stel — natuurlik net met Engels as taal. (Kyk www.uct.ac.za/apply/criteria/language/)
Geen storm of bohaai hieroor nie.
Waarom hierdie dubbele standaarde?
Omdat dit nie werklik oor transformasie gaan nie. Dit gaan oor ’n ANC-nasiebou-model wat nie voorsiening vir veeltaligheid maak nie. As Afrikaanssprekendes weet ons van die talle top Afrikaanse instellings wat reeds deur hierdie transformasiemodel vernietig is en geen dienste meer lewer nie.
Waarom ploeter ons voort op hierdie pad? Waarom mag Noordwes Universiteit nie so ’n voorwaarde stel nie?
“Omdat almal toegang tot die Universiteit moet hê en ’n Afrikaanse taalvereiste dit sal verhoed,” sal die politiek korrekte antwoord wees.
Maar wat dan van die Bruin Afrikaanse matriekleerling wat nie toegang tot die Universiteit van Kaapstad kan kry nie omdat hy/sy nie aan hulle Engels taalvaardigheidsvoorwaarde voldoen nie? Waarom geld toeganklikheid nie ook hier nie?
’n Oplossing vir die toeganklikheidsprobleem was Wits en die ou Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) wat vier km vanaf mekaar is. Hier sou jy jou taal en universiteit kon kies. Na “transformasie” is Afrikaans by RAU, wat nou UJ is, tot niet en het ons twee Engelse universiteite langs mekaar!
Dieselfde kan van Stellenbosch gesê word. Sestig persent van die bevolking in die Weskaap is Afrikaanssprekend. Bevolkingsgewys behoort twee van die drie universiteite in die Weskaap dan Afrikaans te wees. Tans is die Universiteit van Kaapstad en Wes-Kaap Engels. Waarom dan voortdurende druk dat Stellenbosch, die derde universiteit, ook meer Engels moet word?
Nêrens in die wêreld kon ’n minderheidstaal teen ’n meerderheidstaal soos Engels bly staan sonder beskerming nie. In Kanada is die provinsie Quebec geskep om Frans teen Engels te beskerm. In tweetalige België is die Universiteit van Leuven in 1968 in twee gedeel. Hulle het twee onafhanklike kampusse naby mekaar geskep vir die Vlaamse en Franse taal en kultuur. Is dit nou apartheid of dalk net moderne minderheidsregte en moedertaalonderrig op universiteitsvlak?
Afrikaans het die trotse prestasie dat dit in ’n baie kort tyd tot ’n volwaardige akademiese en owerheidstaal ontwikkel het as die jongste taal van die Germaanse taalfamilie. Van die 22 Germaanse tale het 10 reeds verdwyn. Tale kan en gaan dus tot niet.
Hoekom het hierdie tale tot niet gegaan?
As ‘n taal nie meer in die hof, in die parlement, in die skool, in die universiteite en in die ekonomie gepraat word nie, verloor dit status en is daar min aansporing vir ouers om hul kinders daarin groot te maak. Binne drie geslagte kan so ’n taal tot niet wees.
’n Taal begin dus tot niet gaan as hy sy amptelike of hoë taalfunksies verloor.
Die taalsosioloë onderskei breedweg vyf verskillende vlakke van taalgebruik:
1. ‘n Taal moet by die huis gepraat word waar ouers dit aan hulle kinders as die volgende geslag oordra;
2) ‘n Taal moet ‘n literêre funksie hê deurdat dit in koerante, tydskrifte, boeke en in die media gebruik word;
3) ‘n Taal moet wetenskaplike en
akademiese funksies hê en moet op skool, kollege en universiteit as onderrigmedium
gebruik kan word;
4) ’n Taal moet ekonomiese nut hê deurdat dit jou byvoorbeeld help om sake te
doen of werk te kry;
5) ‘n Taal moet ‘n owerheidstaal wees wat deur die regering erken en gebruik word.
Wat (1) en (2) betref gaan dit nog goed met Afrikaans terwyl (3) ernstig bedreig word en (4) en (5) sedert 1994 baie agteruit gegaan het.
Is daar oplossings? Ja. Ons moet oor minderheidsregte begin debatteer en sekere persepsies oor Afrikaans help afbreek.
Minderheidsregte is nuwe denke en die moderne uitbreiding van menseregte. Byvoorbeeld: Art 30 van die Grondwet van Indië gee taal- en godsdiensminderhede die reg om eie onderwysinstellings in te stel sonder dat die staat finansies daarvan mag weerhou.
Dus – As Suid-Afrika 25 universiteite met 36 kampusse het, is dit meer as billik om een of twee vir Afrikaans te hou.
Enkele persepsies wat afgebreek moet word:
1. “Witmanstaal”.
Die meerderheid Afrikaanssprekendes is nie wit nie en hulle word deur Afrikaans bemagtig.
2. Die Afrikaanse debat is anti-Engels.
Die huidige debat is pro-veeltaligheid en pro Afrikaans en nie anti-Engels nie. Engels is ’n universele taal wat ons toegang tot die wêreld gee. Ek het reeds voorgestel dat Engels daarom ’n verpligte vak op skool en op Universiteit behoort te wees.
3. Afrikaans is nie ’n inheemse taal nie.
Afrikaans se wortels is Westers maar met sterk invloede van Asië (Maleisië) en Afrika. Dit is die derde grootste taal na isiZulu en isiXhosa in Suid-Afrika. Behalwe dat Afrikaans na die Afrika kontinent vernoem is, word dit nêrens anders in die wêreld gepraat nie. Hoe kan dit dan nie ’n inheemse taal wees nie?
4. Afrikaans moet as onderdrukkerstaal gestraf word.
Engels was die taal waarin die wreedste slawehandel en koloniale uitbuiting in Afrika plaasgevind het. Die Nazi-geskiedenis was in Duits gepleeg. Tog word Engels en Duits as tale nie vir hierdie verlede gestraf nie.
5. Afrikaans sluit uit en gee aanstoot.
Afrikaans durf nie die turksvy in die Suid-Afrikaanse taalboord wees nie. Die manier waarop die “taalstryd” gevoer word, sal dit bepaal. Dit is in die belang van al Suid-Afrika se tale dat Afrikaans die stryd voortsit.
Die bekende Afrikaanse skrywer Chris Barnard het gesê: “As Engels die oorhand (in Suid-Afrika) kry, is dit meer as net Afrikaans wat in die slag gaan bly. Tien inheemse tale gaan verdwyn. Die enigste uitheemse taal (Engels) gaan bly en al elf dele van die koek kry, miskien ‘n hoflike windjie breek en verder stap Afrika in.”
(992 woorde)
Waarom dan Afrikaans? Die feit dat die meerderheid Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika nie wit is nie, behoort hierdie persepsie nog verder te weerlê. Bemagtiging vir die meeste van hierdie Afrikaanssprekendes moet juis deur Afrikaans plaasvind.
Is die grondwet nie veronderstel om alle tale in Suid-Afrika gelyke erkenning te gee nie?
Tegnies ja. Maar Engels het die afgelope twintig jaar geleidelik die amptelike owerheidsvoertaal in Suid-Afrika geword. Afrikaans verloor deurlopend owerheidsfunksies en die ander nege “amptelike” tale moet met enkele flou simboliese gebare vanaf die regering tevrede wees.
4. Persepsies.
Bogenoemde gevegte wat op politieke vlak geveg word, is deel van die oplossing. ’n Ander belangrike deel is dat die talle verkeerde persepsies oor Afrikaans en oor veeltaligheid in Suid-Afrika afgebreek moet word. Die VF Plus is aktief, saam met ander buite parlementere organisasies, hiermee besig. ’n Paar voorbeelde:
4.1 Moedertaalonderrig
Alle navorsing bevestig hoe belangrik moedertaalonderrig vir kinders is. Hierdie is nie ’n politieke argument nie maar ’n eenvoudige onderwysbeginsel. Na lang gesprekke stem sommige ANC ministers uiteindelik nou ook hiermee saam. Hulle skuil egter agter die feit dat die meeste ouers van Afrikataal-kinders Engels as onderrigtaal vir hulle kinders verkies. Verdere oorredingswerk moet nog hier gedoen word.
4.2 Afrikatale kan nooit tot op Universiteitsvlak ontwikkel nie.
In die begin van die vorige eeu was dit die hoofargument teen Afrikaans en ten gunste van Engels en Nederlands as onderwys- en universiteitstaal. Binne ’n paar dekades is Afrikaans ontwikkel tot op die vlak waar ek trots my doktorsgraad in Afrikaans kon kry. Daar is meer as 450 vakwoordeboeke en terminologielyste asook ’n gerekaniseerde taaldatabank en speltoetsers in Afrikaans. Sewe universiteite en talle ander tersiêre instellings het op ’n tydstip Afrikaans as onderrigtaal gebruik. As die wil daar is, kan enige taal tot op hierdie vlak ontwikkel word – ook isiZulu en Sesotho. Hebreeus was vir 2000 jaar ’n dooie historiese taal. Omdat die wil daar was, is Hebreeus in die twintigste eeu tot ’n moderne taal vernuwe waarin vandag rekenaars en waarskynlik atoombomme gebou word!
Daar is egter ’n groot verskil tussen Engels as enigste amptelike taal van die regering, skole en universiteite teenoor die aanleer van Engels as ’n tweede of derde taal. Afrikaanssprekende studente werk suksesvol in die buiteland in Engels juis omdat hulle moedertaalfondament stewig in Afrikaans gelê is.
4.6 Solank die Afrikaanse letterkunde en Kunstefeeste daar is, is niks meer nodig nie.
Oksitaans is ‘n taal wat baie gewild was en deur meer as 14 miljoen mense in die Suide van Frankryk gepraat is. Frédéric Mistral, wat in Oksitaans geskryf het, het in 1904 nog die Nobelprys vir Letterkunde gewen. Nadat die Franse regering besluit het om Frans en nie Oksitaans nie die enigste amptelike taal te maak, het Oksitaans vinnig agteruit gegaan. Vandag is daar slegs ’n klein groepie (minder as 700 000) ouer mense wat nog die taal praat. Skots Gaelies en Wallies het dieselfde ervaar nadat hulle amptelike erkenning verloor het. Die taalsosioloë se vlakke een en twee is nie genoeg nie, drie, vier en vyf is ook nodig vir oorlewing.
5. Slot.
Tans kry Afrikaans min hulp van die ander Suid-Afrikaanse taalsprekers in ons geveg om langtermyn oorlewing. Tog is dit in die belang van al Suid-Afrika se tale dat Afrikaans die stryd voortsit. Die bekende Afrikaanse skrywer Chris Barnard het gesê: “As Engels die oorhand (in Suid-Afrika) kry, is dit meer as net Afrikaans wat in die slag gaan bly. Tien inheemse tale gaan verdwyn. Die enigste uitheemse taal (Engels) gaan bly en al elf dele van die koek kry, miskien ‘n hoflike windjie breek en verder stap Afrika in.”
. Minderheidsgroepe in Indie het die grondwetlike reg op kulturele
onderwys. Art 30 van die Grondwet van Indie lees:
30.Right of minorities to establish and administer educational
institutions.
(1) All minorities, whether based on religion or language, shall have
the right to establish and administer educational institutions of
their choice.
20 (1a) In making any law providing for the compulsory acquisition of
any property of any educational institution established and
administered by a minority, referred to in clause (1), the State
shall ensure that the amount fixed by or determined under such law
for the acquisition of such property is such as would not restrict or
abrogate the right guaranteed under that clause.
(2) The State shall not, in granting aid to educational institutions,
discriminate against any educational institution on the ground that
it is under the management of a minority, whether based on religion
or language.
Afrikaners weet teen dié tyd mos al wat die uiteinde van die raspolitieke transformasiemodel van soveel voormalige topinstellings was. Hoeveel dorpe, staatshospitale, openbare skole, universiteite, kolleges, staatsdepartemente of polisie-eenhede was nie al slagoffers van hierdie transformasiemodel nie? Hoeveel mense van alle rasse se lewenskanse is nie al geknou deur hierdie “omverwerpingsmodel” wat soveel dienste al ten gronde laat gaan het nie? Ons weet mos lankal dat dit nie oor “taal, toegang of transformasie” gaan nie, maar oor ras, mag en politieke beheer. Heksejag Laat my dit prontuit sê: My vermoede is dat die Wessels-verslag ’n heksejag op Afrikaans, Afrikaners en die karakter van die Potchefstroom-kampus gaan wees, natuurlik verwoord in onbesproke, politiek korrekte terme
Uit ervaring weet ons dat hierdie transformasiemodel Afrikaanse instellings vernietig en hulle dienste tot niet laat gaan. ‘n Lys van die talle kwaliteit Afrikaanse instellings wat so tot niet is bevestig dit.
as slagoffers van hierdie transformasiemodel.
Heksejag op Afrikaans
Beeld 6 Junie 2014-06-25
Wessels se
polariserende artikel oor Afrikaners behoort tot ’n vorige era waarin hyself ’n
leidende rol gespeel het in die onverkwiklike broedertwis wat voor 1994 tussen
die ou NP en die KP en hul onderskeie stutorganisasies gewoed het.
Daardie era en sy partye en leiers is verby, en vandag heers daar ’n baie
groter politieke volwassenheid en demokratiese verdraagsaamheid jeens verskille
onder Afrikaners.
Mense wie se ouers skerp van mekaar verskil het, werk deesdae hartlik saam
omdat hulle besef dat dít waaroor ons saamstem meer is as dít waaroor ons
verskil. Dit is buitendien ondemokraties om te verwag dat Afrikaners of enige
ander gemeenskap 100% met mekaar moet saamstem. Dis net in Noord-Korea waar
volle eenheid heers – waar dit wat nie verbode is nie verpligtend is. Gesonde
verskille is demokraties; dis nie verdeeldheid nie. Dis eerder ’n geval van
“volksveelheid as volkseenheid”.
Wessels se skerp bewoorde artikel bevat geldige punte oor die buffelagtige wyse
waarop Afrikaners soms van mekaar verskil, maar sy eie aandeel daarin moet ook
verreken word. Daarom is sy artikel eintlik selfverklarend: Mense reageer nou
maar eenmaal nydig op venynige aanvalle en -optredes; as jy vyande maak, sal jy
vyande kry. Dis nie uniek aan Afrikaners nie, dis ’n algemene menslike
eienskap. Potch-kampus Die jongste olifant in die kamer is natuurlik Wessels se
ondersoek op die Potchefstroom-kampus van die NWU – die laaste oorblywende grootliks
Afrikaanse kampus. Hoewel die verslag nog nie bekend gemaak is nie, kan ’n mens
tussen die reëls deur genoeg lees uit Wessels se eie stellings oor die laaste
paar dae om af te lei dat dit die einde van die huidige Potch-kampus sal wees
as die verslag net so aanvaar sou word.
Indien dit wel die geval sou wees, moet Wessels nie kla oor die verdeeldheid en
woede wat hy daarmee sal ontketen nie. Dit sal ’n growwe skending van
Afrikaanssprekendes se grondwetlike menseregte, taalregte, grondliggende belange
en toegang tot gehalte-universiteitsopleiding wees. Dan sal dit niks met
“buffelagtige Afrikaner-verdeeldheid” te doen hê nie, maar sal dit die geldige
verontwaardiging van ’n gemeenskap se verontregting deur die buffelagtige
geboelie van ’n politiek-gedrewe inkwisisie wees.
Die politieke wittebrood van die Mandela-jare is mos lankal verby. Afrikaners
weet teen dié tyd mos al wat die uiteinde van die raspolitieke
transformasiemodel van soveel voormalige topinstellings was. Hoeveel dorpe,
staatshospitale, openbare skole, universiteite, kolleges, staatsdepartemente of
polisie-eenhede was nie al slagoffers van hierdie transformasiemodel nie?
Hoeveel mense van alle rasse se lewenskanse is nie al geknou deur hierdie
“omverwerpingsmodel” wat soveel dienste al ten gronde laat gaan het nie? Ons
weet mos lankal dat dit nie oor “taal, toegang of transformasie” gaan nie, maar
oor ras, mag en politieke beheer. Heksejag Laat my dit prontuit sê: My vermoede
is dat die Wessels-verslag ’n heksejag op Afrikaans, Afrikaners en die karakter
van die Potchefstroom-kampus gaan wees, natuurlik verwoord in onbesproke,
politiek korrekte terme. Dit lei ek af uit sy stellings, maar ook uit die
samestelling van die kommissie en die politieke momentum wat die
“Nazi-basuingeklank” geskep het wat die ondersoek voorafgegaan het.
Daar is een punt waarmee ek met Wessels saamstem en dit is dat Afrikaans se
grootste vyand uit sy eie geledere kom. Dit is duidelik uit sy selektiewe
aanhalings van onverstandige Afrikaners se optrede in die verlede sonder om ’n
enkele voorbeeld van ’n fout van die imperiale Britte of die ANC te noem. Dit
lyk of hy die slegste uit die verlede wil neem om die Afrikaner se toekoms mee
af te breek. Dis presies die teenoorgestelde van die visie wat oudpres. Paul Kruger
gehad het waarmee die land weer ná die verwoestende oorlog opgebou is.
Waarskynlik probeer Wessels met hierdie taktiek sy eie afbrekende optrede te
regverdig. Regmaak teenoor afbreek Dis op hierdie punt waar ek die skerpste met
Wessels verskil. Dis beter om voort te bou op dit wat goed is en om dit wat
verkeerd is, reg te maak eerder as om dit wat reeds goed werk af te breek. Die
bekende swart Amerikaanse ekonoom Thomas Sowell sê in hierdie verband dat “baie
van die laaste dekades se geskiedenis van die Westerse wêreld was die
vervanging van wat werk met dit wat goed geklink het”. Skuldgevoel Die vraag is
waarom Wessels so venynig teenoor Afrikaners is. Kan dit wees dat hy sy eie
skuldgevoelens op die Afrikaner wil projekteer en só onbewus die nuwe geslag
wil laat boet vir sy eie sondes van die verlede?
Dit is dalk nie so vergesog as wat dit klink nie. Die Franse sosioloog Jacques
Ellul het ’n studie gemaak van wat met die politieke verloorders ná ’n groot
omwenteling gebeur. Hy sê dat hul bekende wêreld oornag verdwyn en dat hulle ná
die skielike magsverskuiwing bykans soos vreemdelinge in die “nuwe” land voel.
Die nuwe bedeling beveg alle moontlike mededingers om homself te vestig. Dit
geld in besonder vir die vorige bedeling, wat gedemoniseer word om die nuwe
bedeling se geldigheid en die nuwe heersers se optrede te regverdig. Die
“verloorders” verstaan nie meer hul eie verlede nie; worstel met die hede; en
sien nie hoop vir die toekoms nie. Hulle verwyt hul vorige
leiers en twyfel aan hulself en hul historiese waardes en ideale. Sommige sluit
selfs by die eertydse vyand aan om sin te probeer vind. So ’n gemeenskap
verbrokkel omdat daar min is wat hulle nog saambind. Talle ontwikkel ’n
skuldkompleks as gevolg van die nuwe bedeling se propaganda-gehamer op die
verlede, en hulle kan gevolglik nie ophou bieg en bely en regstel nie. Bedeling
Miskien voel Wessels ook skaam-skuldig oor sy aandeel in die grondwetlike
onderhandelinge van die 1990’s, wat nie daarin kon slaag om soos prof. Adrian
Guelke, hoogleraar in internasionale betrekkinge aan die Universiteit van die
Witwatersrand, dit stel: “waterdigte waarborge vir die beskerming van die
Afrikaanse taal en kultuurregte te verkry nie”.
Ondanks hierdie leemtes kon die Noordwes-Universiteit onder leiding van dr.
Theuns Eloff ’n wen-wen-balans tussen die taalregte van Afrikaanssprekendes en
die toegang van nie-Afrikaanssprekendes vind. Hierdie model sluit nou aan by
die beste praktyke van wenlande wat met dieselfde uitdagings as Suid-Afrika
worstel. Suid-Afrika het 25 universiteite met 36 kampusse. Om een of twee
Afrikaans te hou, is meer as billik.
Diegene wat my ken, weet dat dit nie my styl of gewoonte is om mense persoonlik
aan te val nie. Maar in die lig van die jongste gebeure is die versoeking groot
om die woorde van minister Leo Amery teenoor Neville Chamberlain aan te haal
nadat laasgenoemde se naïewe onderhandelinge met Hitler op die verwoesting van
Europa uitgeloop het: “U het te lank hier gesit en niks goeds uitgerig nie.
Gaan weg, sê ek, ons is klaar met u. In Hemelsnaam, gaan.”
) Buys is uitvoerende hoof van Solidariteit.
Deur Flip Buys
Hoe het dit gebeur? Dit het gebeur omdat die ANC nog nooit ernstig oor veeltaligheid was nie. Die taalartikels is in die 1996 grondwet afgewater en nie met taalwetgewing opgevolg wat veeltaligheid sou afdwing nie.
Skryf nie net oor Afrikaans se probleme nie maar ook oor wat die VF Plus se oplossings is, het Maroela Media aan my gevra.
3. Oplossings:
Ons moet leer uit die ervaring van ander. Die belangrikste les van ander suksesvolle taalbewegings in die wêreld is dat jy nie kan slaag as die stryd nie aan alle fronte gevoer word nie. Dit behels die politieke, die ekonomiese en kulturele “fronte” sodat Afrikaans op al vyf vlakke wat hierbo genoem is, bevorder en beveilig moet word.
Die VF plus as politieke party in die parlement kan ’n belangrike politieke en kulturele rol op veral die laaste paar vlakke speel. Reeds by die grondwetlike onderhandelinge het ons veeltaligheid voorgestel teenoor die “Engels-alleen-voorstel”.
3.1 Veeltaligheid prakties toegepas.
Dit is moeilik om in die praktyk al elf tale op nasionale en provinsiale vlak amptelike owerheidstale te maak. Ons voorstel was dat vier tale op nasionale vlak en vier in elke provinsie afgedwing word deur wetgewing. So sou alle tale tot hulle reg kom. Met Afrikaans, Engels, ’n Nguni taal en ’n Sotho taal op nasionale vlak, bereik jy 98% van alle Suid-Afrikaners. Dit is so omdat Nguni taalsprekers (bv. isiZulu, isiXhosa) en so ook die Sotho taalsprekers (bv. Setswana, Sesotho) mekaar verstaan. Tale soos Venda en Xitsonga is dan wel uitgesluit. Omdat hulle sprekers grootliks in sekere provinsies gekonsentreerd is, bereik jy hulle deur die provinsies se vier keuses van tale.
Die ANC se huidige voorstel van drie amptelike tale op provinsiale vlak, beweeg in die regte rigting. Ons het die voorstel egter in die parlementêre portefeuljekomitee gekeer met prosedure- en grondwetdreigemente omdat die ANC die kwalifikasie bygevoeg het dat twee van hierdie tale inheems en nie voorheen benadeel mag wees nie. Daarmee knikker hulle effektief Afrikaans permanent uit. Die VF plus propageer steeds ons vier tale voorstel.
3.2 Taalraad
Tydens die 1994-grondwetonderhandelinge het die VF Plus sterk geargumenteer vir taal, kultuur en selfbeskikking. Dit het uitgeloop op artikels 6, 30, 31, 185 en 235 in die grondwet. Artikel 185 skep taalrade wat spesifiek na die belange van elke taal moet omsien. Die VF Plus was dan ook van die begin af regstreeks betrokke by die proses om ’n Afrikaanse Taalraad te skep. Hierdie Taalraad, saam met Cerneels Lourens se suksesvolle aksies, het ’n baie belangrike rol gespeel om van buite druk op die Parlementêre proses rondom die talewet te plaas. Dit maak dit binne die parlement makliker vir die VF Plus om sukses te behaal. Dit bly jammer dat die ander tale nog nie taalrade gestig het nie.
3.3 Parlement:
Toe die parlement na die 1994 verkiesing bymekaar gekom het, was daar geen vertaaldiens vir al elf tale beskikbaar nie. Die VF Plus het deurlopend spesiale debatte hieroor aangevra (Vgl. my toespraak Hansard 12 Maart 1998.). Na baie VF Plus druk en stoei agter die skerms is daar eers onlangs ’n vertaaldiens ingestel. Vandag kan ’n parlementslid in enige van die elf tale praat en word dit dadelik vertaal. ’n Oorwinning vir veeltaligheid. Die VF Plus kan daarmee spog dat ons die enigste politieke party is wat ’n amptelike toekenning van PANSAT gekry het juis vir die bevordering van veeltaligheid in Suid-Afrika.
More must walk the linguistic talk at universities
20 Jun 2014 00:00 Robert J Balfour
Universities that have actively pursued multilingualism have been vindicated.

Three years ago the University of KwaZulu-Natal (UKZN) implemented a language policy centred on the bilingual use of isiZulu and English. The policy required that isiZulu be developed as the university’s language of teaching and learning, and that students begin to use the language in selected modules and programmes.
Reports on the policy, controversial since its inception, were featured in the provincial and national press. It was anticipated that it would fail; that students would find the use of isiZulu in an academic context artificial and problematic. It was also suggested that the policy would result in a brain drain, entailing the flight of top academics, international and local students to other universities.
The arguments about why the policy was both inappropriate at higher education level and doomed to fail are revealing.
Commentators suggested then that the task of developing indigenous languages ought not to be artificially institutionalised in higher education institutions that had limited capacity to develop them. The well-known phenomenon of dwindling student numbers in African languages in South Africa was cited as evidence that the exercise was both wasteful and futile. Language development ought either to occur in the communities in which they were spoken or be undertaken by extra-university institutions such as the Pan South African Language Board.
Simply put: What was the point of developing “local” languages that were never used for higher learning historically and, indeed, lacked the linguistic complexity of international languages such as English (or even Afrikaans)? Arguments put forward about the transition to English at traditionally Afrikaans-medium institutions were also cited as cautions concerning the introduction of “other” African languages.
Affirming relevance
Other universities
embraced the development opportunity as a way of affirming relevance and access
to urban and rural communities (manifestly multilingual already), the schooling
sector and as part of a commitment to transformation that went beyond talk to
walking the talk.
The UKZN, and others such as Rhodes and the University of Cape Town (UCT), which were serious about the development of indigenous languages, lobbied for funding from Dutch and Norwegian donor agencies to pursue pilot projects in the institutions devoted to “corpora development” (that is, the creation of new words to describe scientific or theoretical phenomena in education), communication development (conversational isiXhoza or isiZulu), multilingual academic dictionaries for science and mathematics, textbook and learning material development and, finally, creative writing and other media that would provide a fertile and supportive context for indigenous languages to grow, be valued and become relevant in higher education.
Universities worked together with donor funding, visiting projects at participating campuses to learn from the initiatives. From that collaborative work, the UKZN became one of the first to introduce isiZulu as a language for learning in particular programmes in health sciences and education and, in 2013, was recognised as achieving among the highest number of research outputs.
Rhodes has made isiXhoza compulsory for students in some programmes (for example, journalism), and so too has UCT.
False claims
All three are among the
most successful South African universities. Claims that such policy and
curriculum choices would damage the universities and result in untoward
consequences for students and staff proved false. Some universities have
managed to initiate, lead and persuade stakeholders about the value that the
promoting of an indigenous language adds to an institution.
Elsewhere in South Africa, progress has been patchy at best. Some formerly Afrikaans (now bilingual English and Afrikaans) and English-medium institutions have avoided committing themselves to the development of indigenous languages, other than making conversational classes voluntarily available for staff or students. Or they have simply paid lip service to African languages and have not made their use either relevant or necessary to the university community.
Other institutions – in the Western Cape, for example – have initiated language centres or, in the North West, language directorates but they have stopped short of developing languages for higher education and have not gone beyond the need for functional multilingualism.
The arguments against moving beyond low engagement are revealing. There remains a persistent belief in some universities that using and promoting indigenous languages undermines the university’s drive to internationalise its student body, or that adopting one language in areas where many are used (Johannesburg or Cape Town, for example) will promote narrow and sectarian interests.
Not an African language
In other bilingual
institutions (that use English and Afrikaans, for example), the use of these
languages has meant that African languages hardly feature (“we’re already
bilingual so why another language?”), except that neither English nor Afrikaans
are African languages in anything less than a complicated way.
And, for three reasons, herein lies the rub: first, the 2002 Languages in Higher Education Policy report and the ministerial committee report titled The Development of Indigenous African Languages as Mediums of Instruction in Higher Education the following year affirm the need for all universities to promote a particular indigenous language on the grounds that this promotes a diverse, integrated multicultural and nonracial society.
Second, universities that do make an African language useful for learning and teaching (and research) widen the possibilities for students in terms of access. Arguing, as some vice-chancellors have done in the past, that local students can go elsewhere to access a regional language (be it in KwaZulu-Natal, Eastern Cape or North West) denies the stark reality of the near unaffordability of higher education for anyone other than the enabled rich and affirms popular beliefs about institutions of higher learning being elitist, exclusionary and indifferent to the communities they supposedly serve.
Third, English and Afrikaans are not on the list of indigenous languages in need of formal support of development – not because of any calculated spite on the part of policymakers but because these are already empowered languages, enjoying popular, cultural, political and economic support.
Serving other interests
There are two pointed
questions that need to be asked in higher education as the minister of higher
education enters his second term: Which university cannot afford to promote an
African language? And, what interests are served by not engaging rigorously
with this national need?
Of course, language attrition is often cited as the most important danger associated with the introduction of English in former Afrikaans-medium institutions. Although it is possible to quantify the number of modules no longer taught in Afrikaans, it is less easy to ascertain what the implications are for the language or the cultural identity associated with Afrikaners as a group.
It would be interesting to survey English-speaking students at UKZN, or Rhodes, and ask them whether they experience a loss in terms of “their” language or culture because the introduction of isiZulu or isi-Xhoza. Or, put differently, would isiZulu speakers have experienced a loss when Afrikaans and English were decreed as languages for education, with catastrophic consequences for people before and after June 16 1976?
IsiZulu has had a long-established and thriving print media, but would Zulu-speaking people have been better off if access to the language had been possible in higher education from the establishment of the first universities in South Africa?
The answer to these three questions is most likely “yes”.
Untested though it is, this leads one to assume, in the context of what is required by legislation and given that Afrikaans is a minority language (in terms of power and number of speakers), that it ought to be supported just as much as Setswana, for example. Is it possible that both languages can thrive in higher education without diminishment of status?
The few examples we have nationally suggest that not only is this possible but it is also desirable for the further transformation of universities in South Africa.
Professor Robert J Balfour is dean of education sciences, North-West University